Gepubliseer in Joernaal

Ek dink ek is klaar met my sepies

Ek en manlief kyk elke aand sepies. Ons begin met Getroud met Rugby, dan Suidooster, dan was ek skottelgoed terwyl manlief nuus kyk en dan kyk ons Binnelanders.

Dinsdag-Vrydagoggende kyk ek my ander gunsteling – Arendsvlei. Na die gebeure van die afgelope twee weke in twee van my sepies dink ek egter ek is klaar met sepies – veral met Getroud met Rugby en Binnelanders.

Ons spot al lankal dat daar een stel skrywers vir die twee sepies is. En dat hulle nie weet dat daar mense is wat beide kyk nie. Want soortgelyke goed gebeur gereeld. As iemand nie baba kan kry in die een nie, sukkel een in ander een daardie selfde tyd om baba te kry. Sukkel ‘n huwelik in die een, sukkel een in die ander een ook. Soort van soortgelyke omstandighede. Vervelig.

Maar hierdie keer vat hulle die koek. Om twee geliefde karakters se wreed in een week uit beide te verwyder, is nie my idee van ‘n grap nie. En waarom word karakters gereeld doodgemaak in die sepies as hulle akteurs bietjie groener weivelde gaan soek? Hulle kan mos na jare weer terugkom? Of is dit juis wat hulle wil keer?

Loop ‘n akteur vir ‘n rukkie is sy paadjie na die sepie terug toegemaak – of ons nou daarmee gelukkig is of nie.

Die oomblik toe Reitz so ernstig beseer is, het ek gaan Google. Ek laat sepies nie toe om met my gevoelens te speel nie, ek leef my heeltemal te diep in die stories is.

Dus wou ek weet: Waarom wil Reitz die sepie verlaat? Niks gekry nie, maar toe sien ek dat Sean van Noordwyk – die akteur – so pas as Meneer Wêreld Suid-Afrika aangewys is.

Het jy geweet? Ek is so trots op hom, voel of ek sy jufrou sou kon wees. ‘n Posisie en taak wat hom vir ten minste een jaar te besig gaan hou om Reitz te speel. Dus besluit die skrywers om hom sommer dood te maak en sy organe uit te deel.

En dieselfde met Binnelanders. Waarom Elana (Ilne Nienaber) so wreed uit die storie gehaal moes word, gaan my verstand te bowe. En raai wat? Haar organe word ook uitgedeel terwyl sy aan die masjiene gekoppel gehou word.

Al wat ek weet, is dat ek op die oomblik voel dat een stel skrywers aan beide stories skryf. En dat hulle ‘n geweldige klap van die windmeul moes gehad het om sommer in een week twee sepie karakters se lewens so wreed kort te knip.

Vir nou voel ek siek, ek is nie lus om al die doodslag te aanskou nie.

Ek sou genot kon put uit die afsterwe van karakters soos Nazeem wat so gemeen is in Suidooster. Of Wendy wat al weer die aarde vir almal om haar in Arendsvlei te warm maak. Ek verpes ek hulle soort karakters verskriklik. Daar is genoeg soortgelyke mense op aarde dat mens hulle nie ook nog in sepies moet raakloop nie.

Maar nee, hulle floreer in die sepies …

Ek dink ek gaan sommer ophou sepies kyk …

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

32 gedagtes oor “Ek dink ek is klaar met my sepies

      1. Ons het dstv omdat manlief lief is vir sport en nie maklik van manier van doen verander nie. Ons kan showmax deur dstv kry, maar ek moet dit nog leer ken. Verlede Saterdag wou ons ‘n fliek kyk en kon net mooi niks kry op DSTV if selfs die koopkanale nie. Ek sal regtig Showmax moet leer ken.

        Liked by 1 person

  1. Julle kan gerus Truth TV gaan probeer. En as julle dokumenter wil kyk, gaan na Waterbear. Waterbear het dokkies van 5minute tot 1 uur op en dis vreeslik interessant. Daar is tans ook n fantastiese reeks wat jy van die website of hulle App kan gaan kyk. Dis nou al season twee en dis nou regtig die moeite werd…die naam is The Chosen. Dis nie op Netflix of op Showmax, maar op http://www.thechosen.com…..baie beter as sepies.

    Liked by 1 person

      1. Sepies laat mens ontspan maar ek raak gou geirriteerd as dinge uitrek of oor en oor gebeur….ek dink dis omdat dit te veel soos die regte lewe is….maar ek gun elke diertjie sy plesiertjie!😂

        Liked by 1 person

  2. Ek en my jongste het hierdie gesprek gehad dat ons nie hou van stories waarin hoofkarakters sterf nie. Dis gemeen van skrywers en regisseurs om dit in te bring. Ook so onkreatief. As ek wil ontspan, wil ek nie sulke stories sien nie. Of lees nie. Ons hoor van genoeg slegte dinge! 💖

    Liked by 1 person

  3. Die enigste sepie waarna ek kyk is Binnelanders. Ek het nogal gewonder of die TV ons wil voorberei op die onvermydelikheid van die dood. In Binnelanders het akteurs soos Malherbe die gewoonte om weer te verskyn nadat almal verkondig het dqt hy in ‘n vliegongeluk dood is. Mens weet nooit.Dalk daag Elana eendag op Ruan of Vicky se troudag op!

    Liked by 1 person

  4. Jare gelede het Suid Afrika hulle eerste sepie op TV beleef: Dallas. Tie laat sterf hulle die gewildste karakter: Bobby. Ons was almal ontsteld daaroor.( die akteur wou silwerdoek toe). 2 jr later, stap Bobby toe weer lewendig onder die stort uit( die akteur kon dit nie maak op die silwerdoek nie). Net daar het ek besluit dat sepies ‘n belediging vir my intelligensie is . Ek het nog nooit weer n sepie gevolg nie. Gee vir my n mooi fliek met n behoorlike storie met n begin en einde. Saans speel ons chinese checkers en soms skrabbel. Ook skaak maar my man is by verre ‘n beter skaakspeler as ek. Ons kyk graag youtube musiek videos en flieks nou en dan. Sepies is totaal uit!

    Liked by 1 person

  5. My familie pakket laat my toe om kyknet en kie te kyk op 145. so is binnelanders ‘n jaar agter as op kanaal 144. Maar ek moet sê, die gestry en ewige inlopery maak my nou moedeloos. Maar Arendsvlei is my gunsteling. Dit is regtig op werklikheid geskoei. Maar ek moet sê Wendy se loskom uit haar misdade is ook bietjie dik vir ‘n dadel. Aan die ander kant, enige sepie het ‘n spanningslyn nodig.

    Liked by 1 person

  6. Ek het laas ‘n sepie gekyk net voor ons weg is uit SA – 7de Laan. Hier was net nooit tyd om enige so iets te begin kyk nie en ek het agtergekom dat ek meer ‘n persoon is vir ‘n goeie dokumenter of ‘n natuur-reeks. Op Netflix het ek die ‘My Octopus-teacher’ gekyk – as jy dit nog nie gesien het nie, maak seker jy kyk dit – ‘n SA-ner wat sy storie daarmee vertel en dis iets wonderliks om te kyk. Dan natuurlik ook ‘The Queen’s Gambit’ – ook op Netflix. Noudat dit vakansie (vir my) is, sal ek weer moet rondsoek vir iets wat die moeite werd is. 🙂

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.