Broodbakdag in Qazaqstan: ‘n Thermomix resep vir brood

Verlede week kry ek die blink plan oor hoe om brood in Qazaqstan vars te hou. Voorheen het ek twee keer gebak, maar die helfte van die brood word weggegooi omdat dit oud is. En ek doen nie al daardie moeite om brood weg te gooi nie. Dus het ek intussen vetkoek gebak en twee-twee … Lees voort Broodbakdag in Qazaqstan: ‘n Thermomix resep vir brood

Grace se piesangbrood

Naweke by die rivier is salig. As ons nie broodpanne hier het nie, gebruik ons sommer 'n vierkantige koekpan. Grace het haar resep aangepas om vinnig en maklik in my Thermomix te maak. Bestanddele 115 gram botter 250 gram suiker 260 gram bruismeel 2 teelepels bakpoeier knippie sout 2 eiers 6 piesangs vanielje geursel Metode … Lees voort Grace se piesangbrood

Smullekker sjokoladekoek – Thermomix

Ek het die sjokoladekoekresep in die Thermomix Basic Cookbook aangepas en dit is heerlik. Supersag, smelt in die mond koek met 'n boonste lagie wat effens krakerig is en in mens se mond smelt! Die koek het geen versiering nodig nie, dit gee eerder die idee van brownies, my seun se gunsteling gebak. Bestanddele 140 … Lees voort Smullekker sjokoladekoek – Thermomix

Vars appelsap – Thermomix

Manlief vra toe of ek nie appelsap kan maak nie, dus volg ek sus Janet se raad en Google. Net om te lees dat dit so moeilik is dat mens liewer die sap gaan koop. Dit is nie waar nie. Ek het 'n paar resepte gemeng en aangepas en die eerste probeerslag was hemels.  Bestanddele 6 appels, … Lees voort Vars appelsap – Thermomix

Pannekoek – Thermomix

'n Smullekker happie vir Sondagaande. Dié wat nie opgeëet word nie, dien die volgende oggend as smulhappies in kosblikke.    Pannekoek (Crêpes, The Basic Cook Book, bladsy 48) (Genoeg vir 10 pannekoeke) Bestanddele 50g botter 250g koekmeel 500g melk 200g water 4 eiers knippie sout Metode Plaas botter in die TM-beker Smelt 2 minute teen … Lees voort Pannekoek – Thermomix

Gestoomde groente en vleis – Thermomix

'n Ou gunsteling, aangepas om in my Thermomix gaar te maak. Bestanddele 250g maalvleis 50g koekmeel 1 eier sout en peper na smaak 40g brood, gekrummel 1 ui 4g olyfolie 5 aartappels, geskil 250g bevrore groente 3 varkworsies 900g water 50g kaas, in blokkies gesny 20g room pietersielie Metode Voeg water in die TM-houer Sny aartappels … Lees voort Gestoomde groente en vleis – Thermomix