Gepubliseer in Joernaal

Ek dink ek kry nuus …

Verlede jaar hierdie tyd was dit soortgelyk, ons vakansie sou anders uitdraai as wat ons gehoop het.

Toe draai dit uit soos ons gehoop het, maar die gevolge was so ontstellend dat ek steeds sukkel om dit te verwerk.

En nou is dit weer so, maar hierdie keer gaan dit nie uitdraai soos ons gehoop het nie. Dit gaan wees soos dit laas jaar sou wees.

Ek wou weet waarom, want ek het ‘n wavrag vol redes. Maar die antwoord klink so vaag. Toe stel ek ultimatums, om ‘n antwoord te kry waarmee ek kan werk. Maar dit word aanvaar. Sonder teenkanting …

En steeds wil my brein dit nie aanvaar nie. Iets haak, iets pla.

En nou dink ek ek weet wat dit is.

‘n Vraag onlangs in die kombuis, en ‘n kort antwoord kom weer in my gedagtes op. Ek het toe nie veel aandag daaraan gegee nie, eintlik gedink dit is ‘n algemene vraag.

Nou sit my brein twee en twee by mekaar.

En ek kry vier!

Ek gaan so plaas, niks verder skryf nie. En later sal ek terugkom om meer te skryf.

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

4 gedagtes oor “Ek dink ek kry nuus …

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.