Gepubliseer in Joernaal,Reisjoernaal

Sien jy die ondier in die rots by Boesmansgat?

Ek het vanoggend geskryf oor ons besoek aan Boesmansgat en gevra of jy ook die dier in die rots kan sien. Wat natuurlik veroorsaak het dat mense ‘n regte dier gesoek het omdat ek die vraag vaag gestel het.

Ek moes gevra het of jy ook sien dat ‘n gedeelte van die rotse soos ‘n ondier lyk.

Dus plaas ek die foto nou hier met ‘n kring om die gedeelte wat vir my soos ‘n ondier lyk.

So wat sien ek in die rots?

  • ‘n kop van ‘n beesagtige dier wat effens na regs van die kamera wegdraai
  • ‘n duidelike oor – links bo
  • ‘n voorkop
  • twee katagtige oë, nie rond soos ‘n koei s’n nie
  • ‘n neusbrug
  • lang tande asof die vel van die bo-lip verwyder is.

Sien jy dit ook?

So terloops, ek het safari-mense gekontak en gevra:

Ek weet nie wie my geantwoord het nie, maar die persoon het my verkeerd verstaan.

Ek het nie gesê dat ek nie van die uitstappie gehou het nie, het ek?

Ek het genoem dat ons R150 betaal het – wat die persoon aan ons tweetjies moes herinner wat sommer net daar opgedaag het – sonder om ons te beskryf. Hulle het nie naam en adres gevra nie. Daar was wel een ander motor by die gat, maar ek dink die mense het oorgeslaap omdat daar skoongemaak is.

Ek het geskryf dat ek die foto nie self kon neem nie omdat ek nie voorbereiding vir die uitstappie getref het nie. En kon ek self die rots soek en afneem. My fout nie hulle s’n nie. 😊

Ek het gevra of hulle dalk ‘n beter foto het. Hy of sy het vir my ‘n mooi foto van die gat gestuur – nie van die dier se kop nie 🙄

Dit is regtig ‘n baie mooi foto, maar nie wat ek gevra het nie …

Maar – ek het darem ‘n antwoord oor die dier gekry, al beskou ek die antwoord as ongeskik en sarkasties.

Daarvolgens is ek die persoon wat die kop van die dier in die rots sien.

Neem ek die persoon kwalik vir die sarkasme wat ek in die e-pos voel?

Nee wat. Ek het my antwoord gekry.

Maar, as hierdie persoon regtig in die toerisme wêreld hoort, het hy of sy werk van my waarneming gemaak:

Dit kan ‘n aantrekkingskrag word – mense soos ek sal nou ook soontoe wil gaan om die foto self te neem, die dier self te sien.

Moenie sleg voel as jy nie sien wat ek sien nie. Volgens blogvriendin Anne is dit nie vir almal moontlik om vorms in rotse, sand en wolke raak te sien nie.

“Seeing familiar objects or patterns in otherwise random or unrelated objects or patterns is called pareidolia.The ability to experience pareidolia is more developed in some people and less in others.”

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

17 gedagtes oor “Sien jy die ondier in die rots by Boesmansgat?

  1. Ek sal weer na die foto’s sonder die kring gaan kyk, want dis nie dier dier wat ek gesien het nie. Ek het wel ander gesien. Ek sê mos: Rorschach!
    Dit maak my lam as mense in sleutelposisies gewone vrae so ongelooflik verkeerd verstaan.

    Liked by 1 person

        1. Hmm, gedink iemand soos jy sal verstaan dat mens toeriste mooi moet hanteer. En die rots kan mens om ander redes lok as ‘n baie diep gat in die aarde. Ek hou van die beskrywing dat dit die grot se bewaker is. Kan jy jou voorstel?

          Like

  2. Mooi uitgewys!
    Wat die sarkasme betref: ek dink hulle is so gewoond aan klagtes dat hulle jou verwysing na die R150, die onvanpaste klere en die opmerking dat jy dalk eers meer moes oplees as ‘n vingerwysing ervaar het van hulle hoë tarief en gebrekkige info.
    Gelukkig eindig alles op ‘n positiewe noot…jy was die eerste om die kop van die ondier teen die krans te eien!!

    Liked by 1 person

    1. Ons het by iemand daarvan gehoor en net uitgery en gaan kyk. Ek sou dalk geGoogle het – as mens goed in die Noord-Kaap kan kry as jy daarvoor Google. Ek is al so gewoond dat ek op die aarde moet soek, hulle het nog nie die wolke bereik nie. En ek moet bieg – ek sou dit dalk steeds nie gekry het nie. Want erk sou soek vir Boesmansgat en nie Mount Carnier safaris nie.

      Like

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.