Gepubliseer in Joernaal,Woefkinders

Shilo is Sondag 10 jaar oud … en my hart huil

Dit is asof goed na my asangetrek kom as ek sê ek sal nie iets doen nie, so asof ek getoets word. En die ergste van alles is dat ek dit in die meeste gevalle dan in elk geval gaan moet doen:

Soos met Shilo. Ek was by die veearts met sy seer beentjie toe vrou daar inkom met effens grys Foxteriërtjie. Op en wakker brakkie, glimlaag oopbek vir almal.

Om te hoor dat hy daar uitgesit gaan word, terwyl ek wag om Shilo te kry nadat X-strale onder narkose gedoen is.

Ek het in trane uitgebars, en almal wou troos. Maar, ek kon net sê dat ek dit moeilik vind, ek gaan Shilo nie laat uitsit nie. En hierdie hondjie is nie eens siek nie. Smile die ene liefde, geen idee wat op hom wag nie.

Die rede? Sewentien jaar, dit is tyd …

Vir my het ulle gesê dit gaan nie nodig wees nie.

En waar staan ek ‘n maand later?

Shilo is nog op en lewendig, my poppie is vandag net 10 jaartjies oud. Maar, die kanker takel sy lyfie af. Tans help die medikasie om die pyn te beheer, maar die keuse gaan gemaak moet word wanneer hy pyn voel wat nie beheer kan word nie.

Ek het die week met sy veearts gepraat. Gesê mense dink ek is selfsugtig omdat ek hom nie wil laat uitsit nie.

Hy ly volgens hulle.

Maar, hulle is nie hier nie.

Hulle sien nie hoe hy regop sit as hy dink ek gaan uit die huis of kamer of vertrek uit nie.

Hulle sien nie hoe hy eet en drink en self uitsukkel om te pieps nie.

Hulle sien nie hoe hy vir my kyk nie.

Ook nie hoe hy my troos as ek by hom sit ne huil nie.

Haar mening?

Jy is nie selfsugtig nie, sy hartjie is nog sterk. Sy agterlyfie sukkel. Dit sou selfsugtig wees as jy hom nie wou uitdra om te gaan piepie nie. Hom nie gedra het na waar jy hom wil hé nie.

En daarmee rus my siel.

Volgens haar sal hy vir my sê as dit tyd is.

En as hy my nog oral volg, is dit nie tyd nie.

My hart kan rus …

Hy kan nog by my bly sonder dat ek skuldig hoef te voel.

Hy wil by my wees.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

10 gedagtes oor “Shilo is Sondag 10 jaar oud … en my hart huil

  1. Liewe Christa
    Jy sal weet as dit tyd is….
    Koop die dae uit saam met Shilo en geniet die tyd wat julle nog saam kan wees. Hy sal jou sê wanneer hy nie meer kan nie.
    Ek hou julle vas in my hart.
    ❤️❤️

    Liked by 1 person

  2. Dis baie waar … solank hy jou nog volg, eet en drink … is daar geen rede om hom te laat uitsit nie. Party mense sal dalk se jy probeer tyd koop vir die onvermydelike, maar ek sal se jy koester kosbare tye en maak pragtige herinneringe 🐾💌.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.