Gepubliseer in Foto-stories & uitdagings,Geografie

Wit boomstamme in Kazakhstan …

Ek lees onlangs ‘n blog wat iemand geskryf het nadat sy drie maande in Kazakhstan gebly het. Sy noem 10 goed wat vir haar uitgestaan het. Ek kon my in elkeen daarvan inleef omdat dit my aan my ervaring in Kazakhstan herinner.

Ek fokus vandag op een daarvan.

In Kazakhstan word die onderste deel van elke liewe boom in die lente wit geverf. En ek het my eie teoriegehad waarom. Dus het ek nooit gaan Google waarom dit gedoen word nie.

Volgens haar is dit om insekte weg te hou, maar sy het gedink dat dit eintlik net baie “cool” was. Wel ek het ook baie daarvan gehou, dit was vir my opvallend. Veral omdat bome langs die pad ook geverf word. Maar, soos ek gesê het, het ek my eie teorie gehad waarom dit gedoen word.

Dus moes ek Google om uit te vind of sy of ek reg is …

Sommiges beweer dat die onderste kwart van die bome wit geverf word om insekte weg te hou. Te keer dat die stamme verswak word. En dan insekte in die stamme nesmaak. Dus ‘n spesifieke gedeelte van elke boom.

Ander beweer dat dit die stamme sterk maak en verhoed dat die bome te vinnig in die lente bot. Vir my klink dit na ‘n baie goeie rede aangesien dit in die lente van 2020 nog gesneeu het. Ons het Maslenitsa (die brand van ‘n pop om die winter weg te jaag) gevier toe ons nog met dik jasse en winterskoene buite geloop het. In smeltende sneeu. Arme bloeiseltjies sal vrek van swart ryp as hulle dan reeds uitkom. Dus maak dit sin.

Dit is moontlik dat die tradisie uit Rusland na Kazakhstan oorgedra is omdat Kazakhstan so lank deur Rusland oorheers was. Tot 1997. In Rusland word die stamme vroeg lente wit geverf om die bome teen sneeu te beskerm en ja, ook om bloeisels te vertraag omdat dit in die lente steeds kan sneeu. Soos wat ek reeds verduidelik het oor ons ervaring in Kazakhstan, skaars 100 km vanaf die Russiese grens, het dit nog in die lente gesneeu. Dus maak dit vir my sin.

Nog ander beweer dat die onderste deel van sitrusbome se bas wit geverf word om as sonskerm te dien. Veral in plekke waar die son die bas kan uitdroog en bars. Ek verbeel my ek het dit al by vrugtebome in ons land gesien. Wil my selfs verbeel dat my pa dit met ons vrugtebome gedoen het toe ek ‘n klein dogtertjie was. Maar, in Kazakhstan skyn die son selde so fel, dus dink ek die beskerm en keer maak meer sin.

Ek is verras oor die nuwe kennis, want ek het ‘n heeltemal teorie met gehad. Veral omdat elke liewe boom in Kazakstan presies op die selfde hoogte wit geverf. Niks van ‘n kwart of die nuwe stam nie.

Daarom het ek aangeneem dat dit so geverf word om as maatstaf te dien van presies hoe dik die sneeu rondom bome lê. Sodat ek kan weet dat dit te diep lê om daar deur die sneeu te stap as daar nie ‘n paadjie is nie.

Dit is blykbaar nie die rede nie, maar ek het dit as maatstaf gebruik.

As min van die wit uitgesteek het, het ek geweet dat ek nie daar kan stap nie, want ek sal dan diep in die sneeu intrap. Want daar waar nie paadjies is nie en die sneeu gelos is tot die eendag weer smelt, is die sneeu se yskristalletjies soos stof opgehoop. Mens kan daarop blaas en sien hoe die kristalletjies wegwaai. Of met jou hande daaroor vee soos mens sal maak om stof weg te vee. Kazakhstan kry droë sneeu.

