Gepubliseer in Joernaal

‘n Tafeldoek met t-hemp “wol” gehekel

Ek het die afgelope ruk lus om besig te wees. maar kreatief besig. Dis breiwerk, hekelwerk, naaldwerk. Ek wil ook tat, maar dit moet ek eers leer doen …

En ‘n winkel wat ek ontdek het vandat ek weer self bestuur, is in ‘n groot mate verantwoordelik vir die nuutste projek.

PNA

Ek het ingestap om goed te kry om kleiseun besig te hou. Uitgestap met goed wat ouma ook baie besig hou …

T-hemp wol.

Mens koop dit op ‘n groot tol. en werk van binne na buite dat dit mooi afrol. Ek het rooi en wit gekoop, gedink ek gaan vir my ‘n t-temp hekel. Maar, helaas, dit is onmoontlik. Die “wol” is dik en styf en gaan beslis nie werk nie.

Toe begin ek met ‘n ronde tafeldoek vir my tafel. Dit was een proses. Ek het sonder patroon gehekel, want die patrone is nie geskik nie. Gou-gou is daar te veel steke in een ry, of te min, en dan krul dit om.

Die eindproduk is nogals mooi, wie sou nou kon dink dat jy ‘n tafeldoek met opgesnyde t-hemp materiaal kan hekel?

Ek sal seker net bietjie later meer daarvan hou. Nou onthou ek die lostrekkery tot ek tevrede is met die produk …

Ek sou ook nie noodwendig rooi gekoop het nie. Maar. dit is t-hemp materiaal, dit kan maklik donderder gekleur word.

Dit is groot, so ongeveer 1 500 cm in deursnee.

Ek het eers meer patroontjies ingehekel, maar toe by hierdie kombinasie gaan vasstaan omdat dit net makliker was …

Alhoewel ek nog nie baie lief daarvoor voel nie, is ek tog trots op die eindproduk.

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

6 gedagtes oor “‘n Tafeldoek met t-hemp “wol” gehekel

    1. Dit was nie regtig harde werk nie, &na, mar moeilik hanteerbaar. Amper soos om met lyn te probeer hekel – behalwe dat lyn nie rek nie. Dit moes nog gewas word, ek is nuuskierig om te sien hoe dit was. Maar ook bekommerd, dit is droog baie, baie swaar.

      Liked by 1 person

    1. Dankie, Corna, ek waardeer. Dit is lekker om eie patroon uit te werk soos mens vorder. Want, met elke ry moet ku besluit of jy te veel of te min steke en kettings gaan hê om ‘n plat sirkel te kry. Ek hou nie van resepte of patrone volg nie.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.