Gepubliseer in Joernaal

Christa: Hoofstuk 8 – Lady in red …

Hier is die agtste hoofstuk van storie oor die Towerinne en Coronanmouna. Soos gewoonlik by ‘n vervolgverhaal, moet almal wat wil deelneem ‘n inskrywingsvorm voltooi – kry die vorm hier: https://forms.gle/spN3EwV1kt5wGW9F9. Bloggers skryf in die volgorde waarin hulle inskryf – kyk na HIERDIE vorm (spreadsheet) wat outomaties op datum gehou word om te sien wanneer dit jou beurt is om te skryf.

NB! Hierdie uitnodiging is oop vir alle bloggers op alle platforms – ons soek altyd “nuwe bloed” om deel te neem aan ons uitdagings. As jy in Afrikaans skryf, sluit gerus aan by die Towerinne en neem deel aan hulle avonture. As jy nog nooit deelgeneem het aan een van ons uitdagings nie, besoek die volgende skakels Lê-Jou-Eier: Reëls en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? Laasgenoemde blogpos bevat ook al die onderwerpe en skakels na vorige uitdagings.

Onthou ook die addisionele reëls vir vervolgverhale – (1) wag jou skryfbeurt af, (2) wanneer ‘n nuwe blog geplaas word en jy is volgende aan die beurt – gee net eers ‘n dag of wat kans sodat almal die blog kan lees en kommentaar lewer voordat jy jou bydrae plaas en (3) plaas jou bydrae binne die volgende drie tot vyf dae sodat ons nie die vloei van die verhaal belemmer nie.

https://fresh.inlinkz.com/p/c0342166738644c9875c54b4f5669017

Om my hoofstuk te verstaam moet jy dakies net eers die vorige sewe lees. Volh hierdie skakel om hulle te lees: https://fresh.inlinkz.com/p/c0342166738644c9875c54b4f5669017

HOOFSTUK 8

Ek sit in my huisie nr 17 Towerinstraat Rebusfontein en is sommer baie spyt dat ek die Towerinne vertel het dat ek doodbang vir spinnekoppe is. Hoekom het ek nie maar gemaak soos in my eerste jaar as juffrou nie? Dan was ek nou saam met hulle. Tussen hulle.

Ek het by Hoërskool Noordheuwel begin, rykmanskool in Krugersdorp gewees daardie tyd. Ek vermoed dit is steeds. Die hoof het ons klompie groentjies gewaarsku. Wees maar versigtig, die kinders se speelgoed op die oomblik is Tarantulas.

Ek wou die apiestuipe kry. Ek het ‘n heilige vrees vir die goed. Alle agtpotiges. Het gevoel hoe die warm Januarie my bene nog meer laat sweet, druppeltjies teen my binnebene laat afgly. En nee Una, dit was darem nie piepie nie. Daardie tyd het alle knypers nog baie goed gewerk. Ek het in my lang rompe vergaan van die hitte. Ons moes nog sykouse en hofskoene dra.

En toe is dit sewentig keer erger. Spinnekoppe. Grotes, hariges. In ons land. Tarantulas?

Ek het besluit om te ‘fake it till you make it.” En dit het al my wilskrag gekos. Om van Tarentulas te vergeet. Want geen vervlakste kind sou uit my mond hoor dat ek vir ‘n spinnekop bang is nie. So het ek verskeie kere deur die dag kollegas hoor gil en dan baklei. En dan is kinders verby my deur – aan die ore – kantoor toe gesleep.

Tarantula in die laai. Tarantula op die stoel. Tarantula in die handsak.

Ek was veilig. Wat sou die grap daarin wees om my bang te maak? Maar my oë het geweet waar elke spinnekop in die klas was. Elke kind is deurgekyk as hy of sy in die klas in stap. Ek sou weet as een losgelaat word.

En nou is ek stoksielalleen in my huisie … En ek wens ek was nie bangjan nie. Want dit is donker. Almal wat my ken, weet dat ek die bobbejaan agter die berg gaan haal.

Ek wou al soveel keer ‘n boodskap gestuur het om net te hoor hoe dit gaan. Maar veel eerder om te weet wat hulle sien. Doen. Ek moes gereed wees.

Is hulle veilig?

Maar dan is hulle aandag nie op die pad nie. Nie op die kerse nie. En ek wil maar net nie dink wat gaan gebeur as die kerse doodwaai nie.

Dan wag ekke maar.

