Gepubliseer in Akademies

Homonieme …

‘n Homoniem is ‘n woord wat net soos ‘n ander woord gespel word, maar waarvan die betekenis verskil.

In Afrikaans is daar baie woorde wat dieselfde gespel word, maar wat nie dieselfde betekenis het nie. Ek noem ‘n paar voorbeelde om die term te verduidelik.

Die woord hol is onlangs deur ‘n seuntjie op die TV-program Kyk Wie Praat gebruik om na sy boud te verwys. Dit was baie snaaks. Die vraag was of hy in ‘n Lego-huis sou wou bly en sy antwoord was: Nee! As ek wil gaan sit, gaan die blokkies in my hol insteek. In hierdie konteks is dit ‘n woord wat mens nie in goeie geselskap gebruik nie. Jy praat eerder van jou boud. Die woord hol het baie betekenisse:

  1. Ek hol vinnig beteken (hardloop).
  2. Die boomstam is hol (het ‘n gat binne).
  3. Ek hol die brood uit (haal die sagte binnekant uit)
  4. Sy beloftes is hol (waardeloos)
  5. Die stam klink hol (asof dit gat in het)

‘n Ander voorbeeld van ‘n homoniem is die woord leer.

  • Ek leer hard (learn) beteken dat ek hard studeer.
  • My kous het ‘n leer (ladder) in.
  • Ek staan op die leer (ladder) om bo-op die kas te kyk.

Nog ‘n voorbeeld van ‘n homoniem is die woord ruit.

  • Ek kyk deur die ruit (glas van venster).
  • Ek verkies ‘n ruit vorm (vorm – skuinsgedrukte vierkant)

‘n Ander voorbeeld van ‘n homoniem is die woord weer.

  • Die weer is koel vandag (weather)
  • Ek gaan dit weer doen (again)
  • Hy is deur die weer. (Weet nie so mooi wat hy doen nie)

Indien twee woorde dieselfde klink, maar anders gespel word en ‘n ander betekenis het, word dit ‘n homofoon genoem (sien volgende inskrywing).

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s