Ek dreig sedert ons van Kazakhstan af gekom het om ‘n boek oor ons wedervaringe te skryf. En nou het ek uiteindelik die stap geneem …
Scrapy en ander het my al probeer oortuig om NaNoWritMo te doen, maar met my navorsing was dit basies onmoontlik om een maand lank aan 50 000 woorde fiksie af te staan. Navorsing moet klaar kom en dan hou ek op.
Vanjaar het ek gelees van ‘n blogger wat vra wie saam gaan skryf. En voor ek weer sien, het ek vir die hoeveelste keer die stap geneem. Om te registreer. Om 50 000 woorde in een maand te skryf.
Die eerste dag het gekom en gegaan, en ek het traag afgeskop. Tot ek geweet het hoe ek te werk wil gaan.
Ek wil die blogs wat ek tydens ons tyd daar geskryf het in een boek vervat. Maar anders georganiseeer en ook uithaal wat ek tussenin gesels het. Om iets tussen ‘n reisjoernaal en ‘n lekkerlees storie te wees.
Vir wie?
Jy gaan nie reg raai nie, maar ek wil dit so saamvat om vir my man as kersgeskenk te laat bind in ‘n boek. As ek dit nie betyds reg kry nie, ten minste vir sy 65ste volgende jaar.
Vir nou mik ek vir 25 Desember 2023, nie vir 25 Februarie 2023 nie.
Die titel?
18 maande in Kazakhstan
Terloops, as jy ook skryf, maak met my maats daar asseblief.
My skrywersnaam is CvS2023, sien – ek wil vanjaar klaarmaak daarmee!
Ek is nog so bietjie nuut daar ..
Of laat jou naam in die kommentaar, dan soek ek jou op.
Sterkte. Ek dink ook elke jaar daaraan, maar November is my besige maand. Ek glo jy gaan dit klaarkry. Genietit!
LikeLiked by 1 person
Dankie Seegogga, ek dink die feit dat ek ‘n doel het, kan die knoop deurhaak.
LikeLike
Veels geluk met die skrywery. Hou jou doel voor jou en skryf net – moet nie oorlees en probeer om alles van die begin af perfek te kry (dit kan later kom) Ek dink dit is ‘n wonderlike idee. Keep us posted 🙂
LikeLiked by 1 person
Dankie, Anne, ek probeer so maak. Verdeel eers net in afdelings en dan sal ek stadig deurlees en verbeter. Dit is nogal opwindende ding om aan te pak. En ek moet dit in boekvorm druk, digitaal is net nie dieselfde nie.
LikeLike
ORMS in Kaapstad kan dit meskien vir jou doen. My dogter maak elke jaar ‘n gedrukte boek van fotos, maar hulle kan seker ook so ‘n boek met fotos druk.
LikeLiked by 2 people
Anne, ek gaan moet uitvind! Dit klink ideaal, omdat ek ook foto’s wil gebruik.
LikeLike
Sterkte Christa, dis ‘n baie goeie idee.☺️
LikeLiked by 1 person
Hmmm, ek voel ook nogal so …
LikeLiked by 1 person
Dis wonderlik, Christa – mooi loop op jou skrywerspad!
LikeLiked by 1 person
Dankie, Frannie, ek dink ek hap groot. Gaan 50 000 woorde maklik maak, maar …. dit gaan baie hersiening kos
LikeLiked by 1 person
Dis ‘n lekkerte! Ek wil saam met Anne stem oor Orms in die Kaap – ons was al ‘n paar keer by hulle winkel in Bellville en hulle het die mooiste boeke wat hulle bymekaar kan sit vir enige behoefte. Sterkte … en geniet die skrywery!
LikeLiked by 1 person