Ons kry die een dag ‘n advertensie van Insta Empire op Facebook. Altans manlief. En so luister ons na die eerste paar episodes.
Die res is vir eers gesluit.

Ek merk dat dit versoek dat ek PocketFM op my mobiele toestel aflaai. En ontdek ek hoe dit werk. Jy kan gratis na 5 episodes luister, die res is gesluit. Na ‘n spesifieke aantal ure kan jy dan weer na 5 luister. En as jou nuuskierigheid jou oorweldig, kan jy koepons koop om na meer te luister.
En so begin my luisterreis op PocketFM.
Die episodes is so 10-15 minute lank, dus het ek regtig nie tyd om na meer as 5 te luister nie. Ek van net elke dan en wan op tot by die geslote episodes.
Insta Empire was aan die begin ‘n romantiese storie van ‘n baie ryk man wat uit sy familie geskop is die dag voor sy verlowing. Hy trou dan steeds met die ryk meisie, maar sy weet nie dat hy baie ryk was nie. En so bly hy by haar ouers, wat hom nie kan verdra nie terwyl sy werk. Op ‘n dag swaai sy geluk – en begin sy Insta Empire.
Die storie raak egter baie vreemd, hy vertel steeds nie vir sy vrou nie, en kry allerhande magte en kragte. Luister maar self as dit jou belangstelling prikkel. Ek is nou by episode 60 en as ek reg kyk, is daar 1640 episodes!
Daar is ook ander stories, mens kan kies uit ‘n reeks temas, wat fantasie, superkragte, bomenslike, rillers en romantiese stories insluit. Toe ek op romanties klik, kom hierdie een op.

Ek weet nie of ek daarna sal luister nie, maar daar is vele om uit te kies.
Luister jy na PocketFM? Vertel gerus watter stories jy volg, klaar gelees het of nog gaan lees.
Ek hou van die toep, dit onthou wat ek klaar gelees het en ek hoef nie te onthou watter episodes reeds gelees is nie. En beste van alles, dit is gratis luisterstories!
Ek ken glad nie die toep nie. Dankie vir deel.
LikeLiked by 1 person
Ek geniet dit nogal, sommer net lekker luister. Plesier
LikeLike
Ken dit glad nie.
LikeLiked by 1 person
Dit is baie oulike toep wat mens glad nie probeer oortuig om te betaal nie.
LikeLiked by 1 person
Nee, ek ken dit glad nie. Maar ek sien jy het nog BAIE episodes van Insta Empire om te luister … sjoe ‘n hele 1640 episodes!
LikeLiked by 1 person
Vriendin, ek twyfel of ek tot daar gan luister. Goeie genugtig, die man moet sy vrou vertel en haar nie vir aap aanhou nie. Almal weet al, selfs haar beste, beste vriendin, maar nie sy nie. Nee wat, ek dink ek gaan iets anders soek om te luister. of oor jare en jare heen luister …
LikeLiked by 1 person