PicCollage vir my titels en foto’s

Ek gebruik PicCollage om twee redes vir my WordPress plasings. Eerstens hou ek daarvan dat die prente 'n eenheid moet vorm as iemand deur my blog blaai, elkeen met die titel in die foto om die plasing aan te kondig. Tweedens verminder ek die grootte van foto's omdat ek ses foto's in een foto kan … Lees voort PicCollage vir my titels en foto’s

Boekresensie: Speurder Kwaaikofski

Hierdie boekresensie is deur 'n 9-jarige seuntjie geskryf wat baie, baie daarvan hou om te lees. En dit doen hy oral waar hy kan. In die kar, as sy werk klaar is, as hy klaar met sy boeties gespeel het, wanneer hulle moet gaan slaap en hy nog wakker mag bly. Kliek gerus op die … Lees voort Boekresensie: Speurder Kwaaikofski

Boekresensie: Die vlerke van naaldekokers

Hierdie boekresensie is die eerste van vele waarin ek die geskiktheid van boeke en veral voorgeskrewe boeke gaan beoordeel, met 'n spesifieke fokus op handboeke en voorgeskrewe boeke vir die Afrikaanse klaskamer. *** Die vlerke van naaldekokers, deur Cecilia Steyn, trek die leser van die eerste bladsy af in die lewe van Kylie in en … Lees voort Boekresensie: Die vlerke van naaldekokers

Selfstandige naamwoorde

Die selfstandige naamwoord (s.nw) is ‘n woord wat na 'n persoon, plek, ding, gebeurtenis, voorwerp of eienskap verwys. Hierdie woorde word die meeste van die tyd aan aan een of meer van drie eienskappe gekenmerk, maar daar is uitsonderinge. Dus moet jy die drie eienskappe ken dat jy die woord kan toets en ook die … Lees voort Selfstandige naamwoorde

Om ‘n Voortrekkerjuffrou te wees ..

Ek was ‘n Voortrekker as kind en toe ek matriek was, het ek vir Voortrekkerjuffrou gespeel. Ek kan nie eens meer onthou hoe dit was nie, maar ek kan onthou dat ek in my hele hoërskoollewe net een dag nie by die skool was nie en steeds 100% skoolbesoek gekry het. Omdat ek deel van … Lees voort Om ‘n Voortrekkerjuffrou te wees ..

Ouers, nou is die tyd om halt te roep

Die Covid-19 pandemie het 'n slegte impak op skole. Nie alleen is skole gesluit nie, maar baie onderwysers sit sonder werk omdat hulle kontrakte het. Dit, terwyl voorspellings lank voor die inperkings reeds daarop gedui het dat die pandemie se impak op Suid-Afrika laag kan wees, omdat ons kinders ingeënt word. Soos in Indië, waar … Lees voort Ouers, nou is die tyd om halt te roep

As leerders weet dat juffrou kan brei

Dit is interessant hoe die lewe werk. As jy 'n juffrou was. Die meeste leerders maak nooit weer kontak met jou nie, selfs al het jy hoeveel vakansies opgeoffer om hulle na atletiekbyeenkomste en hokkietoere aan te ry. Behalwe as hulle jou op straat raakloop, dan gesels hulle eers gou ... Selfs al was jou … Lees voort As leerders weet dat juffrou kan brei

Eindig woord op d of t?

Ons taal is 'n taal wat kinders kan verwar. Veral wanneer letters soortgelyk kan klink maar anders gespel word. Die Russe het 'n ander plan. Hulle spel woorde met die regte letter en dan word kinders geleer watter letters sagter maatjies het sodat hulle die woorde reg uitspreek. Julle sal nogal verras wees om te … Lees voort Eindig woord op d of t?

Lydende vorm: Maklik as jy paar reëls ken

* Taaluitdaging: gesels saam en voel vry om van my te verskil. Die lydende vorm is een van die maklikste taalkundige konsepte om vir kinders te leer, as mens 'n paar basiese reëls ken. Om 'n sin na die lydende vorm oor te skakel, moet die sin uit 'n onderwerp (doener), 'n werkwoord (doenwoord) en … Lees voort Lydende vorm: Maklik as jy paar reëls ken

Om Afrikaans taaljuffrou te wees

Ek het Afrikaans op skool gehaat. Kon nie verstaan waarom ek gedigte moes ontleed nie. Het getwyfel of die juffrou weet wat die skrywers bedoel het. En dan moet ek dit vir die waarheid leer. Stories tot ver verby geniet ontleed. Kon nie verstaan waarom ek idiome moes leer nie. Ek het Geografie gelief. Wou … Lees voort Om Afrikaans taaljuffrou te wees

WOW, kleinseun kan spel!

Kleintyd het ek al geweet dat ons oudste kleinkind, 'n seuntjie, 'n talent vir taal het. 'n Aanleg. 'n Bewuswees van taalmonstruksie. Ver bo sy ouderdom. Vandat hy baba was, het hy saans stilgesit vir 'n storieboek. Nie paar sinne nie, die hele boek! En as ouma anders lees as wat daar staan omdat ek … Lees voort WOW, kleinseun kan spel!

Om ‘n Afrikaans vakonderwyser te wees

Ek, wat nie daarvan gehou het om Afrikaans te leer nie, het, vir my straf, bykans my hele onderwysloopbaan Afrikaans as vak aangebied. Eerste Taal, Tweede Taal, na 1994 bekend as Huistaal en Eerste Addisionele Taal. En Immigrant-Afrikaans. In my tyd het immigrante drie jaar grasie gekry, dan moes hulle die vak deurkom. Groot druk … Lees voort Om ‘n Afrikaans vakonderwyser te wees

Android toeps vir leerders wat probleme met lees en skryf ervaar

Die Universiteit van Edinburgh, Skotland, het in 2015 'n visuele dokument (android-apps-for-learners-with-dyslexia) geskep waarin verskeie toeps, wat gebruik kan word om kinders wat lees- en skryfprobleme ervaar te help, voorgestel word. Die glansfoto beeld die wiel uit, maar dit kan beter gelees word as jy op die bostaande skakel kliek om die dokument oop te … Lees voort Android toeps vir leerders wat probleme met lees en skryf ervaar

Huiswerk? Of nie?

Ek het 'n Facebook-groep begin om onderwysers aan te moedig om bymekaar te leer. Alhoewel ek die onderwysers aanmoedig om hulle vrae daar te vra, kry ek gereeld privaatboodskappies waarin hulle my mening oor 'n saak vra. Interessante briefie wat ek vanoggend van 'n lid van die groep gekry het, lui dat 'n ouer vir … Lees voort Huiswerk? Of nie?