Gepubliseer in Akademies,Joernaal

LitNet Akademies se adviesraad

Verlede week kry ek ‘n e-pos wat my terselfdertyd geskok en ontsettend geëerd laat voel het.

Geskok omdat ek nie in my wildste drome gedink het dat ek genooi sou word om op ‘n vaktydskrif se adviesraad te dien nie. En beslis nie LitNet se adviesraad vir opvoedkunde nie.

Ek het die e-pos gelees, besluit dat hallusineer en slaap dringend nodig het. Die volgende dag weer oopgemaak en gelees. Dit is steeds so, ek moet ‘n antwoord.

Geëerd omdat ek dink dat LitNet een van die beste Suid-Afrikaanse vaktydskrifte is. Ek wil eintlik skryf die beste. Vir my altans. Hulle bevorder die publikasie van Afrikaanse navorsing. Ek probeer om ten minste twee keer per jaar in LitNet te publiseer.

LitNet is professioneel, die hele proses is professioneel en ek tree ook dikwels as eweknie-evalueerder vir LitNet op. Ek geniet die prosesse, van self skryf tot ander se werk beoordeel.

Daar voel ek beslis geëerd om op die adviesraad te dien.

Die skoene voel net so bietjie te groot vir my. Maar mens groei mos in jou skoene in of hoe?

Dus het ek gewik en weeg. Moet ek aanvaar of moet ek nie?

En toe besluit ek om die uitnodiging te aanvaar. Want ek weet nie of mens so ‘n uitnodiging baie kere in jou loopbaan kry nie.

Vandag kry ek die e-pos van die vaktydskrif, ek kan op die skakel kliek om te sien dat my naam by die lys van name gevoeg is. En dit doen ek toe sommer dadelik. Om ‘n warm gevoel om my hart te kry toe ek my naam raaklees.

Skuus, ek moet bieg, ek het geen ander name raakgelees nie, behalwe natuurlik die lede wat aan die hoof van die raad staan.

Skakel na die adviesraad se name op LitNet.

Vir nou is ek dankbaar dat my werk raakgesien en waardeer word. Dat ek goed genoeg geag word om te kan help en insette te lewer.

Die Here is goed vir my.

Ek is verlede jaar genooi om as gasredakteur op die redaksie van ‘n spesiale uitgawe van ‘n internasionale vaktydskrif te dien. Dit was net so ‘n groot eer, daar is ons tans besig om die artikels vir plasing te keur. Ek stres altyd as ek so ‘n taak moet verrig. Ek sal nog iewers daarvan vertel. Het die warm gevoel toe ook gekry toe ek my naam op die lys van redakteurs raaklees toe die brief uitgestuur is om navorsers te nooi om hulle werk in te stuur vir beoordeling

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

21 gedagtes oor “LitNet Akademies se adviesraad

  1. WOW!! BAIE, baie geluk!! 🏆 🥂 Jy verdien dit! Ek is bly vir iemand soos jy! Ek het ook net so gevoel toe ek sien een van my gedigte – vir ‘n paar jaar nou, vir die Eisteddfod gebruik word. Sjoe, bly vir jou hoor! Hou ons op hoogte van verwikkelinge en nog meer. Jy het so doodstil oor als gebly! 😊

    Liked by 1 person

    1. Ek het jare terug daar iets probeer plaas – met die ou litnet, maar so gesukkel om my blog-registrasie deur te kry dat ek opgegee het. Ek het ‘n Russiese blog-leser wat ook Afrikaans ken (vertaler) en hy het al daar kort storietjies geplaas (ek dink 2 so ver) wat ek vir hom moes deurlees eers – ek het soveel respek vir die ou wat homself Afrikaans geleer het en soveel kennis oor ons digters het.

      Liked by 1 person

      1. Sjoe, Nikita, deel asseblief met my. Ek wil dit ook lees. Die akademiese artikels deel is ‘n moeilike proses. Die werk word deur eweknie-evalueerders beoordeel en slegs geplaas as hulle dit goedkeur. Hulle kry gewoonlik foute – of eerder areas vir verbetering – en dit moet eers reggemaak word dat hulle tevrede is. Jy is ‘n spesiale blogvriendin, sien uit om te lees wanneer jy weer tyd het om te skryf.

        Liked by 1 person

      1. http://www.allegretto-eisteddfod.co.za/wpress/wp-content/uploads/2019/08/GRADE-R-12-VOORGESKREWE-GEDIGTE-2020.pdf Jy kan die een sien wat hulle gebruik hier by die Graad 12 afdeling (langs Totius se gedig – O, die Pyngedagte) – hulle het dit nou ‘n paar jaar gebruik – dink dis 3 jaar na mekaar nou, nie heeltemal seker nie. Jy sal die gedig ook op my blog kry. Ek skryf elke jaar een (veral rondom 14 Augustus – die stigtingsdag van die GRA). 🙂

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.