Gepubliseer in Joernaal,Tegnologie

WordPress alweer useless!!!

Ek het in die verlede al oor WordPress gekla. Die ontwikkelaars dink hulle is oulik, ontwikkel aan die toep en dan werk niks nie. Tans dwing hulle alweer dat ek na die blok-redigeerder oorskakel.

‘n Redigeerder wat nie ordentlik vir iPads ontwerp word nie. Ek het so week of twee geen probleme gehad toe die klassieke redigeerder afgeskakel is nie – al het ek voorheen vir hulle geskryf dat die blok-redigeerder heeltemal te veel probleme gee om gebruik te word. Ek sien dit is nie eens so lank gelede nie? September 2020.

So hier is my lys van probleme wat ek tans ondervind.

1) As ek tik en ek beweeg nie die hele tyd aan nie, hang die toep. Dan moet ek opdateer, uitgaan en weer van vooraf ingaan. Ek kan niks anders doen nie, dit hang.

2) As ek op die + druk om READ MORE of foto’s in te sit, spring ‘n wit halwe bladsy op met geen plek waarop ek kan klik nie. Dus kan ek dit nie op die toep doen nie, ek moet na die webwerf toe gaan om dit te doen.

3) As ek na die webwerf toe gaan, is dit nog nie met die toep gesinchroniseer nie. Met die gevolg dat ek maar moet los tot dit eendag gesinchroniseer het.

4) Elke keer as ek iewers redigeer, moet ek opdateer klik, uitgaan en oor begin.

Ek stuur boodskappe en kry die stupidste antwoorde, so asof hulle nie weet wat aangaan nie. Die antwoorde sluit in:

a) Hi jy, jy het die verkeerde weergawe van die toep afgelaai. Jy het 17.3, dit moet 17.4 wees. Klik ek op die skakel wat gegee word asof ek ‘n aap is, vat dit my na die toep in Appstore. Die een op my iPad. Kan ek op OPEN klik om dit oop te maak. Want raai wat? Hierdie vrou is toe nie ‘n aap nie – ek het die regte weergawe op my iPad. As daar ‘n nuwer een is, het hulle dit nog nie in AppStore beskikbaar gestel nie!

b) Stuur vir my ‘n skermskoot. Dit help nie veel nie, die ou wat dit ontwikkel is waarskynlik besig om te slaap. Want hy of sy verstaan nie die probleem nie.

c) Kla ek op AppStore oor die probleem, kry ek die mooi antwoord dat ek in die toep by hulpsentrum moet kla.

d) Die keer is ek gereed om enige een te laat verstaan wat die probleem is. Laai ‘n skermskootopnemer af en gaan deur die frustrerende probleme. Stuur die skakel na die video’s vir hulle. Nou kan enige slaapwandelaar verstaan wat die vervlakste probleem is?

e) Vanoggend kry ek die verassing – dit was net ‘n grap. Die twee kaartjies wat ek oopgemaak het om die video’s te deel waar die probleme per video gewys word, is toegemaak – die probleem is mos nou opgelos?

As ek dus vir ‘n week of maand of jaar nie meer skryf nie, vergewe my asseblief. Ek sal moet gaan soek na blog-tegnologie waarvan die ontwikkelaars ten minste weet wat hulle doen of gedoen het om chaos te veroorsaak.

Hiervoor sien ek nie kans nie.

Want ek kan ook nie doodgewoon terugskakel na die klassieke redigeerder toe totdat genoeg mense kwaad genoeg is om ‘n kers onder hulle te sit dat hulle die probleme uitsorteer nie.

Ek verkies om nie die woord BUG te gebruik nie, hierdie probleme word nie deur ‘n gogga veroorsaak nie. ‘n Mens vang sulke nonsens aan.

Die verantwoordelike ding om te doen is – net met die entstof – is om die goed eers ordentlik te toes, vyf jaar as dit moet, voordat dit uitgerol word om stelsels en mense en toepassings te verwoes. Veral as die ontwikkelaars nie eens verstaan wat hulle verkeerd gedoen het toe hulle “opgegradeer” het nie. Want hier is duidelik teen ‘n krans afgegradeer.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

47 gedagtes oor “WordPress alweer useless!!!

