Gepubliseer in Joernaal,kleinkinders

Five little monkeys jumping on the bed … OK

Kyk, hierdie kleinseuntjie van my is baie snaaks. baie, baie snaaks. Hy was einde Oktober maar twee jaar en ses maande oud, dus is hy regtig nog klein.

Maar, hy verstaan stories en hy voer dit wat hy sien nog op ook!

In Engels.

So kyk ons net-nou na Cocomelon se Five Little Monkeys Jumping on the Bed.

En daar gaan die mannetjie, uit die stoepkamer waar ons TV kyk en weg is hy met:

Four monkeys jump on the bed. OK?

Toe volg ek hom, want ek raai net dat hy dit gaan opvoer.

En so waar, hy is klaar op my bed (wat baie hoog is).

Spring so paar spronge, rol van die bed af met ouma wat help keer dat hy seer val en daar lê hy en maak of hy huil.

O ja, hy kan maak of hy huil!

So hmm,oe, a, iets soos dit.

Ek kyk af na die ou gesiggietjie wat toneel speel.

En vra heel besorg:

Are you ok?

En hy antwoord:

I am ok!

En op is hy, terug TV toe want daar is nog ‘n storie om uit te speel.

Die keer is hy siek, maak of hy hoes so saam met die tekenpoppie en kyk vir my so asof hy regtig siek is.

Toe ek vra of hy OK is, vra hy medisyne.

Toe speel ouma maar saam, gaan haal een Smartie en hy is heel tevrede, die mesisyne werk!

En ek wens: Mag hy so oulik wees in sy Afrikaanse klas. En mag sy juffrou dit aanspoor. As sy nie doen nie, sal ouma tuis steeds sy gehoor wees.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

8 gedagtes oor “Five little monkeys jumping on the bed … OK

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.