Gepubliseer in Joernaal,Skoolwerk

Bekendstelling van Begaafdekind.com

Om een of ander duistere rede weier Facebook dat ek die skakel na begaafdekind.com met julel deel. Daarom skryf ek nou ‘n artikel op my persoonlike webwerf om dit so met julle te deel. Dit is een van die redes waarom ek sedert Januarie so min op Facebook is – die tegnologie is besig om op grond van sommetjies te besluit wat mens mag sien – en wat nie. Ewenwel, dan deel ek die inligting nou so met ouers en onderwysers.

Die doel van begaafdekind.com is om ‘n plek te bied waar ouers en onderwysers saam oor die behoeftes van die begaafde kind kan gesels.

https://begaafdekind.com

Want – die begaafde kind kry nie tans die aandag wat hy of sy in die klaskamer nodig het nie, hoofsaaklik omdat die staat ‘n beleid van Inklussiewe Onderwys voorstaan. En onderwysers gevolglik nie in die begeleiding van die begaafde kind opgelei word nie.

Tydens my onderwyseropleiding studies (1979-1982) is daar nie aan die begaafde kind aandag gegee nie, daarom het dit my gefrustreer as ek glimpse van begaafdheid by seuns gesien het, wat hulle dan net agter ‘n skans versteek om in te wees. ek het tydens my navorsing oor die begaafde kind gevind dat seuns in graad 7-9 selfs doelbewus onderpresteer omdat hulle tog nie as “akademiese wrakke” beskou wil word nie.

Toe ek in 1991 vir ‘n honeurs (B.ED) inskryf, kon ek begaafdekindonderwys aan Unisa bestudeer. Ek het dan ook my meestersgraad in begaafdekindonderwys gedoen, met ‘n spesifieke fokus op die selfbeeld van die begaafde seun wat in die senior fase onderpresteer (1993). My fokus het vir my PhD (2010-2012) na tegnologie in die onderwys en die deurlopende professionele ontwikkeling van onderwysers geskuif, maar ek is steeds passievol, oor die ontwikkeling van die begaafde kind. Daarom was ek nie bewus daarvan dat daar die afgelope dekade so min navorsing oor die begaafde kind gedoen is nie – hoofsaaklik as gevolg van die beleid van Inklussiewe Onderwys.

Hierdie beleid verhoed dat kinders uitgesonder word vir spesiale onderwys. Daarom moet alle kinders – onegag hulle potensiaal – in dieselfde klas onderrig word. Met die gevolg dat die begaafde kind doodverveeld in ‘n klaskamer sit terwyl werk male sonder tal herhaal moet word sodat leerders aan die ander kant van die spektrum die werk kan verstaan.

Sommige begaafde kinders konformeer om nie die aandag op hulle te vestig nie. En begin onderpresteer omdat hulle aanvanklik te gou verstaan het – en toe afgeskakel het terwyl werk herhaal word.

Ander rebelleer en kan selfs druip. Daar is reeds in 1980 bevind dat 50% van alle begaafde seuns in graad 8 (toe standerd 6) onderpresteer. Tans deel en drie ander onderwysers idees op my webwerf begaafdekind.com.

In lande soos Rusland word begaafdes gekoester. Amerika het programme vir begaafde kinders. In Suid-Afrika kan ek nie ‘n enkele skool vir afrikaanssprekende begaafdes opspoor nie.

Het julle geweet dat Rusland sy “breins” [akademies-sterk mense] tydens die oorlog in Oskemen [Ust’-Kamenogorsk] ‘n baie koue stad in die noordooste van Kazakhstan weggesteek het? Sodat hulle potensiaal nie verlore gaan as hulle in ‘n oorlog sterf nie? En dit is te verstane, hulle besit oor die potensiaal om probleme op te los, hulle moes beskerm word.

Die doel van begaafdekind.com is om ‘n plek te bied waar ouers en onderwysers meer oor die begaafde kind in Afrikaans kan leer, maar ook waar ouers en onderwysers aktiwiteite kan kry wat hulle kan gebruik om begaafde kinders te help. Onthou, die begaafde leerder is gewoonlik ver voor sy of haar portuur, dus word daar bloot ‘n aanduiding gegee vir watter ouderdom die aktiwiteite geskik is.