  1. Ek sukkel netsi- behalwe dat ek nie ‘n computor biffinis sois jy nie. Due ckassic editor het perfek gewerk voir hierdie blok nonsens ingekom het. Nou weet ej nie hoe om deeltekens, kappies ens in te sit nie, want hy gee nie die oosie nie. En ek weier om allerhande syfertjies ens te onthou en te tik vir ‘n ding wat maklik beskikbaar moet wees. Verder stoor hy meestal nie meer outomatues nie en moet jy kort- kort stoor druk. En WordPress het 2x al van ny bogs weggeggooi. Die eerste was nblang ingewikkelde blig met baie verwysings. Net die eerste paragrafie het agterweê gebky. Ek het eenviudig nie krag om dit oor te doen nie.
    Die 2de us ook si verwyder en die rede is : suspicious content. Na ek hulle gekontak en alle onhulpvaardige kommentaar gekry het, het ek gelukkig ontdek dat ek dit in Word geskryf en gekopieer het. Ek het dit nou maar weer oorgesit op my blog. Ek dink dis die pad waarop ek moet bly. Gaan tik in word en kopieer en plak.

    Like

    1. Seegogga, dit klink soos goeie idee. Ek verbeel my jy het nie iPhone of iPad nie, dus is die probleem met die toep op alle fone? Ek haar die blok-redigeerder. Dit klink na plan om eers in word te tik. Ek kan op iPhone en iPad die knoppie inhou, byvoorbeeld ‘n e en dan kry ek keuses vir kappie, deelteken ens. Dalk werk dit op jou foon ook. Maar ek kan jou een ding vertel, hierdie nuwe/ou nonsens laat my bloed so kook dat ek ‘n ander blog platform sal oorweeg. Veral as die mense nie verstaan wat fout is nie. Nie eens met video’s nie.

      Like

      1. Samsung selfone werk wonderlik met kappies, deeltekens ens, maar ek verkies om dit op laptop te tik omdat ek dan makliker tik. En daar lê die probleem met WordPress. Aangesien Word sekerlik die grootste tikprogram in die werwld is, kan ek nie verstaan waarom WordPress( byna n naamgenoot) nie somner n gewone tikprogram het soos die classic editor eers was nie.)

        Liked by 1 person

  2. Beste Christa,
    Ik heb jouw bericht opgeslagen om op een ogenblik dat ik meer tijd heb alles nog eens grondig te bekijken en Jou eventueel tips te geven.
    Ik heb dit nog gedaan voor andere Bloggers en ik hoop dat het bij Jou ook zal lukken.
    Groetjes uit Vlaanderen en Je hoort nog van me 😀
    Theo

    Liked by 1 person

  3. Sal dit nie makliker wees om meer van jou blog se funksies op die web te doen nie? Ek gebruik wel Windows en ek gebruik ook WordPress se Android toep maar die toep is glad nie bevredigend nie, veral nie die leser wat jou toelaat om ander blogs te lees nie. Ek verkies eerder die web. Op die web sinkroniseer dit ook beter.

    Liked by 1 person

    1. Dankie vir die raad. Ek wil graag op my iPad werk, soos dit tot so twee weke gelede gewerk het. As ek eers my Windows rekenaar moet oopmaak, is die lus vir skryf weg. Sal dit seker vir eers moet doen, maar ek dink dit gaan my lus vir skryf sommer blus.

      Like

  4. Ek tik altyd my pos in MSWord en dan kopieer ek en plak dit in. Ek gebruik nie die blok-redigeerder nie want dit wou net nie vir my werk nie, so ek gebruik nog die klassieke redigeerder.
    Ek gaan na POSTS … ALL POSTS … en dan kies ek CLASSIC 🙂

    Liked by 1 person

  5. Ek gebruik meestal of Wordpad of Notepad om my inskrywings te tik en spoeg en plak dit dan in Quick Draft, ook in afrikaans bekend as vinnige konsep. Jy kan dit onderan jou blog se beheerpaneel kry by jou blog se adres en dan / en wp-admin. Byvoorbeeld
    https://christavanstaden.com/wp-admin Daarna gaan jy na drafts toe en verander daar aan jou nuwe inskrywing voor jy Publish druk om dit te publiseer.

