Gepubliseer in Foto-stories & uitdagings

Weerkaatsings op die Vaalrivier …

Jez Braithwaite’s se Water Water Everywhere foto-uitdagings trek my elke keer na my eie foto’s toe om een te gaan soek wat kan pas. Hierdie keer plaas ek weer ‘n foto van die rivier by ons huis – veral omdat die tema weerkaatsings is.

Ons het ‘n huisie langs die Vaalrivier in Suid-Afrika. En getrou aan sy naam is die water gewoonlik vaal, kleurloos, ondeursigtig en kan ek maar sê lelik? Asof slik en modder daarin dryf om dit vuil te maak.

Kleur van die Vaalrivier die meeste van die tyd

Maar soms is die lig perfek en dan weerkaats die bome in die water. Ek kan die weerkaatsings dan nie weerstaan nie en gryp dadelik na my foon om ‘n foto te neem. Ek het sommer ook drie filters gebruik om kreatief met die foto om te gaan vir Kate se One-to-three-photo-processing-challenge.

Die oorspronklike foto vir Jez se weerkaatsings
Filterfoto 1 met iPhone se vivid cool filter gemaak
Filterfoto 2 met iPhone se Vivid filter gemaak
Filterfoto 3 met iPhone se Slvertone gemaak

En toe het ek die foto gesny om die fokus op die weerkaatsings te plaas.

Filterfoto 4 – foto 2 gesny om op die weerkaatsings te fokus.

As ek so kunstig soos Scrapy en Seegogga was, sou ek dit op een of ander stadium in my lewe wou skilder … Daarom het ek die Painnt toep se englas filter gebruik om hierdie foto te skep.

Filterfoto 5, Silvertone filter foto in Painnt met enlas filter verander

Hoop jy het dit geniet, die gespelery met filters bring interessante lig interessante eienskappe uit. Veral in die spieëlgladde gedeelte van die rivier aan die anderkantste oewer.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

34 gedagtes oor “Weerkaatsings op die Vaalrivier …

    1. I have filtered after the photo was taken. So, I have learned something new from you today. I did not realise that I can use filters when I take iPhone pics. Will play with that function to see what I get, and if the results are better.

      Like

  1. Fantastic scenery, Christa 👏 It’s amazing how the Apple filters can add a completely different mood to the shots. I think the vivid cool is my favourite, & it’s probably the one I use the most in editing 😃

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.