Gepubliseer in Joernaal

Foto-storie #9

Na aanleiding van kommentaar op vandag se foto-storie #8 deel ek so bietjie van dollatjie se troufoto’s, veral omdat vriendinne vra hoe my naaldwerk gelyk het.

Ek is mos eintlik eerder die akademiese enetjie. Wat hulle nie weet nie, is dat ek met ‘n naald en gare in die hand grootgeword het. My ma het ons vyf dogters se rokke gemaak en haar eie. My werk was om uit te knip, kleiner te sny, ritssluiters in te ryg, some in te sit. Ek mag nie aan haar masjien geraak het nie.

Manlief het vir my ‘n masjien gekoop toe ons getroud is. Intussen het ek vele ander gehad, ook ‘n Jemomi in Kazakhstan. Ek het vir my dogter en skoondogter elk een gekoop, maar ek dink nie hulle doen naaldwerk nie …

‘n Paar gesins- en familiefoto’s om ‘n idee van die gevolg te kry …

Ek neem aan mense wat in Mosaïekkerk in Weltevredenpark is, sal hulle predikant herken. Ook diegene wat Mosaïek se preke op die TV volg. Die foto met die blommemeisies is natuurlik ook een van my gunstelinge, almal is familie. Die seuntjies en strooijonkers ook. Die strooimeisies is vriendinne. En … ek weet nie of ek my kinders so maklik soos manlief sou afteken in die kerk nie, goed dit is pa se taak.

En dan die gevolg se klere: Ek het al die rokke en al die onderbaadjies en dasse gemaak. Dit is dus dubbele werk, want elkeen daarvan is gevoer … Ek het ook die kralewerk op die rokke en rokkies gedoen. En dan sommer net nog mooi foto’s van die kinders.

Terloops, mense vra of die tweetjies familie is, want my seun lyk baie soos skoonseun en sy twee broers. Hy staan heel regs op die foto, die twee ander manne is skoonseun se broers. Die antwoord is nee, maar dit is so dat mens aangetrokke raak tot mense wat jou aan jou familie herinner.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

19 gedagtes oor “Foto-storie #9

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.