Die top-artikels is in die systrook beskikbaar

Tans word die artikels deur vier ervare onderwyseresse geskryf.

Die skrywers (NS – jy kan ook een word)
  • Etrecia van der Merwe deel haar kennis oor begaafdekindonderwys, met idees vir geskikte aktiwiteite
  • Nikita (ook ‘n Christa) het ‘n lang bespreking gegee oor die implikasies van die identifisering van begaafde kinders vir die praktyk
  • San Dreyer deel interessante oefeninge vir die vak Afrikaans. Dit sluit bespreking van kort vrhale – met antwoorde en haar eie gedigte, met vrae & antwoorde in.

Ek sou graag die skakel na die artikels elke keer in die groep wou deel, maar nou ja, facebook weier dat ek dit doen.

Dus deel ek die skakel na begaafdekind.com nou so met jou.

As jy op hoogte gehou wil word wanneer nuwe artikels geplaas word, moet jy asseblief na begaafdekind.com toe gaan en dit volg. Of die vorm wat so lyk op die blad invul en dan word die artikels na jou e-posbus gestuur. Vars gedruk. Ons gaan jou e-posbus nie oorlaai nie.

Dit is – lyk my – die enigste manier waarop ek die inligting aan julle kan oordra.

Ons nooi onderwysers en ouers en selfs begaafde kinders om kommentaar op die skrywes op https://begaafdekind.com te lewer.

Vrae te vra. Idees vir nuwe artikels te gee. Die onderwerpe wat tans hanteer word:

Sal mettertyd uitgebrei word.

Ons skryf in Afrikaans, maar die artikels kan outomaties na ander tale vertaal word. Kliek op hierdie knoppie op die webblad om dit in jou taal te vertaal

Vertaal die artikel outomaties

En as jy belangstel om te help om begaafdekind.com uit te bou, kan jy die kommentaar op hierdie skrywe deel. Nuwe bloed is altyd welkom. so kan ons saam ‘n verskil maak.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

25 gedagtes oor “Bekendstelling van Begaafdekind.com

  1. Wat betreft Facebook,
    Ik ondervind ook vaak tegenkanting om bepaalde artikelen te publiceren.
    Tenzij het via een Fanpagina gebeurd en tegen “BETALING” dan kan het wel.
    Nog goed dat wij het hier via een Blog nog kunnen.
    Groetjes uit België
    Theo

    Liked by 1 person

      1. Wat Betreft Jouw Taal en mijn Taal,
        Je mag niet vergeten dat Jouw voorouders daar in Suid-Afrika, boeren waren die uit De Nederlanden (vroeger Belgieë en Nederland samen) weggevlucht zijn voor De Spaanse bezetters en dat uit de mengeling van die verschillende dialecten het Afrikaans is ontstaan

        Liked by 1 person

  2. Dit voel vir my dat dit amper ‘sonde’ geraak het om aan hoë presteerders aandag te gee, ‘sonde’ dat hullevereer word by prysuitdelings, want wat van almal wat nie pryse kry nie. Maar niemand kla as sportmanne vereer word nie, begaafd en nie-begaafd.

    Liked by 1 person

    1. Nou praat jy reg in my kraal. Daar is ‘n baie negatiewe gesindheid jeens akademiese presteerders in baie van die plattelandse skole. Dit is om van te huil. Wie leer die boelies dat “slim” sleg is? Maar kyk, die sportmanne moet altyd besing word! Ek kan boeke hieroor skryf! Ons nasie is vreemd as dit by slim mense kom. Daardie kinders word meestal uitgestoot.

      Liked by 2 people

        1. Begaafde kind is ‘n WP webblad. Ek kan skermskote op FB oorweeg. Het support nou gekontak om te kyk of my webwerf geblacklist is. Dit is moontlik, dus sal ek wag tot hulle antwoord. Maar die probleem gaan opgelos moet word.

          Like

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.