Dollatjie en my drie kleinseuntjies aan haar kant het vir my ‘n verjaarsdagvideo gemaak …
En ek het so gelag terwyl ek kyk dat ek weer en weer moes kyk om alles waar te neem.
Almal het tutu rompies aan – sy was mos ‘n balerina wat al haar kompetisies gewen het. Verskillende kleure.
En hulle dans op ‘n moderne lekker verjaarliedjie. Allerhande passies. Te vrolik vir woorde. Speel so lekker dat dit my sommer ook aansteek.
Wat ‘n vrolike verjaarsdagwens!
Later stuur dollatjie vir my foto’s en video’s van die drie besig met rugbywedstryde. En ek kan nie help om te lag nie, wie sou kon raai dat hulle in tutu’s vir hulle ouma sal dans?
Ek geniet die kreatiwiteit van my verjaarsdagwense baie. Ek weet mens gaan stoksielalleen eendag hemel toe. Ek het die gevoel hierdie warmhartoomblikke gaan egter saam.
Tot in ewigheid.
Is dit nie lekker as jou hartsmense soveel moeite doen met jou verjaarsdag nie!
LikeLiked by 1 person
Dit is iets wat mens dalk nie genoeg waardeer nie, dus skryf ek hier om altyd te onthou.
LikeLiked by 1 person