Kleinkind is ‘n versamelaar. En as hy een begin, is daar reëls wat nie gebreek mag word nie. Hy pas sy versameling soos goud op.
Ek dink ek het al van die plakkers vertel, maar laat ek net weer vertel. Ek het vir hom boeke met 14 bladsye (A3) vol prente gekoop. Dit het ook A4 grootte bladsye vol kleurvolle plakkers. Die plakkers moet op die bladsye geplak word en dan kan die res van die prent ingekleur word. Kleinseun was 3 en ‘n 1/2 toe ek dit gekoop het.
Hy kon elke Donderdag twee bladsye vol plakkers kies. En dan kon hy dit plak en inkleur.
Hy word een van die dae vier, maar die plakkers is nie geplak nie en die prente nie ingekleur nie. Inteeendeel, die twee bladsye vol plakkers moes sekere gedaanteverwisselings ondergaan. Ek moes help dat al die wit afgetrek is sodat net die prente op die bladsye is. En dan was ons klaar. Dit is netjies opmekaar gepak, saamgevat huis toe en die volgende week saamgebring.
Die prente skoon en mooi en opgepas. Steeds op die bladsye. Soos dit meer geword het, kon die handjies dit nie meer vashou sonder dat dit skuif nie. Toe koop ouma vir hom ‘n plastiese, deursigtige lêer met ‘n ritssluiter om dit makliker vas te hou.
Later het ek nog ‘n boek gekoop, met nog 14 bladsye vol plakkers. Dus het hy 28 bladsye wat dalk nog eendag in die boek geplak gaan word. Vir nou is dit by hulle huis, veilig gebêre, want, ‘n nuwe versameling is gebore. Vissies, waarvan ek later sal vertel.
So koop ek toe van die boeke vir my dollatjie se seuns wat ouer is, graad 1, graad 3 en ‘n inkleurboek vir die man in graad 6.
Graad 3 het dadelik begin, al sy boek se plakkers geplak en die boek toe neergesit. Ek het dit so geniet om die bladsye met plakkers te sien. Uiteindelik.
Graad 1 het sy boek een kyk gegee, gesě hy soek ‘n inkleurboek soos graad 6 en nie aan sy boek geraak nie. In ons kusdorpie is daar nie sulke boeke nie. Hy het eerder ouma se kersboom gaan soek, self opgeslaan en versier. Dit was so oulik!
Graad 6 het sy boek gevat, die sak vol inkleurgoed gaan haal, gevra vir iets om tussen die bladsye te sit want die penne gaan deurslaan, tevrede gewag dat ek foelie die regte grootte sny om te beskerm en doodstil en aandagtig drie van die prente ingekleur. Hy was glad nie gepla omdat sy boek nie plakkers gehad het nie. Al wou ek, was laaste boek uitverkoop toe ek gaan koop het. Dus is ek bly. Sy boek het so gelyk.

My vier kleinkinders se idees van plak en inkleur verskil van kind tot kind, hoe interessant is dit nie?
Ek kan Melissa en Dough aanbeveel. Dit is gehalte produkte. Dit is so lekker om te sien hoe vier seuntjies van inkleur hou, dit vang hulle vas. Ek het vir hulle hierdie koki’s op Takealot gekoop en dit bly by die seehuis.

Die een kant het ‘n dik penpunt en die ander kant ‘n dun ene. En daar is so baie kleure dat die seuns nie vir mekaar moet wag om ‘n kleur te kry nie. Dit kan nogal ongelukkigheid veroorsaak. Ongelukkig word die penne soms droog …
Maar daar is baia, baie inkleurtyd per pen.
My kleinkinders het baie van plakkers gehou en toe inkleurboeke. Nou wil die jongste twee (8 en 10) net baie papier en kokis gebruik om te teken: hulle wil nou hulle eie prentjies maak. Jou kleinseuns wys hoe verskillend ons almal is 🙂
LikeLiked by 1 person
Dit is waar, Anne, maar hulle is ook baie lief vir self teken. Dit is so lekker om van joune te hoor.
LikeLiked by 1 person
Geen twee is dieselfde nie. Kleinkinders hier is ook mal oor plakkers. Inkleur is met stadiums. Met die jare verander die onderwerp van plakkers ook.
LikeLiked by 1 person
Dit is beslis so, die onderwerpe verander soos hulle groter word.
LikeLiked by 1 person
Kinders is baie lief vir plakkers en inkleur. Ek het verlede jaar vir n seuntjie ekstra wiskunde klasse gegee en hom beloon vir sy pogings met plakkers. Hy Kon self kies watter hy wou he en waar hy dit wou plak. Ek het ‘n spul plakkers in my kas.
LikeLiked by 2 people
Dit is so oulik!
LikeLiked by 1 person
Die Amerikanertjie wat my dogter oppas, het ‘n legkaart van Melissa & Doug: houtblokkies wat in ‘n houtraam gebou word. Sy is die jongste van vier kinders en daardie blokkies is duidelik reeds vir die oudste kind gekoop – maar dit bly ‘n (verslete) gunsteling. Jou kleinkinders gaan daardie seekuiers by oupa en ouma vir altyd onthou, sulke wonderlike tye.
LikeLiked by 1 person
Dankie, Frannie, ek gaan soek. Vir hoe oud is dit geskik?
LikeLiked by 1 person
Sy bou dit as driejarige, maar sy het hulp nodig.
LikeLiked by 1 person
OK, dan kan dit werk by my ook. Baie dankie.
LikeLiked by 1 person
Ag, jy’s ‘n lekker ouma! My vriende se dogtertjies het, toe hulle klein was, baie van inkleur gehou en ek het altyd saam met hulle ingekleur (hulle het my genooi om saam in te kleur … mammas mag dit nie gedoen het nie, ek was dus redelik bevoorreg). My broer se dogter het, toe sy klein was, plakker boeke gehad en ek het dit weer graag saam met haar gedoen. En toe hulle nou, na 5 jaar weer kom kuier uit Engeland, het sy vir ons ‘n groot plakker boek saamgebring en ons twee het heerlik geplak – sy al 16 en ek oor 50 … groot pret gewees!
LikeLiked by 1 person
Dit koink heerlrik, het jy foto’s geneem? En wat was die tema?
LikeLiked by 1 person
Dit was groot pret. Die plakkers was meestal oor mooie meisies en hulle kleredrag en bykomstighede (het so reg gepas in die 16-jarige se kraal) en dan ook hoe om huise te versier! Nee, ons het nie foto’s geneem nie – te lekker gespeel.
LikeLiked by 1 person
Ag ek verstaan dit, ek vergeet ook.
LikeLiked by 1 person