Blogvriendin Anne deel vandag veldblomme, en ook blomme wat ons koop, maar wat in die veld aanpas.
En ek dink sy het al hierdie een iewers gedeel, maar nie vandag nie.
Hy groei sommer net so in die veld by ons by die rivier. Heeljaar is daar net die blare, en dan ewe skielik is hierdie pragtige pienk blom dar vir ons om te beskou, af te neem en te bewonder.
Ek dink nogal Anne gaan sy naam ken …

Is dit nie wondermooi nie?
Ons het hom as kinders altyd kopseerblom genoem. https://pza.sanbi.org/boophone-disticha. Hul is mooi.
LikeLiked by 1 person
Interessant, seker oor die gif deel. Dit is baie, baie mooi
LikeLike
Ons is altyd gewaarsku deur ons huishulp om nie naby die blomme/ plant tw kom nie.
LikeLiked by 1 person
Dit is so mooi, gelukkig wou ek nie pluk nie.
LikeLike
Meeste van die wilde bolplante is giftig en omdat hul blare en blomme voordat veld behoorlik groen is uitkom vreet diere dit en vrek.
LikeLiked by 1 person
Ek gaan nuwe boer moet waarsku
LikeLike
Meestal groei die bolle in vleie of in stroke sodat mens hul kan afkamp of dan natuurlik uitroei. Weet nie of dit ‘n beskermde plant is nie.
LikeLiked by 1 person
Ek dink die boer sal hulle ken.
LikeLike
Ja, hul weet van sulke goed as hul diere het wat wei.
LikeLiked by 1 person
Ek het hom laat weet, dink nie hy ken dit nie
LikeLike
Hy sal dalk al gehoor het van wilde tulpe wat ook gevaarlik is vir diere vroeg in lente.
LikeLiked by 1 person
Wat ‘n mooi blom! Dit is Ammocharis coranica wat in Engels bekend is as ground lily en in Afrikaans as berglelie, gifbol, of as seeroogblom 🙂
LikeLiked by 1 person
Dis die mooiste mooi! Die helder pienk is besonders – lyk amper onwerklik! Ek lees nou hier in die kommentaar dit kan giftig wees … gaats, wie sou dit nou kon dink 👀.
LikeLiked by 1 person
Jy vertel my! Ek het nogal geskrik.
LikeLiked by 1 person