Gepubliseer in Joernaal,Tegnologie

My iPad luister in …

Gister stuur vriendin Mia vir my ‘n Signal boodskap uit Kazakhstan. Hi, ek is in Almaty en ek mis jou.

Hulle was vir ‘n maand by vriende en familie in Suid-Afrika. Ek het haar heeltemal misgeloop, want ons bly mos nou in Kathu. Vrek ver van Pretoria en Stilbaai, waar sy gekuier het.

Toe ek weer sien, het my iPad vir my ‘n video gemaak, Almaty 2020. Ons het daar gewoon van Junie tot einde September 2020. Ek het gedink dit is darem maar ‘n verskriklike toevalligheid. Maar dit het in my agterkop vasgesteek. My iPad weet wat ek doen.

Vanoggend skryf ek ‘n blog oor my woefkinders na aanleiding van Una se blog oor ‘n verlange na woefkinders. En toe ek my iPad weer oopmaak, het hy vir my ‘n video van my foto’s gemaak. My 4 legged friends.

Twee dae na mekaar kan nie blote toevalligheid wees nie. My iPad bring vir my herinneringe wanneer ek met my vriende oor Almaty praat, enkele woorde. Sy het gesê sy mis my. En ek het beaam. Slegs dit? O ja, en gevra of dit koud is. Sy het gesê is soos Ust se lente, dus warm baadjie koud, maar nie jas en handskoene en dik skoene koud nie. Sjoe, die eerste keer wat ek Kazakhstan se koue so beskryf.

Iedergeval, ek weet nie hoe ek hieroor moet voel nie.

Dit is aan die een kant baie lekker dat sy my foto’s vat en ‘n video met herinneringe maak. Sy kies die foto’s nogal goed.

Maar, dit is aan die ander kant ook grillerig dat die masjien binne my iPad my afluister. Wat word alles afgeluister? En wat word daarmee gemaak.

Natuurlik is die video’s oulik, maar ek kan nie help om ‘n kriewelerige gevoel te kry nie …

Ek word afgeluister/afgekyk deur ‘n masjien ….

Hoe lyk hy? Is dit ‘n hy of ‘n sy? Is hy of sy mooi geleer om privaatheid te beskerm? Of is dit ‘n adder in my boesem?

Vir nou gaan ek aanvaar dat dit ‘n vriendelike digitale ou/vrou is wat my iPad se AI (Arteficial Intelligence) uitbou.

Wonder ek hoe slim die digi-man of -vrou is?

En wonder ek natuurlik oor iets anders ook. Hy of sy weet net wat ek deel. Wat ek nie deel nie, kan nie gebruik word om sy of haar digitale brein (AI) uit te bou nie.

Dus voel ek heel veilig met die man of vrou in my rekenaar wat so met my gedeelde inligting speel.

Vir nou.

Nou is Apple baie streng oor privaatheid, word elke toep verplig om te vertel wat hy of sy met PI (privaat inligting) doen. So lank my privaat inligting gebruik word om my in ‘n staat van heimwee te plaas, kan hierdie digitale man of vrou hom of haar gerieflik in my iPad tuis maak.

Beide video’s het heimwee gebring.

Heimwee na ‘n stad in ‘n land waar mens op straat kan loop sonder om jou besittings vas te klou. Heimwee na my geliefde 4-been vriende soos my iPad die video’tjie benoem.

Bietjie meer as een week om vas te hou.

Dan is my 4-been vriende weer in jy arms.

Ek hou van die beskrywing, myne is net my 4-been kinders …

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

6 gedagtes oor “My iPad luister in …

  1. Daar is geheime ksmeras of mikrfone in baie nuwe goed, oa in android tv’s. Hulle monitor jou om vir jou fie regte advertensies te stuur. So word jy onbewustelik geïndoktrineer om vir bv vir sekere politieke partye te stem, sekere produkte te koop ens. Big brother is watching you! My kind sê sl lankal vir my: Faceboek hoor wat ons gesels! Nou het ek uitgevind dis waar! Gaan google maar the pros and cons of android tv’s. Ek glo dis in selfone en rekenaars ook

    Liked by 1 person

    1. Ek is bewus daarvan Seegogga. Ek weet ons word afgeluister. Facebook het nie meer daardie voorreg nie, hy is van al my rekenaars en ipads en fone af. Ek vertrou sy nuutste truuk glad nie. My iPad wat my afluister en my foto’s daarvolgens organiseer, is terselfdertyd oulik en iets wat my bekommerd maak. Dit is gestel dat my data nie met Aplle of ontwikkelaars van toeps gedeel mag word nie.

      Like

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.