As jy dus daarin gaan probeer loop, gaan jy diep wegsak. Met yskoue sneeukristalle wat by jou stewels se bokante ingaan om jou voete ysig nat te maak. Ek het al van paadjies afgedwaal waar die sneeu net effens opgehoop was. En daar nie bome naby was om te meet nie. En baie vinnig na die paadjie teruggekeer toe die sneeu in my skoene ingaan om dit soos sagte sand vol te maak.

‘n Onaangename ervaring, want dit ysies smelt om yskoue water in jou stewels te maak. Niemand wil nat voete hê as die kwik subzero gedaal het nie.

Ek gebruik hierdie foto om my teorie te staaf.

Ek het die foto by Öskemen lughawe geneem. Ek neem aan jy verstaan waarom ek gedink het dat dit vir mens wys hoe diep die sneeu lê? Kyk net al die lae wat gevorm het. Beslis te dik om deur te probeer stap. Dit maak vir my baie meer sin as al die ander verduidelikings.

Op die foto kan jy die deel van die witgeverfde stamme van die bome sien uitsteek, baie min. My teorie maak dus sin, naamlik om mense te waarsku om nie daar te wil stap nie. Ek neem aan jy verstaan dat ek gedink het dat dit ‘n maatstaf is om jou veilig te hou.

Die foto is op 4 Maart 2020 om 13h13 geneem. Ons was op pad Almaty toe, manlief het vergadering in Almaty gehad. En ek is saam om die stad te verken. Alleen, want ek het niemand in Almaty geken nie. Toe betaal ek ‘n Kazakh gids om die stad vir my te wys.

Nooit geweet dat ek drie maande later in die stad sou gaan woon nie. Dus het ek baie op haar knoppie gedruk omdat sy Engels kon praat. So het sy later ‘n spesiale vriendin geword.

Ons is die Maandag terug na Ust’-Kamenogorsk, onder die wolk van inperkings wat gaan kom weens die pandemie. Kort daarna het Kazakhstan en Suid-Afrika so saam-saam besluit om hulle grense te sluit. Hulle bevolkings in te hok. En ons kon eers weer Oktober terugkom huis toe.

Maar ek wou eintlik oor die foto en die wit stamme gesels. Daar is dus goeie redes waarom hulle die stamme wit verf. My teorie maak vir my net baie meer sin omdat die land van November tot Maart onder ‘n sneeukombers lê wat al dikker word omdat die sneeu nie smelt nie.

Ek wonder hoeveel Kazakhs en Russe my metode gebruik om te bepaal hoe diep die sneeu op ‘n plek lê. Om te kan besluit of hulle daar gaan stap. Of nie …

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

30 gedagtes oor “Wit boomstamme in Kazakhstan …

      1. Dit sneeu minder as voorheen hier. Ons kry gewoonllik sneeu tussen Desember en April, maar bitter min die laaste jaar – meer in Skotland. Ons het in 2018 baie erge sneeu gekry – dit was ‘Beast of the East’ genoem – van Rusland se kant gekom en reg oor die land erge probleme veroorsaak – redelik erg.

        Liked by 1 person

          1. As jy ‘n ‘search’ doen op Youtube met die term, sal jy baie videos kry (ek glo) en dan sien hoe diep was dit op baie plekke. (so tussen hakies, skool begin weer more vir my!)

            Liked by 1 person

          1. Nee, ek glo nie ek het daaroor geskryf nie. Was nie regtig moontlik om foto’s te neem, want mense het so vasgeval op die paaie – net hier by ons ‘n paar geneem, maar jy kon nie regtig uitgaan en gaan neem nie, oral was jy maar beperk met die paaie wat toegesneeu was en verkeer was ‘n (uiters) nagmerrie.

            Liked by 1 person

          2. Gewoonlik smelt dit gou, maar in 2018 was dit ‘n paar dae voordat dit heeltemal gesmelt was. Ander kere binne ‘n dag.

            Like

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.