Gepubliseer in Joernaal

Pandemie-advertensie op kykNet onderskat kykers se intelligensie

Ek weet nie of jy die nuwe Suid-Afrikaanse advertensie vir die inspuiting (jab) om die pandemie hok te slaan, gesien het nie. Dit is lagwekkend omdat kykers se intelligensie ernstig onderskat word.

Die doel van die advertensie is om mense te oortuig om die inspuiting te neem.

Die inhoud daarvan is egter so teenstrydig dat dit elke regdenkende mens gaan laat wegskram van die inspuiting.

In die eerste plek praat twee van die “dokters” direk na mekaar uit twee verskillende monde. Die man beweer mens word nie met die virus ingespuit nie, maar met ‘n proteïen. Dan vertel die vrou mens word wel met ‘n dooie virus ingespuit. Die vraag is nou watter een vertel die waarheid? Want eintlik weet niemand wat in die naalde is nie …

Is dit nou ‘n proteïen of ‘n dooie virus? Of ‘n verswakte virus soos wat op die WGO se webblad oor entstowwe beweer word? Of is dit mRNA (Moderna en Pfeizer)? Volgens Pfeizer se webwerf word ‘n stukkie van die genetiese kode van die virus (wat op genetiese manupilasie neerkom) ingespuit …

Tweedens beweer ‘n “dokter” dat die stof in die naalde voldoende getoets is. Wat natuurlik onwaar is. In so mate dat daar nie van ‘n entstof gepraat word nie, maar van ‘n “jab.” Die vloeistowwe is nog in die eksperimentele fase. Entstowwe word oor ‘n tydperk van 5 tot 11 jaar getoets voordat dit aan ieder en elk toegedien kan word. Dit is noodsaaklik om langtermyn newe-effekte te identifiseer. Daarom is die vloeistowwe slegs vir noodgebruik goedgekeur.

Ek luister nou die dag hoe ‘n sogenaamde kenner verduidelik dat die huidige vloeistowwe vinniger vervaardig kon word omdat die geld beskikbaar was weens die noodtoestand. Wel, hoeveel geld ookal beskikbaar is, dit moet steeds die tydtoets deurstaan voordat die veiligheid daarvan bepaal kan word. En 18 maande is nie genoeg nie …

Die eerste persoon is op 16 Maart 2020 met Moderna (die mRNA) ingespuit, wat as die aanvangsdatum van die “eksperiment” beskou word. Al die vervaardigers se vloeistowwe is dus steeds in die eksperimentele fase. Die vloeistowwe is in die meeste lande slegs vir noodgevalle goedgekeur – omdat dit nog nie voldoende getoets is nie.

Ek besef dat die “dokters” in die advertensie akteurs kan wees wat die rolle van dokters vertolk. Dit is heel waarskynlik nie hulle eie woorde nie, dit is mos ‘n advertensie.

Die kopieskrywers was dalk van mening dat dit ‘n slim taktiek was om “dokters” aan die woord te stel.

Suid-Afrikaanse dokters word verbied om pasiënte af te raai om die inspuiting te kry. Daarom sal hulle pasiënte ook nie verwys na een van die webblaaie van die WGO waar daar reeds meer as 2.2 miljoen inskrywings oor die newe-effekte van die vloeistowwe wat tans ingespuit word, gemaak is nie (sien skermskoot).

Loer gerus self na die ellelange lys van newe-effekte (adverse drug reactions) in die volgende skermskoot.

Onder elkeen daarvan is ellelange lyste van komplikasies, waarvan pasiënte onbewus is wanneer hulle in die rye gaan staan om ingespuit te word. As jy meer wil weet, volg gerus hierdie stappe:

  • Gaan na http://vigiaccess.org/
  • Blaai tot onder en aanvaar die terme vir gebruik
  • Tik presies so in: covid-19 vaccine
  • Klik op adverse drug reactions
  • En klik op die dwarspyltjies by elke afdeling om al meer en meer te sien …

Europese en Amerikaanse dokters neem hulle plig op om dit te rapporteer (sien volgende skermskoot).

Daarom is dit sinvol om te redeneer dat die statistiek veel hoër gaan wees indien dokters uit Afrika, Asië en Oseanië die plig opneem om newe-effekte te identifiseer en te rapporteer. Dit is moeilik om te glo dat die meeste newe-effekte (88%) in eerste wêreldlande voorkom. Mens sou verwag dat die newe-effekte in derde wêreldlande in die meerderheid behoort te wees …

Maar ek wil eintlik oor die advertensie – en die behoefte aan kritiese lesers – gesels.

Aangesien ek baie in tegnologie belangstel, kan ek nie help om te giggel nie – al is dit ‘n ernstige saak.

Nou ja toe! het ek gedink. Die advertensie is seker deur kunsmatige intelligensie geskryf. Want iewers in die vorige weke het ek op die nuus gehoor dat daar beweer word dat ‘n robot ontwerp is wat ‘n advertensie ten minste so goed soos ‘n mens kan skryf – wat die beroep oorbodig maak.

Tog twyfel ek ernstig of dit wel deur ‘n robot se KI (kunsmatige intelligensie) geskryf is.

Ek dink eerder dat die vervaardigers traak-my-nie-agtig was. Nie tussen die lyne gelees het nie. Bloot nie seker gemaak het dat die advertensie uit twee monde praat nie.

Soos ek verstaan, het sowat 33% van die bevolking toestemming verleen om wel ingespuit te word.

Hierdie advertensie gaan beslis nie in sy doel slaag om die res – afhangende van die vlak van hulle kritiese denkvaardighede – te oortuig om in die ry te gaan staan nie.

Inteendeel …

Dalk is dit nie so ‘n slegte idee om op kritiese lesers staat te maak om advertensies te kritiseer voordat dit die wêreld ingestuur word nie? ‘n Kritiese leser wat sy of haar sout werd is, sou hierdie haakplekke raakgesien het …

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

15 gedagtes oor “Pandemie-advertensie op kykNet onderskat kykers se intelligensie

  1. Ja jong, dis n gedoente. Ek gaan beslis nie jou skrywe aan my seun gee nie want hy stem gladnie saam met die toetsery van entstof wat so kort was nie. Veral die pfeiser een wat imuunstelsel reguleer. Dit vernietig jou eie stelsel om aan te pas om covid te beveg. Wat van die ander eie stelsels in jou liggaam wat vernietig kan word?

    Liked by 2 people

    1. Praat jy so na my hart, Scrapy. Al wat ek weet is dat besighede groot geld uit onkunde maak. Soos ek verstaan, is bykans die hele Israel net met Pfeiser ingespuit. Twee keer. En die sterfesyfer klim in die land met die meeste inspuitings teen die virus.

      Liked by 1 person

        1. In verskeie lande is die gebruik van daardie inspuiting gestaak, onder andere Denemarke. Aangesien julle area nie die newe-effekte op die WGO bladsy rapporteer nie en Europa wel, laat dit mens wonder. Veral as ‘n land besluit het om net die mRNA een te gebruik.

          Like

      1. Jong my kind het mos n imuunsiekte. Hy is bang dit gaan sy sisteem beinvloed en die ander diekte weer aktiveer omdat dit 50% moontlik is dat dit weer kan begin. Omdat daar nog nie regtig behoorlik getoets is nie bly dit maar n moeilike besluit. Ek verstaan sy kommer.

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.