Gepubliseer in Joernaal

Dotsure mediese dekking vir Miniatuur Schnauzers

Ek het voordat ons Kazakhstan toe is by Dotsure aangesluit om my vierbeenkinders te dek. Teen siektes en beserings en doktersbesoeke wat duurder is as wanneer ek die dokter besoek.

Ek het al vertel dat BB se beentjie gebreek is en dat ek na Kuruman dierekliniek is omdat sy nie op haar een voorste beentjie trap nie. Die plasing kan hier gelees word. Wel, toe wag ek dat die veearts die vorms teken om van Dotsure te eis. Twee weke.

Ek wou net weer stuur, toe hy dit uiteindelik Donderdagmiddag laat vir my gestuur. En toe stuur ek dit sommer deur, al is dit lang naweek en reeds na toemaaktyd.

Dinsdagoggend, net na die lang naweek, kom die e-posse in.

Eis verwerk, eis word uitbetaal en hulle betaal basies die hele rekening, iets soos R50 van die R1 200 kom uit my eie sak.

En toe kom die e-pos wat my verras. BB kry haar eie word-gou-gesond-kaartjie.

Ek giggel oor die spelling van haar naam. Biebie. Nie BB nie.

Maar, hoe oulik is dit nie? Om ‘n ou kaartjie te kry om te sê word gou gesond?

En ek vergeet sommer dat ek vies was dat hulle slegs die helfte uitbetaal het toe haar nierstene in 2020 verwyder moes word. Noudat ek daaraan dink, miskien is dit omdat ek die gapingdekking eers in Januarie 2021 bygesit het toe die polisse vir die drietjies opgegradeer is? Dalk sou die uitbetaling toe beter gewees het?

Ek is dankbaar dat hulle by Dosture verseker is. Dit is nie ‘n goedkoop ervaring om woewe veearts toe te vat nie.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

23 gedagtes oor “Dotsure mediese dekking vir Miniatuur Schnauzers

    1. Allesbehalwe, as hulle moet gaan, is dit nooit minder as R1000 nie, wat dadelik betaal moet word. Hierdie dokter gaan baie goedkoper wees, R700 daarvan was vir die x-strale om te kyk wat met haar voetjie fout is.

      Like

      1. Daardie jy moet dit nou betaal is vir my ook ‘n kopseer. Ek moes by my seun geld leen om dit te betaal. Dis ook extrale en dan die oerasie daarna gewees. Die volgende keer het ek min betaal vir xtrale omdat hul hom nie aan slaap gemaak het. Hy is so soet. Ek het hom vasgehou en hy het soet op tafel gelê tot hul klaar was. Wys ook watter invloed n mens op jou hond het om hom te kalmeer.

        Liked by 1 person

          1. Die dr ken al vir Trompie. Toe hul weer xstrale moes neem het sy gesê ons kan regtig dit sommer so doen. Toe die volgende keer was dit ‘n ander dr en sy het weer onder narkose dit gedoen vir ingeval sy sy blaas moes uitspoel wat toe nie gedoen is omdat sy beweer het dis net gruis wat sy kan sien. My sommer omgekrap dat sy al die moeite doen en dan steeds niks doen nie. Dis maar net n jong drtjie gewees wat gedink het sy doen regte ding. My regte dr het later gesê sy het gesien dis Trompie. Hul meng mos nie in met mekaar nie. Dit was ‘n noodgeval wat sy so hanteer het.

            Liked by 1 person

          2. Jong hy het mos aanhoudend bloed in sy urine. Hul kannie agterkom wat aangaan nie. Hul het toe plate geneem en gesien hy het die blaasstene wat moontlik skraap in die blaas. Dis nog steeds op en af met dloed ek gaan nou maar aan. Dr het al gesê ek moet so elke ses maande maar weer laat kyk. Solank hy okay is hou ons maar uit. Ek hou dit maar dop.

            Liked by 1 person

  1. Jou ervaring is beslis anders as my vriendin s’n. Hulle het ook uitgeneem maar geen van die velsiekte of seer beentjie is uitbetaal nie en die veearts onkoste was vêêêêr meer as n huisarts s’n. Hulle voel ingeloop

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.