Ek kry al soveel keer die advertensies om by een of ander uitdaging van BetterMe aan te sluit. Septembermaand het ek vir jaar aangeteken.
Dit was goeie promosie. Maar, my Apple horlosie het van my vereis om my pols tydens oefeninge tot 110 en meer op te jaag, elke dag van die week, en die oefeninge kon dit nie eens by 70 kry nie. Aangesien ek my horlosie moes afoefen (afwerk) om dit gratis te kry, het ek maar by stap en fietsry en elipsmasjien in gim gehou. En nou is hy myne, ek het net 2 weke uit 24 maande nie die gestelde doel bereik nie, dus het ek so R400 op die horlosie inbetaal. As mens in ag neem dat dit R10 000 werd is, ek het die een met GPS geneem, was dit die sweet werd.
Maar, nou is ek klaar, en nou wil ek juis die BetterMe oefeninge doen.
So begin ek verlede week Maandag met die eerste oefeninge wat die toep voorstel, twee stelle van 24 minute elk. Nadat dit ‘n paar vrae gevra het. Tydens die oefeninge is ek geïrriteerd, dit gaan in der ewigheid nie werk nie, voel of ek nie baie doen nie. Pols is laag, sukkel om dit bo 77 te kry, soms gaan dit darem tot 102. En dit fokus ook op een area op ‘n slag.
Ek wil sommer op een dag alles oefen, van arms tot bene tot maag en boude. Dus voel dit werklik of ek my geld gemors het, hierdie oefeninge gaan nie help nie.
Dit het met arms begin, en die volgende dag is ek mooi teruggebring aarde toe. My arms was so seer dat ek nie skielike bewegings kon maak nie, niks swaars kon optel nie. Ek het selfs ontdek dat daar spiere sit waarvan ek nie geweet het nie.
Ek het die naweek gerus, nie na die oefeninge gekyk nie. Want ek is baie moeg vir ‘n maatskappy wat vir my verplig om te oefen. Maandag het ek besluit om die een stel oefeninge soggens te doen en die ander een saans, maar dit werk nie.
Ons het darem gaan gim, gestap en fiets gery en ‘n biokinetikus gaan sien oor plekke wat aandag nodig het. Soos manlief se vervangde knie en my twee gebreekte werwels, een in rug en een in nek tydens ons ongeluk in Junie 1987. Nou moet ek haar oefeninge ook inpas, twee keer per dag, en sy wil oor twee weke vordering sien!
Kn ek die toep aanbeveel?
Ja, beslis.
Dit is redelike maklike oefeninge, so nou en dan kom ‘n strawwe een in wat oral trek, maar dit is oor die algemeen stadige, rustige bewegings – wat werk!
Oefen jy ook daarmee? Met ‘n ander een? Op jou eie of saam met ‘n afrigter? Gesels gerus saam.
Terloops, ek is nie ‘n oefenmens nie, sport het my nog nooit regtig getrek nie. Behalwe muurbal, waar die balletjie na my toe kom en ek ordentlike boudoefeninge ingekry het tydens een sessie saam met ‘n vriend of vriendin. Dit is egter soveel jaar gelede, my raket is stokoud.
Tog dink ek ek gaan hiermee volhou, ek voel die resultate, net soos na ‘n muurbalsessie. Ek wil darem ook resultate sien …
Mens kan ook jou eie oefeninge kies, daar is ‘n hele lys van verskillende soorte. Die aanwysings is maklik en ek volg dit maklik. Wen-wen situasie hoop ek.
Dur gaan nie vir my werk nie…
LikeLiked by 1 person
Hoekom nie, Seegogga? Nie dat jy oefeninge nodig het nie, maar ek is nou nuuskierig.
LikeLike
Nee wat, ek gaan gym toe vir oefening en ook bietjie geselskap en dit is dit. My tyd van ernstige oefeninge doen om wat ook al te bereik pas nie meer by my liggaam nie.