    Liked by 1 person

      1. Die quick draft opsie werk op die rekenaar maar kan ook werk op jou Ipad indien jou webblaaier soos byvoorbeeld Safari by jou WordPress rekening ingeteken is.

        Liked by 1 person

          1. Ai jammer ek kom so laat eers terug na jou toe. As jy die teks van jou artikel in ‘n ander program getik het en jy laai dit op na WordPress app toe as ‘n draft, dan sal dit meer raadsaam wees om jou foto’s in WordPress op die regte plekke in te skuif tydens die redigering van jou artikel. Maar soos jy sê Dit werk ook nie so lekker nie. Is dit net op die Ipad waar dit so sukkel of op die web ook? Ek werk self nie met foto’s op my blog nie omdat ek siggestremd is en met ‘n rekenaar met ‘n skermleserprogram tik. Daarom is my inskrywings meestal suiwer teks.

            Liked by 1 person

          2. Hi Vuurslag, baie dankie vir al die raad. Die web weergawe werk beter, maar …. die skrif is so klein dat ek sukkel om te lees. Sjoe, ek het soveel respek vir jou. Ek kla oor basiese goed en dan oorkom jy uitdagende goed om wel te kan tik en deel. Ek waardeer dit baie.

            Like

          3. Dankie vir al die raad. Ek het Macs al van 2003 af, maar gebruik Microsoft produkte op my Macs. Ek het nou die lekker van Pages begin ontdek. Nou tik ek heerlik daar, vergeet van hierdie probleme en dit het een belangrike voordeel. Mens kan jou goed op jou eie rekenaar berg. Op WP kan ek dit nie copy en paste as dit blokke is nie – jy moet blokkie vir blokkie co-y en paste.

            Like

  6. Ek dink nou aan iets anders? Is daar nie dalk ‘n manier hoe jy jou inskrywings op WordPress eers in Apple Pages op die Ipad kan skryf en dan na WordPress kan oordra nie? Hetsy via spoeg en plak of via share waar jy jou dokument met ander toepassings kan deel? Ek kan byvoorbeeld my notas vanaf Google keep in Android na WordPress toe stuur en dit word dan blog posts.

    Liked by 1 person

    1. Vuurslag, dalk moet ek dit net doen en klaar kry. Ek sal toets, maag speog en plak is nie vir my regtig ‘n keuse as iets gewerk het en iemand nonsens gaan aanjaag het nie. Vir my gemoedstoestand moet ek maar oplossing soek. Dankie.

      Like

  7. Ek het wel iets interessants gekry. Mens kan jou dokument in Pages tik, dan stoor jy dit en gaan na Files app op jou Ipad. Soek jou gestoorde dokument daar en selekteer dit en stuur dit van daar af na WordPress app.

    Liked by 1 person

  8. Baie dankie vir die kompliment, ek waardeer dit opreg. Gelukkig maak
    tegnologie dinge soveel makliker en skermlesers is ook meer toeganklik
    as voorheen. Mens moes jare terug ‘n plaas se prys vir ‘n skermleser
    by ‘n spesiale maatskappy betaal, maar vandag kan mens goeie basiese
    skermlesers kry as deel van jou bedryfstelsel soos Narrator op
    Windows, Voiceover op jou macs en selfs jou Ipad en dis alles klaar
    ingebou op jou IOs. Verder is daar ook ‘n gratis skermleser vir
    Windows beskikbaar, Non-visual desktop access. En amper vergeet ek van
    Talkback vir Android.
    Ek is bly jy geniet Pages baie en dat dit jou nou meer selfvertroue
    gee om weer met Blogging aan te gaan. ek geniet jou skryfwerk geweldig
    baie.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.