Wat maak blogging anders as ander sosiale media?

Ek het hierdie blog op 15 Augustus begin. En vandag eers klaar gemaak. Nadat Toortsie gesê het dat ek haar tot 'n inskrywing oor blogland geïnspireer het. Voordat ek hare lees. Om te kyk hoe ons twee en ander blogmaats oor blog voel. Ek het nog altyd gedink dat blogging 'n eensame ervaring is. Tog … Lees voort Wat maak blogging anders as ander sosiale media?

Wat is ‘n towerin?

Ek is 'n taaljuffrou, het bykans my hele loopbaan deur vir tweede taal kinders Afrikaans as vak aangebied. En tog vang Mia my die week onverwags uit. Toe ek haar vertel van die vervolgverhaal van die towerinne. En dat dit my beurt is om verder te vertel. "Joune? Skryf jy stories?" En ek kry 'n … Lees voort Wat is ‘n towerin?

Om juffrou van Staden te wees: Die begin

Ek het nie op hoërskool aandag gegee in die voorligtingklas nie. Nie die boeke gelees om 'n beroep vir my te soek nie. Was nie afgeskrik toe meneer sê dat onderwysers nie 'n goeie salaris kry nie. Want, ek het vandat ek die dag skool toe is geweet, dit is wat ek gaan word. 'n … Lees voort Om juffrou van Staden te wees: Die begin

Dominee is in die hospitaal

Gisteraand blaai ek so deur my Facebook en kom op 'n inskrywing van dominee Kobus Pienaar, ons predikant by Kruingemeente in Krugersdorp af. Afgeneem in die hospitaal. Luisterend na Brahms op sy oorfone. En sy kwinkslag en fyn gebruik van taal is in die inskrywing. My Kruin verander na My Kroon. Ons kroon is siek. … Lees voort Dominee is in die hospitaal

Hoofstuk 9. ‘n Geheime tonnel

Hierdie inskrywing is anders as die wat ek gewoonlik skryf. Dit vorm deel van 'n bloguitdaging wat 'n groep dames, bekend as die towerinne van Rebusfontein, uitdaag om 'n storie saam vertel. Aangesien elkeen van ons 'n karakter in die storie vertolk, moes ek kophou om te verstaan waar om aan te gaan. Jy moet … Lees voort Hoofstuk 9. ‘n Geheime tonnel

Dusty kry winterwiele in Qazaqstan

Ek het geskryf dat ek meer oor die koop van die winterbande gaan vertel. Ook dat dit teen 22 Oktober gaan sneeu. Nuutste voorspelling is dat dit reeds dié Vrydag gaan sneeu. 18 Oktober 2019. So wie is reg? Ons winterbande is dus betyds op. Hier kom die vertelling. Almal wil graag weet wat winterbande … Lees voort Dusty kry winterwiele in Qazaqstan

Sneeu? Oor minder as twee weke?

Ek het die week vertel dat manlief van die werk af gekom het met die nuus. Dit is tyd om winterwiele op te sit. Oor die bande self sal ek môre meer kan vertel. Want Dusty word môre met nuwe skoeisel opgetof. Goeie genugtig, vreemd om te dink dat jou kar ook winterskoene nodig het. … Lees voort Sneeu? Oor minder as twee weke?