LikeLiked by 1 person
Ek gim ook, maar ek geniet die oefeninge baie. Wanneer mens begin, vra dit vrae oor jou gewig, ouderdom en gebreke, en dan ontwerp dit oefeninge spesiaal vir jou. My man is my geselskap in die gim, dus maak ek nie vriende daar nie. Dit is vol baie, baie jonger mense wat lyf bou en wys vir ‘n vale. Ek doen nie een van die twee nie. Hierdie privaar]t oefeninge, spesiaal vir my lyf en ouderdom, met video’s wat presies wys hoe om dit te doen, is ‘n tegnologiese wonderwerk vir my.
LikeLike
Ek gaan na spesiale gim vir ouer mense. Dis heerlik om saam in groep oefeninge te doen. Daar word tweekeer per week klasse gegee met spesiale oefeninge. Ek gaan ook tweekeer per week gewoon op my eie deur my program. Gaan vroeg oggend voordat daar te veel mense is. Glo goed die tegnologie tickle jou denke.
LikeLiked by 1 person
Hi Scrapy, daar is soveel ander redes. Ek kan dit dien wanneer ek wil, vroeg of laat, hoef nie spesiale klere aan te trek nie, kan sommer met deurmekaar hare eers oefen en dan stort, het my honde wat toeskouers is en selfs probeer om in die pad te wees, en ek hoef nie in Centurion se verkeer vas te sit om by die gim uit te kom nie. Dan hoef ek ook nie om te gee of iemnd dink dat ek dit nog nie heeltemal reg kry nie. Drie keer per week gim ek saam met manlief en sien ons die kinders en kleinkinders ook by die gim. Maar, dan ry ek fiets en stap ek. Dankbaar dat hulle sulke spesiale gims vir julle het.
LikeLike
Ek weet, die netjies lyk as jy tussen mense oefen maak dit meer moeite. Voor ek NZ toe gekom het het ek heerlik gaan gim. Hier gekom het ek baie gestap of te wel nooit regtig stil gesit nie. Nou na Covid is my leefwyse totaal omver gegooi met ‘n liggaam wat dinge nie meer kan hanteer nie. Net werklike ingesteldheid om te oefen elke dag is nou belangrik vir my om voort te kan gaan.
LikeLiked by 1 person
En dan is saam met iemand in gim goeie keuse, hulle vra waar was jy as jy nie daar is nie.
LikeLike
Die saam met iemand is hoekom ek dit doen. Hul weet ek kom. Hou my dop ook want my balans is maar sleg.
LikeLiked by 1 person
Ek stap eerder vir my oefeninge.
LikeLiked by 2 people
Aletta, ek het ook so gevoel. Tot ek besef het dat dit niks vir my lyf doen nie, net vir my fiksheid. Ek voel binne twee weke dat my seer en stywe spiere ontwikkel word en dit maak my opgewonde oor die program wat spesiaal vir my en my lyf ontwerp is.
LikeLike
Ek het weer begin pilates doen….gewone skool LO, maar wat n verbetering in my lyf! Doe zo voort!!
LikeLiked by 1 person
Dankie, Ria, ek voel dit werk. Nou moet ek volhou.
LikeLiked by 1 person
Ek is baie lief vir tennis speel, terwyl Berto weer van muurbal hou. As ons twee dus saam speel aan of tennis of muurbal, is dit chaos. Ek slaan die bal te sag by muurbal en hy slaan die bal te hard by tennis! Deur die week swem hy graag by ons ‘estate’ se groot olimpiese swembad en ek stap deur die ‘estate’ met ‘n hengse spoed. En naweke ‘stroll’ ons net langs die see.
Welgedaan aan jou wat met soveel ywer oefeninge aanpak – ek’s seker die resultate gaan jou groot plesier gee.
LikeLiked by 1 person
Dankie, ek hoop so. Het verlede jaar skrik gekry, moet beter oefen.
LikeLiked by 1 person