Boere Pizza in Qazaqstan: Thermomix

My gesin hou van pizza. Die kleinkinders kan met ‘n Hawain omgekoop word en manlief met ‘n Tika Chicken. Van brand hou ek nie, en ek moet ook van produkte wat van meel gemaak is, wegbly. Dus is ek nie regtig ‘n pizza-eter nie. Was op ‘n tyd, voor meel my begin kou het. Iedergeval, … Lees voort Boere Pizza in Qazaqstan: Thermomix

Tuisgemaakte framboos vrugtesap: Thermomix

Hier in Ust'-Kamenogorsk koop ons bevrore vrugte soos wat mens bevore groente in Suid-Afrika koop. In 1 kg of 5 kg pakke. Ek koop gereeld om die lekkerste 'smoothies' te maak as ons saans vir iets lekkers lus is. Thermie verander dit in 'n japtrap in 'n ysige lekkerte, wat ons in die somer of … Lees voort Tuisgemaakte framboos vrugtesap: Thermomix

Tuisgemaakte appelkooskonfyt in Qazaqstan – Thermomix

Gister het ek vertel van sago-poeding en dit het my teruggevat na my kinderjare. My ma het ons s'n met applekooskonfyt gemaak. Ek kan nou nie presies onthou hoe die resep gewerk het nie, maar ek het skielik lus gekry om appelkooskonfyt te maak. En ek weet, mense wat my ken sal dalk giggel, want … Lees voort Tuisgemaakte appelkooskonfyt in Qazaqstan – Thermomix

Heerlike Russiese lawa-poeding: Thermomix

Ons stad raak al interessanter. Aanvanklik kon ek geen bokskoeke en -poedings opspoor nie, alles word hier van resepte af gemaak. En koekbak was een groot gesukkel, want ek moes eers leer wat meel, bakpoeier en koeksoda, gemmer en botter in Russies is. Botter lyk nie soos die botter wta ek ken nie. En toe … Lees voort Heerlike Russiese lawa-poeding: Thermomix

Vinnige blaardeegresep vir Thermomix

Ek koop gewoonlik blaardeeg, want ek het nie geweet dit is so maklik om die self te maak nie. Wel, met Thermie is dit regtig eenvoudig en maklik, ek het nie eens die deeg gaan koud maak nie. Bestanddele 130 g koekmeel 140 g yskoue botter 1/4 t sout 60 g yskoue water Metode Sny … Lees voort Vinnige blaardeegresep vir Thermomix

Resep vir tuisgemaakte hamburger rolletjies

Kan jy raai dat daar 'n land is waar nie baie van die mense hamburgers eet nie? Daarom is hamburger rolletjies ook nie te koop nie. Wel, daar is. Qazaqstan. Dalk is dit anders is die ou hoofstad (Almaty) of die nuwe hoofstad (Nur-Sultan). Maar in Ust is hamburgers so skaars soos hoendertande. Hier is … Lees voort Resep vir tuisgemaakte hamburger rolletjies

Resep vir Sitrusstroop vir Sitrustee

Ek het 'n nuwe liefde ontdek. Sitrustee. Mens kry tot sakkies met pomelotee. Van Tess. Maar toe ontdek ek 'n piepklein koffiewinkeltjie. Eintlik 'n container wat in 'n koffiewinkeltjie omskep is. Wat wegneem koffie en tee maak. En sitrustee. Sy gooi sitrusstroop in die koppie, dan 'n skyfie pomelo en dan 'n teesakkie. En dan … Lees voort Resep vir Sitrusstroop vir Sitrustee

Broodbakdag in Qazaqstan: ‘n Thermomix resep vir brood

Verlede week kry ek die blink plan oor hoe om brood in Qazaqstan vars te hou. Voorheen het ek twee keer gebak, maar die helfte van die brood word weggegooi omdat dit oud is. En ek doen nie al daardie moeite om brood weg te gooi nie. Dus het ek intussen vetkoek gebak en twee-twee … Lees voort Broodbakdag in Qazaqstan: ‘n Thermomix resep vir brood

