My gunsteling wegbreek was altyd Kaapstad toe. ‘n Week, naweek, maak nie saak nie, net om daar te wees.
Hier is twee speelse foto’s wat manlief van my in 2015 geneem het …

Lyk sowaar of ek daardie klip probeer in die lug hou.
En manlief wou nie regtig hierdie ene neem nie, daarom glimlag ek so breed …

Dit was op een of ander wynplaas, dus seker in Stellenbosch se rigting?
En hierdie een wys dat dit maar koud was sommige dae, ons moet gereeld eers winkels toe om warm goed te kry.

Maar, die son het ook geskyn, anders sou ek nooit so geloop het soos op die twee ander foto’s nie.
Mooi herinneringe aan goeie tye saam met die man aan my sy sedert ek ‘n tweedejaarstudent was.
Dit is lekker om die jonger Christa te sien 🙂 🙂
LikeLiked by 1 person
Dankie, Anne, dit is amper tien jaar gelede, kan nie glo die tyd vlieg so vinnig verby nie
LikeLiked by 1 person
Mooi fotos van jou, Christa.🤗
LikeLiked by 1 person
Ag dankie, Una, soms is dit lekker om sommer net so te speel.
LikeLiked by 1 person
Pragtige foto’s van jou – tog so lekker om terug te kyk op ‘n prettige tyd, ne?
LikeLiked by 1 person
Ag dankie, altyd lekker om te onthou – soos jy
LikeLiked by 1 person