Skryfster: Elizabeth Wasserman Elf dae in New York handel oor 'n tiener skooldogter wat 'n skoonma gekry het van wie sy nie baie hou nie. Die vrou is soveel anders as haar ma, wat oorlede is. Sy en die stiefsuster, wat in New York mode-ontwerp studeer, het dan ook nie ooghare vir mekaar nie - … Lees voort Boekresensie: Elf dae in New York
Kategorie: Boekresensies
Resensie TV-reeks: Afgrond
Ek is 'n absolute ondersteuning van Afrikaanse TV-reekse, stories, flieks en musiek. Nie tot op die vlak waar ek enige iets as goed sal beskryf nie, maar ek gee die Afrikaanse werke 'n goeie kans voordat ek dit afskiet en nie verder kyk of luister nie. Afgrond is - soos Lioness - 'n Suid-Afrikaanse TV-reeks. … Lees voort Resensie TV-reeks: Afgrond
Boekresensie: James en die reuse perske
Nog 'n boekresensie uit die pen van die 9-jarige Chrisjan. Ek geniet sy resensies vreeslik baie, die taalgebruik van 'n seuntjie wat dit geniet om boeke te lees. En nou verwag sy ouma van hom om resensies oor die boeke te skryf. Sy foto's ter illustrasie word al hoe ouliker. Kliek op die foto om … Lees voort Boekresensie: James en die reuse perske
Boekresensie: Donker drif
Iewers in my lewe het ek 'n hekel aan dik boeke gekry. Tussen skoolhou en kinders groot maak en self studeer en navorsing, is daar nie tyd om dik boeke te lees nie. En ek word nie in vrede gelaat om my boeke te lees nie, ek moet by al die huishoudelike take ook uitkom. … Lees voort Boekresensie: Donker drif
Boekresensie: Hondman
Nog 'n boekresensie uit die pen van Chrisjan (9). Hy is darem een van die dae 10, sy ouma spot lekker dat hy nou 'n tiener is. Dan reageer sy mamma met: "Nee, eers op 13!" en dan lag ons twee soos samesweerders ... Ek is sy ouma, dus is ek baie subjektief hoor. Maar … Lees voort Boekresensie: Hondman
Boekresensie: Die seerowers en die spookskip
Nog 'n resensie deur die 9-jarige Chrisjan. Hy verslind boeke, daarom is die uitdaging aan hom gestel om resensies oor die boeke te skryf. Kliek asseblief op die foto om na die resensie geneem te word, dit is op my ander webwerf, begaafdekind.com gepubliseer.
Boekresensie: Branderjaer
Branderjaer deur Joha van Dyk speel af in die Wes-Kaapse stranddorp Stormbaai. Dit vertel die liefdesverhaal van Louw Swanepoel, seun uit die onderdorp en Deidre Anker, rykmansdogter. Deidre het Louw en sy vier maats aanvanklik verfoei omdat hulle gevaarlike goed gedoen het om aandag te trek. Soos om van kranse af te spring en video's … Lees voort Boekresensie: Branderjaer
Boekresensie: Die vlerke van naaldekokers
Hierdie boekresensie is die eerste van vele waarin ek die geskiktheid van boeke en veral voorgeskrewe boeke gaan beoordeel, met 'n spesifieke fokus op handboeke en voorgeskrewe boeke vir die Afrikaanse klaskamer. *** Die vlerke van naaldekokers, deur Cecilia Steyn, trek die leser van die eerste bladsy af in die lewe van Kylie in en … Lees voort Boekresensie: Die vlerke van naaldekokers