Thermie se groen breinkrag

Toe ek my Thermomix twee jaar gelede gekoop het, wou die baie irriterende verkoopsvrou 'n Cookkey aan my verkoop. Ek wou niks weet nie. Sy het my reeds R18 000 uit die sak gejaag, vir 'n masjien wat op die oog as baie eenvoudig lyk. En die cookkey het R2000 gekos. Resepteboeke word in ronde … Lees voort Thermie se groen breinkrag

Grace se piesangbrood

Naweke by die rivier is salig. As ons nie broodpanne hier het nie, gebruik ons sommer 'n vierkantige koekpan. Grace het haar resep aangepas om vinnig en maklik in my Thermomix te maak. Bestanddele 115 gram botter 250 gram suiker 260 gram bruismeel 2 teelepels bakpoeier knippie sout 2 eiers 6 piesangs vanielje geursel Metode … Lees voort Grace se piesangbrood

Smullekker sjokoladekoek – Thermomix

Ek het die sjokoladekoekresep in die Thermomix Basic Cookbook aangepas en dit is heerlik. Supersag, smelt in die mond koek met 'n boonste lagie wat effens krakerig is en in mens se mond smelt! Die koek het geen versiering nodig nie, dit gee eerder die idee van brownies, my seun se gunsteling gebak. Bestanddele 140 … Lees voort Smullekker sjokoladekoek – Thermomix

Vars appelsap – Thermomix

Manlief vra toe of ek nie appelsap kan maak nie, dus volg ek sus Janet se raad en Google. Net om te lees dat dit so moeilik is dat mens liewer die sap gaan koop. Dit is nie waar nie. Ek het 'n paar resepte gemeng en aangepas en die eerste probeerslag was hemels.  Bestanddele 6 appels, … Lees voort Vars appelsap – Thermomix

Pannekoek – Thermomix

'n Smullekker happie vir Sondagaande. Dié wat nie opgeëet word nie, dien die volgende oggend as smulhappies in kosblikke.    Pannekoek (Crêpes, The Basic Cook Book, bladsy 48) (Genoeg vir 10 pannekoeke) Bestanddele 50g botter 250g koekmeel 500g melk 200g water 4 eiers knippie sout Metode Plaas botter in die TM-beker Smelt 2 minute teen … Lees voort Pannekoek – Thermomix

Gestoomde groente en vleis – Thermomix

'n Ou gunsteling, aangepas om in my Thermomix gaar te maak. Bestanddele 250g maalvleis 50g koekmeel 1 eier sout en peper na smaak 40g brood, gekrummel 1 ui 4g olyfolie 5 aartappels, geskil 250g bevrore groente 3 varkworsies 900g water 50g kaas, in blokkies gesny 20g room pietersielie Metode Voeg water in die TM-houer Sny aartappels … Lees voort Gestoomde groente en vleis – Thermomix

Dadelballetjies – Thermomix

Aangesien manlief onlangs diabetis ontwikkel het, bak en brou ek nou sonder suiker. Hierdie resep is heerlik soet, maar geen suiker is bygevoeg nie. Vinnig en maklik in my Thermomix gemaak. Maak ongeveer 20 balletjies. Bestanddele 50g klapperolie 225g gemengde okkerneute en amandels 320g los dadels 100g klapper 5g sout 5g vaniljedruppels ekstra klapper om balletjies … Lees voort Dadelballetjies – Thermomix

Tamatie en basilsous vir Thermomix

Ek het vanaand pap in my Thermomix gemaak en dit het heerlik uitgekom. Natuurlik wou manlief hê dat ek 'n sous vir die pap maak, dus het ek my sous aangepas om in die TM-houer te maak. Bestanddele 4-6 tamaties, baie ryp, in helfte gesny 1 groot ui, in helfte gesny 5g basielkruid sout en … Lees voort Tamatie en basilsous vir Thermomix