My kinders se sêgoed

Ek lees gister Kameel, een van my blogvriende, het haar kinders se sêgoed neergeskryf. Genade tog, ek wens ek het. Want mens vergeet baie van die oulike goed waarmee hulle vorendag gekom het. 'n Paar daarvan steek tog in mens se kop vas. Daarom gaan ek dit sommer nou vaspen! Dollatjie was nog baie klein … Lees voort My kinders se sêgoed

Resep vir tuisgemaakte hamburger rolletjies

Kan jy raai dat daar 'n land is waar nie baie van die mense hamburgers eet nie? Daarom is hamburger rolletjies ook nie te koop nie. Wel, daar is. Qazaqstan. Dalk is dit anders is die ou hoofstad (Almaty) of die nuwe hoofstad (Nur-Sultan). Maar in Ust is hamburgers so skaars soos hoendertande. Hier is … Lees voort Resep vir tuisgemaakte hamburger rolletjies

Как путь? Нет? Wat sê sy?

Ek sukkel nog so bietjie om te verwerk dat die mense hier dink dat ek van Russiese afkoms is. Want dit skep 'n probleem. Hulle stop my op straat en vra my vrae. Die verkeerspolisie ignoreer manlief en praat met my. Want ek lyk soos 'n Rus. Sê hulle. En ek het geen benul wat … Lees voort Как путь? Нет? Wat sê sy?

Om in temperature kouer as my vrieskas te oorleef

So drie jaar gelede kyk ek so na Nico Veltman, 'n skoolvriend wat in Amerika bly, se foto's op Facebook. Sneeu net waar jy kyk. En ek dink so by myselwers. dankie, maar nee dankie! Daar sal ek nie gaan bly nie. Ek hou van koel, vrieskastemperature is egter om vleis vars te hou. Te … Lees voort Om in temperature kouer as my vrieskas te oorleef

Resep vir Sitrusstroop vir Sitrustee

Ek het 'n nuwe liefde ontdek. Sitrustee. Mens kry tot sakkies met pomelotee. Van Tess. Maar toe ontdek ek 'n piepklein koffiewinkeltjie. Eintlik 'n container wat in 'n koffiewinkeltjie omskep is. Wat wegneem koffie en tee maak. En sitrustee. Sy gooi sitrusstroop in die koppie, dan 'n skyfie pomelo en dan 'n teesakkie. En dan … Lees voort Resep vir Sitrusstroop vir Sitrustee

Die wonder van ‘n nuwe lewetjie

Jare gelede, toe ek met my dogter swanger was, het die dokter een sonar gedoen om te kyk of alles reg is. En nie weer nie. Toe was daar nie iets soos 4-dimensionele sonars nie. Alhoewel ek gesukkel het om te sien wat die dokter sien, was ek klaar verlief op die babatjie wat op … Lees voort Die wonder van ‘n nuwe lewetjie

As dokters en dieetkundiges tog maar die waarde van dr Google besef

Ek wip my sommer uit my kassie as dokters en dieetkundiges hulle oë rol en praat oor mense wat op Dr Google staatmaak. As jy vertel dat jy raad vir jou probleem gekry het. Toe jy jou simptome geGoogle het. Sulke mense maak of hulle alles weet. Ons weet tog hulle doen nie? Ons was … Lees voort As dokters en dieetkundiges tog maar die waarde van dr Google besef