Ons eie wors in Qazaqstan

Ek het al vertel dat my pa eers 'n blokman was en later sy eie slaghuise besit het. Ek het ook vertel dat ons basies in slaghuise grootgeword het. Want ons kinders is nooit alleen gelos nie. Waar my ouers was, daar was ons. Ek het nie vertel dat my pa later jare 'n slagkamer … Lees voort Ons eie wors in Qazaqstan

Ust-polisie kan nie ‘n geel nommerplaat uitlos nie!

Ek het al vertel dat ons probleme met die polisie kry. Omdat ons 'n geel nommerplaat het. En dit moet ons hê, omdat ons expats is. En daar is min geel nommerplate in Ust. Daarom staan ons soos 'n seer oog uit. Ek het ook vertel ons moes baie opoffer om Dusty op ons eie … Lees voort Ust-polisie kan nie ‘n geel nommerplaat uitlos nie!

Die vreugdes en verdriet van sosiale media

Vandag wil ek sommer net gesels oor die vreugdes en verdriet van sosiale media. Ek begin met die groepe mense wat ek nie kan verstaan nie. Die eerste groep mense wat ek nie verstaan nie, is diegene wat my onsigbaar op Facebook en ander sosiale media volg. Nie diegene wat my volg omdat hulle geniet … Lees voort Die vreugdes en verdriet van sosiale media

Om ‘n naaimasjien in Qazaqstan te koop

Ek het 'n Bernina tuis. En ek lief haar. Was altyd Elna-aanhanger, maar toe bied Bernina beter diens in Roodepoort. Maar my omkapmasjien is steeds 'n Elna. Die twee moes tuis bly toe ons na Qazaqstan toe kom. Omdat die twee make nie hier te koop is nie. Hier is Janome groot. En vreemde ander … Lees voort Om ‘n naaimasjien in Qazaqstan te koop

Die Russe (Qazaqs) sal ek nie verstaan nie

Na vier maande in Ust-Kamenogorsk, Qazaqstan. is daar 'n paar goed van die Russe/Qazaqs wat ek nie verstaan nie. Sommiges frustreer my, ander pla my en nog ander sou ek net wou verstaan. Hier is 'n paar. Fyn taaletiket versus onbeskof Een van die opvallendste dinge is die fyn etiket in die taal waarop hulle … Lees voort Die Russe (Qazaqs) sal ek nie verstaan nie

Beperking op gewig van tasse na Qazaqstan

Ons is mos op 2 Maart 2019 met ons vier groot tasse (32 kg elk, Lufthansa besigheidsklas), vier klein tasse (8 kg elk) en my handsak na Qazaqstan om vir drie jaar hier te kom woon en werk. Hierdie 40 kg per persoon beperking was egter nie genoeg om alles wat ons hier gaan mis, … Lees voort Beperking op gewig van tasse na Qazaqstan