Ek het lank oorweeg of ek die storie moet vertel. Of nie. Ek gaan vertel, maar sommige detail nie deel nie. Maar laat ek eers meer oor selfone vertel.
Die afgelope paar jaar word almal se fone groter en groter. Baie van my vriendinne het die iPhone Plus. Ek bly by kleiner. Al sou my oë van groter hou.
Iewers voor 2005 was dit egter hoogmode om die kleinste foontjie te hê. Want sien, die eerste selfone was so groot soos bakstene. Ons het dit sommer ook so genoem. Toe word fone kleiner en kleiner. Ek onthou hoe vreeslik trots ek op my piepklein brons Nokia was. Die naam is lankal vergete.
Die een middag het seun my foon geleen. Hulle het op die hokkieveld gespeel. En een van die seuns het blykbaar baie aandag aan die foontjie gegee. Toe hy na die gespelery by sy skoene kom, was my foon weg. Hy is na my klas toe om vir my te sê.
Toe ons die nommer bel, het die foon gelui en gelui. Daarna was die nommer dood. My foon was weg.
Kinders het vir my kom vertel dat ‘n spesifieke kind my foon het. Almal het geweet hoe my klein foontjie lyk. Dit was die kleinste model beskikbaar op daardie oomblik en juffrou van Staden se tegnologie was op daardie stadium die nuutste op die mark.
Ek was geskok. Wou dit nie glo nie. Het al soveel vir die kind uit my sak gegee tydens buitemuurse bedrywighede. Ons was baie saam. Hy het tog geweet dit is my foon!
Vra sou nie help nie. Hoe gaan vra ek of ek my foon kan terug kry? As afkondig in die saal nie help nie?
Aangesien ek al sy besonderhede gehad het, het ek ‘n “kompetisie” van ‘n onbekende nommer af geloods.
Die sim is spesiaal vir die doel gekoop. Die antwoordboodskap het soos kompetisielyn geklink. Die kompetisie het iets soos die volgende bewoording gehad.
As jou naam een of meer van die volgende letters bevat, kan jy ‘n nuwe selfoon wen. Met punte vir ‘n paar spesifieke letters. As jou totaal meer as ‘n sekere getal is, stuur jou naam en van, selfoonnommer en adres. Met ‘n sluitingsdatum.
Die sim is net saans in my foon gesit. Aanvanklik het niks gebeur nie. Toe kry ek die antwoord. Met ‘n adres waar my foon gesoek kan word. O ja, die kompetisie is na paar ander kinders ook gestuur, net om die geldig te laat lyk.
Ek het die polisie gekontak en gestuur om my foon te gaan haal. Dit was toe by die spesifieke kind. Die ma was ongelukkig, het gesê ek kon haar net vra. Sou sy my geglo het?
Die bestuur van die skool het ook gemeen dat ek nie nodig gehad het om die polisie te betrek nie. Sou hulle my gehelp het? Ek kan nie onthou of hy op die stadium prefek was nie. En of hy die volgende jaar een geword het nie. Oor die algemeen was dit ‘n voorbeeldige kind.
Ek het dit egter as die beste oplossing vir die probleem beskou. As hy gevra het, het ek dit dalk gegee. Steel is nie ‘n regte keuse nie.
Was nogal lekker om vir ‘n rukkie PI van Staden te wees. Dit het ook die regte boodskap deur die skool gestuur.
Moenie juffrou van Staden se goed steel nie. Sy is nie net ‘n juffrou nie, sy is PI ook!
Ek hou van die kreatiewe PI en stem saam met jou. Steel is steel. Lesse is geleer. Hoop die ma besef dit vandag. Groete.
LikeLike
Dankie Vuurvliegie, dit is waar, steel is steel. Ek het kans gegee om terug te gee, maar hy het nie gegee nie.
LikeLike
Laat ons hoop dat daardie seun ‘n goeie les geleer het.
LikeLike
Ek dink hy het … maar dankie vir die positiewe kommentaar.
LikeLike
Ja jong. jy is n vindingryke juffrou. Snaaks hoe mens leer om sekere omstandighede op te som en dan op te los sonder om te maak asof jy in beheer is.
LikeLike
Nê! Baklei sou nie help nie. En ek wou my foon hê. Toe maak ek maar ‘n plan sonder om die kinders te betrek wat vir my gesê het hy het my foon gevat.
LikeLike
Kinders hou tog so daarvan om ander in die moeilikheid te kry. Juis vandag een seuntjie gevang dat hy andereen met n blok hout op sy kop slaan. Die outjie wat geslaan is het glo die slaner eerste geslaan. Die derde kind maak toe asof hy van niks weet of niks gesien het nie! Tussentyd het ek dit self gesien.
LikeLike
Ai, sondes waarmee juffrouens moet opgeskeep sit.
LikeLiked by 1 person
En ek is net n oppasser nie eers n juffrou nie!
LikeLike
Daai is groot werk wat jy doen.
LikeLike
Ek raak skoon depressief met die omstandighede waaronder ons moet werk. Vanoggend het n seuntjie my sommer so uit”liefde” my bespring en geboks! Nie net speel speel nie maar werklik met geweld. Stop hom toe en hy kom weer van agter af. Maak my hartseer! Ek weet dis omstandighede wat dit veroorsaak maar steeds dis aanranding! Het dit darem gerapporteer. Nog n saak teen arme kind.Hys maar ses jaar.
LikeLike
Ag Scrapy, die arme kinders kry nie meer leiding by ouers nie. Wonder of dit met TV te doen kan hê?!
Ek sou geskrik het. Sterkte jong.
LikeLike
Ek het beslis nie goed gevoel nie. Die hoof brief aan ouers geskryf en gaan met ouers praat. Ongelukkig is hy n groot probleem vir almal met sy optredes.
LikeLike
Dit is onaanvaarbare gedrag. Wonder of hulle hom gaan reg leer?
LikeLike
You wish! Dis al sy tweede jaar in die skool en hy is steeds n hand vol. Voorskool was hy tienkeer erger gewees.
LikeLike
Ag Scrapy. Wat maak mens?
LikeLike
Hartseer maar tog moet mens aan ander se veiligheid ook dink. Ouers het hul eerste skriftelike waarskuwing gekry.
LikeLike
Ek stem Scapy, buig boompie. Voor dit te laat is.
LikeLiked by 1 person
Ons probeer maar dis swaar en ons is ook nie opgelei om dit te doen nie(alhoewel ek die ondervinding het mag ek nie regtig iets doen nie)
LikeLike
Ek bedoel die ouers moet hulle boompie buig. Voor dit te laat is.
LikeLike
Ouers buig hulself nie kinders nie!!!
LikeLike
Daai is waar!
LikeLike
Dit was ‘n slim plan! Ek het destyds twee van daardie klein Nokias gekoop. Dit was die 6310 as ek reg onthou. Myne was metaalblou en Karen s’n metaalgroen. Sy het nou nog hare. Bêre dit as ‘n aandenking.
LikeLike
Ag dankie Hester. Klink reg, ek was mal oor myne.
LikeLiked by 1 person