Gepubliseer in Joernaal

Gekkedag … na aanleiding van Toortsie se plasing

Ek speel mos met tegnologie om te bepaal hoe dit in klaskamers gebruik kan word – of misbruik kan word.

Misbruik is ‘n nuutjie, anders as voorheen wat studente goed op die internet gevind en net in woordverwerkers ingeplak het om te maak of hulle dit self geskryf het, skryf ChatGPT sommer namens jou.

Daar is baie namaaksels op die mark, en mens moet versigtig wees watter een jy gebruik. Want baie van die maatskappye verkry heeltemal te veel inligting oor gebruikers.

Iedergeval, ek is nou besig om ChatGPT Plus te toets. Dit is die sterker model van die gratis ChatGPT-3.5 wat almal gebruik. En kos R399 per maand. Ek weet, duur vir speel, en duur vir studente, maar as 10 studente saam betaal en een betaal die paaiement is R39 per maand glad nie duur nie. Hulle sal seker net moet seker maak dat hulle mekaar kan vertrou.

Ek is nogal beīndruk met die antwoorde sover. Het vandag begin speel. Dus vra ek toe sommer ook waar kom gekkedag vandaan. Dit is ChatGPT Plus se antwoord:

Gekkedag, wat jy waarskynlik verwys na as April Fools’ Day of 1 April in Nederlands, is belangrik vir verskeie redes, hoewel dit nie ‘n amptelike vakansiedag in enige land is nie. Die belangrikheid daarvan kan op ‘n paar verskillende maniere beskou word:

Sosiale en Kulturele Verbinding: Dit bied ‘n geleentheid vir mense regoor die wêreld om te verbind deur middel van humor en gesamentlike pret. Dit is ‘n dag waarop mense, ongeag hul agtergrond of lewensomstandighede, saam kan lag.

Ontspanning en Verligting: In die alledaagse lewe, waar stres en druk algemeen is, bied April Fools’ Day ‘n welkome afleiding. Dit moedig kreatiwiteit en speelsheid aan, wat kan help om stres te verlig en ‘n gevoel van welstand te bevorder.

Stimuleer Kreatiwiteit: Om ‘n goeie poets te beplan en uit te voer, vereis kreatiwiteit en vindingrykheid. Dit is ‘n geleentheid vir mense om hul verbeelding te gebruik en op ‘n vriendelike manier met mekaar interaksie te hê.

Herinnering aan Nederigheid: Deur die rol van die “fool” of die slagoffer van ‘n poets te speel, word mense herinner aan die belangrikheid van nederigheid. Dit leer ons om onsself nie te ernstig op te neem nie en om te kan lag oor ons eie foute en misverstande.

Historiese en Kulturele Tradisies: April Fools’ Day is ook ‘n manier om tradisies lewendig te hou wat terugdateer na antieke tye en die historiese betekenis daarvan te erken. Die dag bied insig in hoe humor en pret deur die eeue heen ‘n deel van menslike kulture was.

Alhoewel die dag sommige mense kan irriteer, veral as die grappe te ver gaan, is die kernidee agter April Fools’ Day om vreugde en lag te versprei, wat dit ‘n unieke en belangrike dag in die jaar maak.

Oulik, ek leer meer en meer daaroor maar kan steeds nie verstaan hoe ‘n masjien so met my kan gesels nie.

Iedergeval, ek en April’s fool dag het ‘n geskiedenis. My skoonma se nuwe kêrel het gespot dat my oudste kind en enigste dogter op gekkedag gebore sou word. Haar datum was die 2de April. Saam het ek en sy besluit ons gaan die oom nie sy sin gee nie. Sy is op die 2de April gebore, soos die dokter van die begin af voorspel het.

Seun het hom nie aan datums gesteur nie, hy was bykans twee weke laat. Maar ek en hy het nie die stres van gekkedag gehad nie, hy is 14 Desember gebore …

Persoonli geniet ek die grappe, ons Afrikners kan met baie snaaksighede vorendag kom. Soos dat Stilbaai se naam na iets onuitspreekbaars verander gaan word. Sommiges het besef dit is gekkedag, ander het kwaad geword en selfs vloekend daarop gereageer … As hulle maar net eers gelees het wat ander se kommentaar was …

Iedergeval, ek moes bo bygevoeg het dat my kinders normaal gebore is, ek het dus nie ‘n datum vir my dogter gekies nie. Ek was nogal beīndruk dat seun en dogter in skoolvakansies gebore is, dan het ek mos baie tyd vir hulle partytjies. Hulle nie, dit is paasnaweek, dollatjies is oor paasnaweek gebore en seun het verjaar nadat die skole gesluit het. Al hulle maatjies was met vakansie.

Siestog, mens kan ook net nie wen nie …

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

2 gedagtes oor “Gekkedag … na aanleiding van Toortsie se plasing

Lewer kommentaar op Dr Christa van Staden Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.