Ek dink jy weet teen hierdie tyd hoe lief ek vir my woefkinders is. Dat hulle in Kuruman by my in die kamer geslaap het? Veral omdat ek hulle so gemis het toe ek in Kaz en Kathu gebly het.
Lees voort “‘n Warm huisie vir my woefkinders”Kategorie: Bloguitdagings
Oeps … daar doen ek dit weer …
Ek het die afgelope maand bietjie aan my webwerf gewerk. Aan my skrywes geskaaf. En in die proses het ek meer as een oeps gemaak. Dus kan ek saam met – is dit Britney Spears? – sing: Oeps, daar doen ek dit weer …
Lees voort “Oeps … daar doen ek dit weer …”Kersfees in Julie in Rebusfontein …
Ek weet daar is mense wat kersfees in Julie vier, en dit is miskien presies wat ek hierdie jaar met my kleinkinders moes doen. Want daar is ‘n groot moontlikheid dat ek nie kersfees saam met hulle gaan wees nie. In blogland is daar egter ook mense wat kersfees in Julie vier – naamlik 14 vrouens wat hulself as die Goue Vroue gedoop het omdat elkeen van ons iets gouds aan ons het. En dit is juis hierdie winter kersfees wat tot hierdie bloguitdaging aanleiding gegee het.
Lees voort “Kersfees in Julie in Rebusfontein …”