Gepubliseer in Resensies

Boekresensie: Donker drif

Iewers in my lewe het ek ‘n hekel aan dik boeke gekry. Tussen skoolhou en kinders groot maak en self studeer en navorsing, is daar nie tyd om dik boeke te lees nie. En ek word nie in vrede gelaat om my boeke te lees nie, ek moet by al die huishoudelike take ook uitkom.

Toe Donker drif aan my deur kom klop, het ek die boek so gekyk en gedink dit is nou een boek wat ek nie gaan aanpak nie. Hy kan maar op die boekrak wag. Ek het nie tyd om hom te lees nie en halfpad lees gaan ook nie vir my werk nie.

Maar, die boek het my getrek. Die Valk Bennie Griessel se lewe het my reeds in vorige boeke geboei en ek wou weet of Alexa, sy liefde en Cupido, sy Valk-spanmaat, weer deel van die roman gaan wees. En voor ek my kon kry, is die boek klaar gelees.

***

Donker drif is Deon Meyer se nuutste misdaadroman op die rakke. Dit is ‘n baie dik boek, 461 bladsye. Mens het tyd nodig om hom te lees.

Die tema is gierigheid, en spesifiek geldgierigheid of gierigheid van finansiële aard. Die meeste van die karakters het arm groot geword en wil bo hulle omstandighede uitstyg.

Die leser se spanningsvlak word sommer dadelik die hoogte ingeskiet wanneer Griessel en Cupido gestraf word vir goeie werk wat hulle gedoen het, ‘n informant in die mag doodgeskiet word minute voordat hy met hulle praat en hulle moet help tydens ‘n transito roof in Stellenbosch. En amper geskiet word. Hulle is weens hulle eie ondersoek na staatskaping van hulle rang gestroop en na Stellenbosch verplaas waar hulle gewone polisiewerk as straf moet doen. ‘n Rekenaarstudent se verdwying moes ondersoek en ook die verdwyning van ‘n baie ryk swendelaar. Intussen probeer hulle in die geheim ‘n ander saak oplos, een wat hulle weer hulle werk kan kos. ‘n Mede-polisieman laat vir hulle wenke oor gewere wat by die SAPD verlore raak, maar word doodgeskiet voordat hulle hom kan ontmoet. Die sake word op ‘n dramatiese manier ineengeweef en hou die leser gevange tot die laaste bladsy.

Die een waarheen ek op ‘n stadium sommer vooruit wou blaai om te lees wat met Sandra, die eiendomsagent gebeur het …

Die boek is soos Deon Meyer se ander werke uitstekend geskryf, goed nagevors. Hy het dit inderdaad reggekry om die realiteit met die storie te laat trou om die leser in die drama in te trek. En my verplig om vinnig te lees om die ontknoping van die spanning tegemoet te gaan.

Alhoewel ek die drama baie geniet het en die boek nie kon neersit nie, is ek teen die gevloekery gekant.

Ek wonder regtig of dit nodig is dat Cupido en Bennie so vloek. Sandra word as ‘n sensuele vrou uitgebeeld, ma van ‘n oulike tweeling. En dan vloek sy soos ‘n matroos.

Dit is werklik steurend, die kras woorde lê in my terwyl ek lees. Laat my voel dat ek so sit en vloek terwyl ek lees. Iets wat ek nie graag wil doen nie.

Die gebruik van die naam van die Here stuit my veral teen die bors. Ek is seker daar is ander woorde wat gebruik kan word. Sonder om weersin in die leser te wek.

Dus val hierdie boek in ‘n kategorie wat ek nie regtig wil aanbeveel nie. Die gevloekery stuit my teen die bors.

Inligting oor die boek:

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

15 gedagtes oor “Boekresensie: Donker drif

        1. Ek voel ook so. Dat hy soos ‘n matroos kan vloek? Dat vloek reg is? Normaal is? Of sommer net dat hy nie oor ‘n groot genoeg woordeskat beskik nie. Ek ken polisiemannne wat die woorde versag, verander. Dit sou my beter pas.

          Like

  1. Ek het ook Donkerdrif gelees, ek is nie ‘n groot aanhanger van Deon Meyer se boeke nie, ek kyk nogals redelik baie Amerikaanse programme en ek voel dis waar baie van sy insperasie vandaan kom. Steve Hofmeyer se boeke is vir my verbeeldingryk en anders. Dan is ek natuurlik ook ‘n groot “fan” van Marieta van der Vyver (Die Blou van onthou my onlangse gunsteling) as ek ‘n Suid Afrikaanse skrywer moet kies.

    Liked by 1 person

    1. Enelda, ons praat uit een mond. Ek het al oor die Blou van Onthou geskryf, die boek het my gevange gehou. Stem saam oor Deon, verstaan nou beter. Dit voel of mens goed al iewers gehoor/lees het. En Steve se boeke. Oe my genade die man kan skryf. Verbeeldingryk. Anders. En beslis goed nagevors.

      Liked by 1 person

    2. skuus sien nou eers my vingerfout *Inspirasie. Daar is ‘n fantastiese app Goodreads wat baie lekker werk om boeke op te laai ens wat jy wil en reeds gelees het en dit gee mens ook min of meer ‘n idee wat mense se gevoel rondom die boek was. Werk so goed want jy kan elke boek wat jy gelees het opsit en dan aan die einde van die jaar kan jy jouself weer uitdaag vir die volgende jaar om meer boeke te lees.

      Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.