Die vinnige trek na nr 17 Towerinstraat, Rebusfontein

Hierdie bloginskrywing wyk van my ander af en vorm deel van 'n prettige kammawêreld in die blogwêreld waarin mens uitgedaag word om oor iets spesifieks ‘n eier te lê, met ‘n kink. Ek het, en hierdie is my eerste opdrag, om my alterego of ander persona aan die res van die inwoners van die towerdorp … Lees voort Die vinnige trek na nr 17 Towerinstraat, Rebusfontein

Ons boek word amper vrygestel.

Iewers verlede jaar trek 'n versoek vir voorstelle vir 'n hoofstuk in 'n internasionale boek my aandag op LinkedIn. Dit was so in my belangstellingsveld, maar die sluitingsdatum was reeds verby. Ek besluit toe om tog maar die redakteur te kontak om te hoor of ek steeds kan instuur. En sy antwoord beslis, sy wou … Lees voort Ons boek word amper vrygestel.

‘n Paar minute in Aspoestertjie se skoene …

Eergister kom manlief tuis met 'n raai wat? Ek is besig om kos te maak en nie lus om te raai nie, dus antwoord ek met: Vertel maar, ek dink nie ek sal kan raai nie. En toe wys hy die pragtige kaartjie, ons is na 'n Kazakh-troue genooi, die bruidegomgedeelte van die troue. En … Lees voort ‘n Paar minute in Aspoestertjie se skoene …

Heimweë van ‘n plaasdogter

Kreukels en plooie het ons vanuit Nieu-Zeeland uitgedaag om vandag ‘n blog te skryf. So op die wasdag. Oor een van ‘n paar woordtemas. Hier is myne, ek het die plaastema gekies. Vandag dink ek met heimweë aan my grootworddae as ‘n plaasmeisie [my pa het eers plasie by Modderfontein gehuur (geboortde tot einde standerd … Lees voort Heimweë van ‘n plaasdogter

Öskemendam: ‘n Stukkie geskiedenis in beeld

Ek dreig lankal om mooi foto's van Öskemen dam te deel. Dit voel soos Harties se dam, maar die water is skoon. Ruik nie soos daardie groen plante nie, kan selfs na vis ruik. Ons was skaars hier toe ons daarheen geneem is vir 'n spanbouoefening. En hierdie dam hou 'n wêreldrekord. Moeilik om al … Lees voort Öskemendam: ‘n Stukkie geskiedenis in beeld

‘n Nuwe vriendin in Qazaqstan

Ek het so ruk terug vertel dat ek die dag op pad was om 'n jong vrou in Qazaqstan te ontmoet. Ek het ook vertel hoe dit gebeur het dat ons 'n koffie afspraak gehad het. En dat ek oorweeg het om nie te gaan nie, omdat ek nie maklik vriendinne maak nie. Dankie aan … Lees voort ‘n Nuwe vriendin in Qazaqstan