Gepubliseer in Joernaal,kleinkinders

Kleinkindpret: Donderweer

Gistermiddag gaan stap ek en kleinkind, niemand mag saam stap nie. Net ons twee.

Dit is baie, baie lekker, want hy gesels land en sand. En ouma leer hom toe gister ons moenie slakke optel nie, want slakke het rotpoef op. En as mens nie jou handjies baie mooi was nie, gaan jy siek word.

Hy brei verder uit, dit gaan ‘n gat in jou maag brand, wat mamma later verduidelik dit is wat sy vir hom sê as hy nie wil eet voor hy medisyne inkry nie. Dan eet hy.

Ons was nie ver weg nie, toe brom die weer. Die kos was amper klaar, dus is ons huis toe gaan makliker. Donderweer is gevaarlik, ons moet in die huis kom.

Ons gesels oor gevaarlike donderweer. En mens moet in die huis kom, En hy sê ons moet hardloop. Die man is vinnig en ek moet gereeld vra dat hy vir ouma wag.

Langs die pad kry ons ‘n vrou wat draf. Hy roep haar en sê sy moet huis toe gaan, donderweer is gevaarlik. Sy lag en sê sal so maak.

Toe loop ons Sjinese mamma met twee kinders en werker raak. Sy verstaan niks toe hy sê sy moet huis toe gaan, die weer is gevaarlik. Die werker sê hy moet Engels praat, en kleinkind herhaal tot my verstomming;

“Lightning! Up in sky!”

Hulle verstaan en wys hulle sal huis toe gaan.

Toe loop ons pappa en seuntjie net ouer as hy raak. Pappa en seuntjie word ook aangesê om in te gaan. Donnelweel is gevaarlik!

Ek wou die kind opeet.

Is dit nie te oulik nie?

Behalwe natuurlik vir ouma wat nie so maklik met vreemdelinge gesels nie. Ek moes maar stop, hallo sê, saamlag en verder stap …

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

6 gedagtes oor “Kleinkindpret: Donderweer

  1. Hoe oulik dat kleinkind almal so waarsku om huis toe te gaan. Ja, ek is ook altyd verbaas om te hoor hoe maklik kinders met enige iemand kan gesels – daar’s geen voorbehoude nie. Vir hulle, op so ‘n jong ouderdom, is almal nog ‘equal’ (gelyk).

    Liked by 2 people

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.