Boere Pizza in Qazaqstan: Thermomix

My gesin hou van pizza. Die kleinkinders kan met ‘n Hawain omgekoop word en manlief met ‘n Tika Chicken. Van brand hou ek nie, en ek moet ook van produkte wat van meel gemaak is, wegbly. Dus is ek nie regtig ‘n pizza-eter nie. Was op ‘n tyd, voor meel my begin kou het. Iedergeval, … Lees voort Boere Pizza in Qazaqstan: Thermomix

Tuisgemaakte framboos vrugtesap: Thermomix

Hier in Ust'-Kamenogorsk koop ons bevrore vrugte soos wat mens bevore groente in Suid-Afrika koop. In 1 kg of 5 kg pakke. Ek koop gereeld om die lekkerste 'smoothies' te maak as ons saans vir iets lekkers lus is. Thermie verander dit in 'n japtrap in 'n ysige lekkerte, wat ons in die somer of … Lees voort Tuisgemaakte framboos vrugtesap: Thermomix

Tuisgemaakte appelkooskonfyt in Qazaqstan – Thermomix

Gister het ek vertel van sago-poeding en dit het my teruggevat na my kinderjare. My ma het ons s'n met applekooskonfyt gemaak. Ek kan nou nie presies onthou hoe die resep gewerk het nie, maar ek het skielik lus gekry om appelkooskonfyt te maak. En ek weet, mense wat my ken sal dalk giggel, want … Lees voort Tuisgemaakte appelkooskonfyt in Qazaqstan – Thermomix

Heerlike Russiese lawa-poeding: Thermomix

Ons stad raak al interessanter. Aanvanklik kon ek geen bokskoeke en -poedings opspoor nie, alles word hier van resepte af gemaak. En koekbak was een groot gesukkel, want ek moes eers leer wat meel, bakpoeier en koeksoda, gemmer en botter in Russies is. Botter lyk nie soos die botter wta ek ken nie. En toe … Lees voort Heerlike Russiese lawa-poeding: Thermomix

Vinnige blaardeegresep vir Thermomix

Ek koop gewoonlik blaardeeg, want ek het nie geweet dit is so maklik om die self te maak nie. Wel, met Thermie is dit regtig eenvoudig en maklik, ek het nie eens die deeg gaan koud maak nie. Bestanddele 130 g koekmeel 140 g yskoue botter 1/4 t sout 60 g yskoue water Metode Sny … Lees voort Vinnige blaardeegresep vir Thermomix

Resep vir tuisgemaakte hamburger rolletjies

Kan jy raai dat daar 'n land is waar nie baie van die mense hamburgers eet nie? Daarom is hamburger rolletjies ook nie te koop nie. Wel, daar is. Qazaqstan. Dalk is dit anders is die ou hoofstad (Almaty) of die nuwe hoofstad (Nur-Sultan). Maar in Ust is hamburgers so skaars soos hoendertande. Hier is … Lees voort Resep vir tuisgemaakte hamburger rolletjies

Resep vir Sitrusstroop vir Sitrustee

Ek het 'n nuwe liefde ontdek. Sitrustee. Mens kry tot sakkies met pomelotee. Van Tess. Maar toe ontdek ek 'n piepklein koffiewinkeltjie. Eintlik 'n container wat in 'n koffiewinkeltjie omskep is. Wat wegneem koffie en tee maak. En sitrustee. Sy gooi sitrusstroop in die koppie, dan 'n skyfie pomelo en dan 'n teesakkie. En dan … Lees voort Resep vir Sitrusstroop vir Sitrustee