Kersgety langs die Vaalrivier

Eendag was daar 'n pappa, 'n mamma en drie klein seuntjies. En 'n ouma en oupa. En 'n oom en 'n tannie en 'n nefie wat op pad is. Ek moes die storie so begin, met eendag. Die storie oor kersgety waarin Vuurvliegie verwag dat ek 'n aantal woorde, wat in vetgedruk aangedui word, gebruik … Lees voort Kersgety langs die Vaalrivier

My muse het verlof sonder toestemming geneem

Ek lag nou so lekker toe Vuurvliegie my laat weet dat die woorde vir haar woordsnoer die keer nie apart gegee word nie, want haar muse het haar so gelei. Sy is 'n wonderlike skryfster. Met 'n muse. Ek skryf sommer net vir die onthou. As ek eendag oud is. Het geen muse nie. Dink … Lees voort My muse het verlof sonder toestemming geneem

As mens jou ore uitleen …

Jy het seker gewonder waarom ek nie oor ons dik laag sneeu geskryf het nie? En so stil is. Laat ek dan maar vertel. In Januarie 2019 is ons na Qazaqstan. Om aan die bas te voel of ons in sulke uiterste temperatuur kan oorleef. Toe was dit -38 grade Celsius. Ek was doodbekommerd dat … Lees voort As mens jou ore uitleen …

Drie begrafnisse wat ‘n lewenslange indruk gelaat het

Begrafnisse is vir my hartseersake. Selfs al moet ek gaan omdat my man die mense geken het, nie ek nie. Ons het seker baie begrafnisse bygewoon toe ek klein was. Maar ek kan eerder die troues onthou. Ek het baie nefies en baie niggies gehad en die meeste is ouer as ek. Dus het ons … Lees voort Drie begrafnisse wat ‘n lewenslange indruk gelaat het

Lydende vorm: Maklik as jy paar reëls ken

* Taaluitdaging: gesels saam en voel vry om van my te verskil. Die lydende vorm is een van die maklikste taalkundige konsepte om vir kinders te leer, as mens 'n paar basiese reëls ken. Om 'n sin na die lydende vorm oor te skakel, moet die sin uit 'n onderwerp (doener), 'n werkwoord (doenwoord) en … Lees voort Lydende vorm: Maklik as jy paar reëls ken

Kyk die wolkmaker, Ma

Seun was nog baie klein toe ons een keer op die N1 vanaf Welkom na Johannesburg ry. Om by familie in Pretoria te gaan kuier. Dit was 'n wolklose dag. Toe ons naby Sasolburg kom, het die skoorstene van die kragstasie vog uitgepomp, wat in die lug opgesweef het om 'n wolk van vogtigheid te … Lees voort Kyk die wolkmaker, Ma

Om Afrikaans taaljuffrou te wees

Ek het Afrikaans op skool gehaat. Kon nie verstaan waarom ek gedigte moes ontleed nie. Het getwyfel of die juffrou weet wat die skrywers bedoel het. En dan moet ek dit vir die waarheid leer. Stories tot ver verby geniet ontleed. Kon nie verstaan waarom ek idiome moes leer nie. Ek het Geografie gelief. Wou … Lees voort Om Afrikaans taaljuffrou te wees