Gepubliseer in Joernaal

‘n Rok vir Rebusfontein se sirkus

Hierdie inskrywing vorm deel van ‘n uitdaging om ‘n blogreeks van die towerinne van Rebusfontein aan die gang te hou.

Die vorige blogs kan hier gelees word.

Ek het al vertel dat die sirkus een van Rebusfontein se inwoners aangestel het. Omdat sy sulke lang beenhare het.

Nou is ons genooi om die openingsaand by Carnival City te gaan bywoon. En natuurlik moet ons ‘n rok vir die geleentheid hê.

Die ander towerinne het rooi en geel en swart en nog pragtige kleure gekies. Pragtige rokke.

Die een wat ek kies, is lankal op my radar, daar was nog net nie ‘n geleentheid daarvoor nie. Heeltemal te mooi vir die geleenthede waarheen ek gewoonlik genooi word!

Hoop julle hou van die rok.

Ek moeg byvoeg dat grootte nie op Rebusfontein saakmaak nie, dus sal ek in die rokkie kan pas.

Foto: Ek gaan moet soek om krediete vir die foto te gee. Was op Pinterest.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

21 gedagtes oor “‘n Rok vir Rebusfontein se sirkus

  1. Ek dink nie ons het vir jou vertel hoe om jou blogskakel by InLinkz aan te las nie. Klik net op die skakel wat jy hier bo aangehaal het by ” Die vorige blogs kan hier gelees word”, rol af en klik dan op die ADD LINK knoppie. Copy en paste die skakel na jou blogpos (https://christavanstaden.com/2019/08/19/my-rok-vir-rebusfontein-se-sirkus/) in die LINK veld, klik dan in die CAPTION veld – InLinkz sal vir jou ‘n Caption voorstel, maar jy kan dit verander as jy wil. InLinkz sal vir jou ‘n foto voorstel (thumbnail regs bo aan die vormpie) of jy kan op UPLOAD klik en die foto van joui keuse oplaai. Vul jou e-pos-adres in, rol af en merk die blokkie langs “I agree to the InLinkz Terms of Service …”. Klik dan op SAVE.

    Like

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.