Oor twee maande is Nevan, ons Siberiese Husky, reeds 12 jaar deel van die gesin. Ons het daardie tyd so pas van Welkom na Roodepoort getrek, Anja was lankal uit die huis, Marnus is universiteit toe, manlief het ver gewerk, ek het moes (weer) by ‘n nuwe skool begin. En ek het besluit dat ek ‘n beskermer nodig het.
Etiket: husky
Nevan se wunderlust is nog nie verby nie
Nou die dag skryf ek oor my Nevan (Husky) se wunderlust wat verby is, net om vandag daaraan herinner te word dat dit glad nie die geval is nie. Hy het net nog nie weer ‘n kans gekry nie!