Gepubliseer in Joernaal,kleinkinders

Blippi se wêreldtoer …

Ek wonder of die meeste van my blogvriende gaan weet wie Blippi is, want, as dit nie vir my en kleinseun se speel was nie, het ek ook nie geweet wie hy is nie …

Blippi is ‘n man wat video’s vir kinders maak. In die video’s speel hy as grootmens op kinderspeelgoed en pas hy natuurlik glad nie daarop nie. Hy het ook ‘n vriendin Meekah en ‘n hele paar ander helpers. Daar is ‘n hele reeks video’s van die man.

Toe ek dus sien dat hy na die SA kom, het ek nie gehuiwer om – moet ek dalk nie hardop sê nie – R1500 te betaal vir drie kaartjies na die show toe nie.

En so het gister aangebreek en het ons na die konsert gaan kyk – kleinseun se mamma was ook opgewonde, kleinseun se pappa en oupa is nie genooi nie – en hulle het dankbaar saam gaan gholf speel terwyl ons drie by Emperor’s Palace na die vertoning gaan kyk het.

Persoonlik was ek dus effens teleurgesteld. Ek het verwag dat Blippi op ‘n manier props sou saambring om die kind-ding te doen. Hulle het egter net gesing en gesing en gesing. Voordeel is dat hulle in ‘n stem praat en sing wat ek kan hanteer, ek sukkel met die kindergoed waarin die karakters met sterk irriterende stemmetjies praat.

Maar, dit was vir kleinsen een baie groot wonderwerk!

Hy het gesien die kinders gaan staan naby die verhoog en toe moet hy ook gaan. Ons het laat gaan, want ons het die fortuin betaal om in die vierde ry van voor te sit. In die middel van die ry, maar ons kon hom maklik dophou daar by die verhoog.

Die armpies is op om saam te klap, die voete is geraak wanneer oom Blippi so vra. Hy het heel voor vir hom gaan opeis, reg by die verhoog! En so ‘;n gaping geskep tussen hom en die res van die kinders. Daar het hy gedans, na die verhoog gekyk, maar ook omgedraai om na die kinders agter hom te kyk.

Toe rook uit die ligte onder op die verhoog en baie naby aan hom blaas, het hy amper uit sy vel geklim van skrik. En toe wil hy elke keer sien waar die rook vandaan kom, net om die lig te kry. Dit was so oulik.

Hy het ‘n speelgoed telefoontjie by hom gehad, en ek en sy ma het ons uit ons kassies geskrik toe ‘n sekuriteitsman hom optel en voor ons ry om weg van die verhoog dra. Hy het dit toegelaat, slap in die man se arms gelê. Geen tantrum, geen geskree … ons gaan hom moet leer om dan dadelik te skree dat ons sien wat aangaan.

Ek het opgevlieg en vir die man geroep en gesê hy moet hom NOU neersit, hy het kleinseun na ons oorgehou, kleinseun het die foon aangegee en hy het hom terug gedra na sy plek voor die verhoog. Dit was uiters ontstellend, maar hy het waarskynlik vir kleinseun vertel dat hy hom na mamma vat? Maar, is dit dan steeds nie ‘n rede waarom ons hom moet leer om te skree as iemadn hom optel en wegdra nie?

Sy ma het so groot geskrik, sy het alles laat val en opgevlieg. En toe moet sy foon en alles soek terwyl ouma soos ‘n kwaai tannie wag dat kleinkind neergesit word.

Ek weet dit sou drama wees as hy toe skielik begin skree het, maar die skrik sit te vas in my dat hy willoos saamgespeel het om deur ‘n vreemde man weggedra te word …

Iedergeval, gemeet aan kleinseun se reaksie en saamspeel en dans, is die Blippi konsert waarde vir geld. Hy was mal daaroor!

***

‘n Grappie

‘n Haarkapster het nou die dag vertel dat ‘n onderwyser se intelligensie gemeet word aan die ouderdom van die kinders vir wie hulle skool wil hou. En my ingelig dat myne dan op die vlak van hoërskoolkinders is. Haar berekeninge is baie verkeerd, ek verkies om vir kleinseun te leer, dus is ek tans op driejarige vlak. Maar, daar is baie plek vir verbetering ….

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

9 gedagtes oor “Blippi se wêreldtoer …

    1. Hi, Anne, nee glad nie. Dit was klein en groen met lekkers in en het soos speelgoed gelyk. Ek het my besimpeld geskrik. Jy weet, as ons nie opgevlieg het nie, waarheen sou hy hom gedra het? SSeun het nie so om verhoog toe gestap nie en sou nie vir hom so om kon wys waar ons sit nie.

      Liked by 1 person

  1. Ek moet erken dat ek nog nooit van Blippie gehoor het nie. Tog lekker dat kleinseun dit so baie geniet het. Bietjie in die duister oor die sekuriteitsman (ai, en ek wil tog altyd so graag die goed in almal raaksien, maar ongelukkig moet mens deesdae so versigtig wees – veral as dit by kinders kom).

    Liked by 1 person

    1. Ai Frannie, vandag se ouers maak my lam. Kleinseun mag nie meer Cocomelon kyk nie, al sê ouma dit is ‘n baie goeie storie. Omdat ouers nie meer daarna wil luister nie. Blippi is baie oulik, leer hulle baie goed doen en sing baie oulike liedjies. Soveel so dat ouma soveel betaal vor die kaartjies om ‘n uur sm met hom te kyk.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar op wetanddustyroads Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.