Gepubliseer in Joernaal,Reisjoernaal

Die klein groot trek na Kuruman

Ons trek vandag Kuruman toe. Noord-Kaap. Dit was ‘n interessante trek, want ons het met tasse klere en sakke kruideniersware van Kathu gekom. Sommer so in die bakkie, want ons moes meubels kom uitkies om saam te gaan Kuruman toe.

Na twee jaar van lewe in ander mense se woonstelle, sien ek so uit om oo my eie bank te sit, in my eie bed te slaap. My eie wasmasjien te genruik. En na Kathu, sien ek beslis weer daarna uit om ‘n skottelgoedwasmasjien te hê.

Ons het min gekies om saam te gaan, want dit gaan dalkies net vir drie maande wees. Banke, TV en DSTV, twee beddens en hulle kopstukke, ek sou sommer sonder dit gaan, maar manlief soek die beddens mooier. Wasmasjien. Kombuisgoed. Koomberse, linne en so aan.

Eetkamertafel, een waar rondom baie kan sit, dalk kom die kinders kuier? Dit is nie regtig ‘n rit vir ‘n naweek nie omdat mens veertien ue op die pad is, soontoe en terug. Dalkies is daar ‘n lang naweek, behalwe paasnaweek. Want dan gaan ons stad toe.

Manlief is op, skuif rond en pak bokse toe. Ons het drie volgemaak, soveel nders as wanneer ons regtig met alles trek. Die res word steeds gestoor. Hoe minder saamgaan, hoe makliker is die oppak om terug te kom.

Die woewe lê nog om die bed en slaap, hulle weet nog nie van die lang pad nie.

Nie dat dit so lank gaan wees nie, ons stop gereeld vir ‘n ruskansie. Daarvoor is ons reg, soveel anders as die vorige keer toe hulle so lank saam met ons in die kar was. O so terloops, ons trek van die rivier af, die pad is heelwat korter as wanneer ons van die stad af sou trek. Ek skat so vier ure?

Die vorige keer wat hulle lank in die kar wees? Bykans agt ure?

Ons het na nuwe jaar huis toegegaan, van die rivier af. Die Hundai Sante Fé is voor die vakansie gediens. Die ou wat aan die kar gewerk het, het sy skroewedraaier in die kar vergeet. Toe ons oor die grondpad ry, het die skroewdraaier in die verkoeler ingesteek, die water so vinnig laat uitloop dat die kar ons nie gewaarsku het nie en toe brand die enjin vas.

Laat ons op die pad tussen Bothaville en Orkney met vyf honde in die kar – ons s’n en die kinders s’n. Want ek speel gereeld baba-oppasser vir hulle. Seun het omgedraai, ons kom help. My dorp toe gevat dat ek huurmotor kry. En die versekering het die motor kom insleep. Manlief en die woewe op die bak in die kar. Omdat hy hulle nie alleen in die kar wou los nie.

Die kar is afgeskryf, sou te veel kos om haar reg te maak. Ons het baie geld verloor, Hyundai wou nie skuld aanvaar nie. Al kon ons bewys dat die skroewedraaier gemerk is.

En so het ons ons gunsteling maak verlaat om pens en pootjies na Volkswagen oor te skakel. Ons sou nie weer Hyundai gebruik nie.

En kan beslis nie die tak in Weltevredenpark aanbeveel nie. Die een naby Hillfox, daar los werkers hulle skroewedraaiers in jou enjin. Om groot skde aan te rig.

Ons motors trek nog nie saam nie, dit sal seker gebeur as ons langer gaan bly. Vir nou maak ons die trek maklik. Die werk se bakkie en bietjie van ons meubels ….

Ek skat dit het met ons trek uit Kazakhstan te doen. Daar het ons skade gely met die terugtrek omdat ons baie goed net weggegee het. Goed wat ons nou weer moes koop. Ek glo egter dat ons daarmee mense gehelp het wat dit nodig gehad het. Ek wil net nie weer weggee as ek terugtrek nie – omdat die goed weer gekoop sal moet word.

Hooffoto: Water vorm nuwe riviere deur veld tussen Kuruman en Vryburg. Na die groot reëns wat La Nina steeds oor die land veroorsaak.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

20 gedagtes oor “Die klein groot trek na Kuruman

  1. Ek haat dit om te trek – het dit nou al ‘n paar keer moes doen, maar kyk, as ek kan kies, sement ek my vas op ‘n plek en niks roer my daar nie. 🙂 Julle het ook darem erg skade gehad met die kar! Jammer om daarvan te hoor. Sjoe, dis nie lekker nie. Ek het ‘n vriendin gehad wat altyd van Kuruman gepraat het – sy was van Pofadder af (moenie lag nie! 🙂 ) Daardie deel van die land is vir my so besonders – het ek agtergekom – die mense en al die tradisies. Ai, ek het SO lekker geeet aan skuinskoek! Ken iemand dit? My mond water al klaar.

    Liked by 1 person

      1. Ek is seker ek het nog ‘n Skuinskoek resep iewers – sal ‘n groot soektog wees as ek dit moet soek, maar jy sal baie op die Net ook kry. Hulle is HEERLIK – kry anys in. Ai, die vriendin se ma het sakke vol vir haar gemaak as sy gaan kuier het en ons het te heerlik gekuier met die skuinskoek. Sy het vir my ‘n klein resepteboekie gegee met resepte van daardie deel van die land, ek het dit definitief iewers = weggepak. Jy sal dit love.

        Liked by 1 person

        1. Ek gaan dit net moet probeer, hoor. Hoe verbeel ek my nou dat daat by DoringDraad in DeBen skuinskoek op die spyskaart was? Ek sien so uit daarna, Nikita, ek sal dit dadelik uittoets. Is julle permament daar?

          Like

          1. Ja nee, ons is hier nou net so oor die 20 jaar. Ek het so pas ‘n google search gedoen met skuinskoek en ‘n resep op ‘n NZ website gekry van ‘n persoon wat se dit is iemand se resep van Namakwaland.

            Liked by 1 person

          1. ek het wel eendag ‘n happie met iemand (wat nie ‘n Namakwalander is nie) gedeel en die gesig het duidelik gesê: wat is so wonderlik hieraan. Toe het ek net weet besef, smaak en lekker is deel van die waar-kom-dit-vandaan en die herinneringe daaraan verbonde. Vir my is ‘n vars skuinskoek heerlik.

            Liked by 1 person

          2. Hi Appeltjie, jy beskryf die skuinskoek baie goed. Ek hou van die woord ‘onthoude lekkerny’ – ai, hoe wens ek dat ek nou een by my tee kon he. Eendag is eendag en gaan dit beslis maak. Ek het juis met ons eerste lockdown anys gekoop!

            Liked by 1 person

          3. Van anys gepraat – ek moet dit nog aanleer om te eet. Kom uit my kinderdae. Ons het gedink daar is miere in die beskuit en die smaak was so anders dat ek gedink het dit is hoe ‘n mier proe. Het pak gekry, maar eet wou ek nie.

            Liked by 1 person

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.