Die wonder van ‘n nuwe lewetjie

Jare gelede, toe ek met my dogter swanger was, het die dokter een sonar gedoen om te kyk of alles reg is. En nie weer nie. Toe was daar nie iets soos 4-dimensionele sonars nie. Alhoewel ek gesukkel het om te sien wat die dokter sien, was ek klaar verlief op die babatjie wat op … Lees voort Die wonder van ‘n nuwe lewetjie

As dokters en dieetkundiges tog maar die waarde van dr Google besef

Ek wip my sommer uit my kassie as dokters en dieetkundiges hulle oë rol en praat oor mense wat op Dr Google staatmaak. As jy vertel dat jy raad vir jou probleem gekry het. Toe jy jou simptome geGoogle het. Sulke mense maak of hulle alles weet. Ons weet tog hulle doen nie? Ons was … Lees voort As dokters en dieetkundiges tog maar die waarde van dr Google besef

Ek moet Russies leer praat!

Toe ons hierheen getrek het, het ek besluit dat ek Russies moet leer praat. Intussen het die lus verflou, die taal is, soos ons in Afrikaans stel, Grieks. Enigste probleem is dat Grieks dalk veel makliker as Russies is om aan te leer, die Russe verwar mens nogal baie. Daarom het ek tot nou toe … Lees voort Ek moet Russies leer praat!

As ongeskiktheid tuis gekweek word …

Ek lees nou die dag 'n blog raak waarin videos van twee baie klein kindertjies gedeel word. In die eerste een is die seuntjie in gesprek met sy ma. Oor iets wat hy verkeerd gedoen het. My eerste reaksie daarop was dat dit nie snaaks is nie. Hy praat sy ma dood nog voordat sy … Lees voort As ongeskiktheid tuis gekweek word …

Selfs die son kruip vandag onder ‘n donskombers in

Dit het skielik koud geword. Of nee, die weer het ons tweetjies so twee weke gelede gewaarsku dat ons moet onthou dat ons in 'n belaglik koue land kom woon het. Dit was oornag subzero en ons moes dik aantrek om nie koud te kry nie. Ek is toe dadelik na die wolstalletjie toe. Mens … Lees voort Selfs die son kruip vandag onder ‘n donskombers in

Ons eerste sneeu val

Toe dit onlangs so koud was, het ek begin stres oor die winter wat kom. Die koue wind het deur my gesny. En ek is na die piepklein winkeltjie toe waar ek wol gesien het. Om serpe en musse te kan brei. Want dié winter gaan my nie sonder serpe en musse vind nie. Ek … Lees voort Ons eerste sneeu val

Lus vir potjie skaak in Qazaqstan?

Het ek al vertel? Dat die menu's in die restaurante in ons stad in Russies is? Ek neem aan jy het dit so verstaan, want ek skryf gereeld dat Russies hier in Qazaqstan gepraat word. Ek skryf ook dat baie min mense Engels verstaan. Engels is eers onlangs in skole ingebring. Met 'n slag, waarvan … Lees voort Lus vir potjie skaak in Qazaqstan?