Gepubliseer in Akademies

Vergelyking van Telegram, Signal en WhatsApp om ‘n geskikte een voor te stel

Soos beloof, deel ek die skakel na die artikel omdat dit vandag op LitNet Akademies gepubliseer is.

Ek is opgewonde, al is dit die 15de artikel wat gepubliseer word. Mens moet seker soos ‘n ou hand voel? Maar ek doen nie.

Elke keer weet ek nie of dit goed genoeg geag gaan word om gepubliseer te word nie. Of keurders dit gaan Ja of Nee?

Iedergeval, ek is deur daardie stresvolle maand wanneer hulle lees en besluit. En dit was so effens langer omdat die een keurder siek was.

Ek wonder of die artikel reaksie gaan uitlok?

Of ander navorsers daarna gaan verwys? Ek het al ‘n hele paar verwysings, maar ek dink ek sal nogal daarvan hou as hierdie een die 10 mylpaal maak.

Dit sal wonderlike wees as die artikel reaksie uitlok.

Veral omdat ek soveel moeite gedoen het om die vergelykings te tref. Ook indien ander navorsers dit gaan toepas en verslag lewer oor my bevindings.

Ek het vir die eerste keer met vergelykende navorsing gewerk. ‘n veld wat ek soort van vermy het. Al vergelyk ek altyd om die beste te kies.

Dit sal lekker wees as die bevindinge veroosaak dat mense anders na toeps kyk. Ander besluite neem. Beter toeps kies.

So, hier is die skakel.

En nou wonder ek …

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

3 gedagtes oor “Vergelyking van Telegram, Signal en WhatsApp om ‘n geskikte een voor te stel

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s