Ek het, toe dit wil donker word, oorweeg om saam met Kameel en Lorenzo te gaan. Maar sy was nogal kwaad. Toe bly ek liewer om brandwag te speel. Vir ‘n histeriese gil elke keer as ek ‘n spinnekop sien, sien sy dalk nie kans nie.

Spinnekoppe is donker. En so vervlaks klein dat mens hulle nie gou genoeg sien nie.

“Yeah right” Tot die een vir Una weggedra het. Ek verkies om by my huis te bly. Deure toe, ek dink nie hulle kan deure oopmaak nie. Hulle is te groot om by skrefies in te kom. Ek sit in elk geval met ‘n watergeweer vol Domestos gereed. Iets moet help as Doom hulle laat lol, gaan Domestos hulle laat gly? En haarspray. Om pote gommerig te maak.

Waarom die towerinne hulle wil gaan vang en steriliseer en wegbêre weet ek nie. Hoekom Perdebytjie vir spinnekoppe lief is, weet ek nie.

Ek skat daar is drie van ons wat hulle dood verkies. Ek soek hulle dood. Vir my is die enigste goeie spinnekop ‘n dooie spinnekop. Ek is bly ek het my Schnauzers by die huis gelos. BB sou hulle nie los nie… Dan moes ek gaan red.

Skielik hoor ek ‘n geritsel. Wat al harder word. Skoon witgeskrik probeer ek die gedagtes uit my kop gooi. Ja, ek wou hulle mos doodwens. My beurt?

Die geristsel klink nie soos ‘n mens met sy twee bene of ‘n dier met sy vier bene nie. Dit is nie die towerinne nie?

Ook nie soos ‘n voël met sy twee vlerke of die muisagtige vlermuise met lelike, benerige vlerke nie. Darem ook nie soos ‘n duisendpoot met sy 1000 (Hmmm) pote nie.

Ek hoor ses pote. Amper soos die gallop van ‘n perd. Net met die ekstra trippel tussen-in. Met my hart in my keel luister ek verder.

Ses pote, ses pote, ses pote, ses pote …

Sjoe, nou kan ek weer asem haal. Spinnekoppe het agt pote, ek hoor keer op keer net ses.

Diere met ses pote is nie so erg soos die met agt pote nie. Troos ek myself.

Mier? Nee liewer nie, hulle is altyd in hordes bymekaar. Ek hoor nie hordes nie. En ek is moeg baklei teen miere.

Ek verwonder my skielik aan my nuwe gehoor. Man, manlief gaan bly wees. Ek kan nou sowaar ‘n mier of iets buite hoor stap.

Ek skat ek gaan ‘n aanwins vir die sirkus wees. Die vrou met die supersoniese gehoor. Ek hoor al: Dames en here (so uitgerek) verwelkom hierdie towerin in die arena. Sy sal kan hoor as ‘n mier onder jou stoel stap … Dit help om die bang weg te hou.

In ‘n waan van superkragte maak ek die voordeur oop. Miere is klein. En ek kan hulle nou hoor.

Eers sien ek niks nie.

Dan begin dit vorm aanneem.

Poot vir poot vir poot vir poot vir poot vir poot.

Ses pote. Pilare vir pote. Takhaarpote!

Ek kyk op en op en op en dan verstar ek.

‘n Massiewe kop, en een nog massiewer maag is aan die bokant van ses pote. Una se beenhare van die sirkus lyk kort teen die hare wat van die maag en bene afhang. Swart hare, met bietjie rooi daarin. Rooi vir gevaar. So onder die straatligte skitter dit.

Die voorpote is ingevou soos ‘n mens s’n. Een wat iets in sy arms dra. Soos ‘n babatjie vashou.

Een massiewe spinnekop kom na my huisieaangestap.

Ek wil gil, maar kan nie. Ek soek ook nie sy aandag nie, dankie. Hy sal vinniger by my wees as wat ek by die deur kan invlieg en toemaak.

Buitendien, wie gaan my hoor? Lorenzo is ook weg agter die Towerinne aan.

En dan hoor ek die lied wat die spinnekop begin sing, en dan net verder neurie:

I’ve never seen you looking so lovely as you did tonight

I’ve never seen you shine so bright

 

[As jy dit nie ken nie]

My hart wil gaan staan, het die ding koekoes geraak? Daai is een van my gunsteling liefdesliedjies. Hy kyk na die iets in sy twee voorpote en probeer sien. Hoe lyk sy oë? Dit is belangrik … Kwaai? Vriendelik?

Die lied en die spinnekop trek my soos ‘n magneet, hou my voete en hande vasgevang waar ek staan. Ek kan nie beweeg nie. Voel amper die spinnerakke my wil vasklou.

Wil hy dit beskerm? Of wil hy dit eet?

Hy sien my nie, net nou en dan kyk hy af op die iets in sy arms. Iets wat soos ‘n baba gedra word.

Dan skyn die straatlig vol op die iets in sy arms.

My mond gaan oop om te gil, maar niks kom uit nie. My hart pomp so vinnig dat ek hom hoor.

Liewe hemel, dan kan die spinnekop dit ook hoor? Ek druk op my bors om die klank te probeer demp,

Want – ek het my asem weggeskrik.

Toortsie lê opgekrul in sy arms.

Dit is Toorts met die rooi kopdoek.

Dan sien ek Kameel se sexy rooi bloes, rooi romp em rooi skoene …

Altwee lê ‘happy go lucky’ in sy harige voorpote opgekrul

In die straatlig sien ek hoe Toortsie haar kop oplig, vir die spinnekop glimlag en dan vir Kameel. En haarself opkrul. Terwyl sy die spinnekop se beenhare uit haar gesig hou. Kameel lag en lê soos in ‘n hangmat, bene wat oor die voorpote afhang en op die maat van die musiek swaai.

Betower daardie lied hulle ook? Hoe het hy geweet?

En hy sing van Lady in red …

Wat het hy met hulle aangevang? Verlam?

Is Toortsie en Kameel dronk? Toorts is met witblits hier weg. Drank doen dit aan my, maak my bene lam en dan wil ek net slaap …

Want die Toortsie wat ek ken, sal nie so vir ‘n spinnekop glimlag nie. Selfs nie eens met liters witblits in nie.

Buite sing die spinnekop ‘n nuwe liedjie wat my beenhare, armhare en selfs my tande laat rys.

Hierdie selfisolasie het te lank geduur. Gaan baie langer duur. Ek het koekoes geraak. Of het die spinnekop koekoes geraak?

Ons is gedoem …

Die stemming, alles het buite verander. Die manier van loop ook. Terwyl die woorde van Anton Myburg hard saamgesing word:

Sy is mooier as mooi
elke man is haar prooi ha-ha
En orals waar sy gaan
het die manne tou gestaan ha-ha

Jou nommertjie is op
by die wyfie spinnekop ha-ha
Ja sy gaan eers met jou speel
en dan vreet sy jou op ha-ha

Sy is mooier as mooi
elke man is haar prooi ha-ha
En orals waar sy gaan
het die manne tou gestaan ha-ha

Sy span haar spinnerakke
van die vloere tot die dakke
vir jou
En raak jy daarin verstrengel
dan verskyn sy soos ‘n engel
en vreet jou op

Sy span haar spinnerakke
van die vloere tot die dakke
vir jou
En raak jy daarin verstrengel
dan verskyn sy soos ‘n engel
en vreet jou op ha-ha

Ahoema (14x)

En as sy jou eers kan soen
is daar niks wat jy kan doen ha-ha
Want haar gif is in jou are
en jy droom oor haar vir jare ha-ha

Sy span haar spinnerakke
van die vloere tot die dakke
vir jou
En raak jy daarin verstrengel
dan verskyn sy soos ‘n engel
en vreet jou op

Sy is mooier as mooi
elke man is haar prooi ha-ha
En orals waar sy gaan
het die manne tou gestaan ha-ha

Sy span haar spinnerakke
van die vloere tot die dakke
vir jou
En raak jy daarin verstrengel
dan verskyn sy soos ‘n engel
en vreet jou op

En raak jy daarin verstrengel
dan verskyn sy soos ‘n engel
en vreet jou op

Tickets vir jou pappie

[As jy dit nie ken nie moet jy hierdie skakel https ://youtu.be/VtbLo7vgKI4 kopieer en in jou webblaaier plak. Vee net die spasie tussen die https en die : uit, ek moes dit insit om die skakel te kan deel dat jy dit kan sien. Die prentjie van die video lyk soos onder, Anton laat ongelukkig nie toe dat dit op ander webwerwe speel nie.]

Sy rek en trek die Dit is tickets met jou pappie lank uit terwyl sy vir die twee towerinne kyk. Hulle sien niks, hoor niks, is heel gelukkig in hulle harige hangmat!

Ek was verkeerd! Mans dra nie goed so nie!

Dit is ‘n wyfiespinnekop. Hoe kon ek dit miskyk?

En sy is baie, baie kwaad vir die twee dames in rooi.

Haar hele houding wys sy is kwaad. Sy sing die woorde oor en oor soos wat sy aangestap kom. Marsjeer op die maat van sy lied.

En Toortsie lyk nie bang nie. Kameel lyk nie bang nie. Hulle sien nie die oë nie. Hulle glimlag vir die ding!

Nou kyk, toe kan ek dit nie meer hou nie. Verder gaan ek nie kyk nie.

Toorts en Kameel is, soos ek, bedwelm.

Toe haar kop verby is, vlieg ek die huis in. Sluit die deur. Staan en bewe omdat ek nie kans sien om my vriende te red nie.

Uit die lied verstaan ek waarom sy vir Camilla het. Sy is Rebus se sekskatjie. Maar waarom is Toortsie ook by? Die vrou vrees spinnekoppe, geen mannetjiesspinnekop sou gedink het dat sy aanlê nie!

En tik bewend die boodskap in die Towerinne se WhatsAppgroep. Moet honderd keer uitvee omdat my bewende vingers nie die knoppies kry nie. Oorweeg voice note, maar hulle gaan die vrees hoor. As ek my stem gewerk kan kry.

SOS. S.O.S.

Julle moet kom help! Een ma se spinnekop is nou net hier in die straat af. Groot soos my huis. En sy is op pad iewers heen. Met Toortsie en Kameel in haar arms.

Perdebytjie gaan verder vertel …

Verwysing: https://muzikum.eu/en/123-15244-220284/anton-myburgh/spinnekop-lyrics.html#ixzz6ORbLZQol

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

50 gedagtes oor “Christa: Hoofstuk 8 – Lady in red …

  1. My maag was heeltyd op ‘n knop terwyl ek hierdie lees. Sjoe! Jy skryf uitstekend. Daai spinnekop is so moooooiiiii. Sy sal ons niiikkksssss doooooeeeeeennnnn nnnnieeeee. Syyyy issss onssss mammmmmaaaaa.

    Like

  2. Sjoe dit was nou spannend gewees. Toortsie gaan nie haar oë glo as sy weer bykom nie. Wat het van Lorenzo geword? En Corona en Brodina? Kameel was dan besig om met hulle te onderhandel om die klomp spinnekoppe te oortuig om Una te los of wat ook al? Dis sommer baie grillerig. Eks nou nie te bang vir goggas en spinnekoppe nie maar hierdie gedierte is woes.

    Liked by 1 person

  3. Nou hoe de swermoot het sy vir Camilla in die hande gekry? Dis grillerig… baie baie grillerig. Ek moet seker nou nie lag nie… maar Toorts in die spinnekop se arms 😂😂😂😂Welgedaan Christa!!

    Like

  4. Skitterend Christa! Dis nou ‘n lekker konkel in die kabel. Ek wonder net … as Kameel / Camilla in haar kloue is, wat het van Lorenzo geword? En Toortsie, ag wat sal ek sê, die vrou is nou heeltemal afgedwaal.

    Like

  5. Die storie is fantasmagories. Mense en gediertes wat in ander mense of goete verander en ons avonture is nie avontuur as Camilla nie verskyn nie. Die spinnekopwyfie is miskien ons biblioteek poliesman se eks wat nou wraak neem aka Coronamouna die shapeshifter heks, spinnekop familie van Broodina….🕷️🕸️🧹🙊🙈

    Liked by 1 person

  6. Skitterend, Christa! Ek kon voel hoe die spanning opbou! Shame, ek is jammer dat jy hierdie alleen moes gade slaan, sluit jou huis, trek als toe! Genade, ń spinnekop wat kwaad is…wat gaan sy met Toortsie en Kameel aanvang???
    Moet sé, as hierdie in ń Disney fliek omskep word, sal van my vierjarige tot twaalfjarige kleinkinders voor die tv vasgeanker lê.

    Like

  7. Oe toggie…..dis nou n 💩 ini drinkwater…..ek sweer ek trap van noh af elke spinnejak dood wat net dink hy beweeg….wat as Toorts nou uit haar witblitsbeswyming kom in die krokkespin se arms??? Ons gaan haar nooit weer vang nie….arme Toorts. Camilla is streetwise…sy sal heel daar uit kom….

    Like

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.