Om een of ander duistere rede weier Facebook dat ek die skakel na begaafdekind.com met julel deel. Daarom skryf ek nou ‘n artikel op my persoonlike webwerf om dit so met julle te deel. Dit is een van die redes waarom ek sedert Januarie so min op Facebook is – die tegnologie is besig om op grond van sommetjies te besluit wat mens mag sien – en wat nie. Ewenwel, dan deel ek die inligting nou so met ouers en onderwysers.
Die doel van begaafdekind.com is om ‘n plek te bied waar ouers en onderwysers saam oor die behoeftes van die begaafde kind kan gesels.

Want – die begaafde kind kry nie tans die aandag wat hy of sy in die klaskamer nodig het nie, hoofsaaklik omdat die staat ‘n beleid van Inklussiewe Onderwys voorstaan. En onderwysers gevolglik nie in die begeleiding van die begaafde kind opgelei word nie.
Tydens my onderwyseropleiding studies (1979-1982) is daar nie aan die begaafde kind aandag gegee nie, daarom het dit my gefrustreer as ek glimpse van begaafdheid by seuns gesien het, wat hulle dan net agter ‘n skans versteek om in te wees. ek het tydens my navorsing oor die begaafde kind gevind dat seuns in graad 7-9 selfs doelbewus onderpresteer omdat hulle tog nie as “akademiese wrakke” beskou wil word nie.
Toe ek in 1991 vir ‘n honeurs (B.ED) inskryf, kon ek begaafdekindonderwys aan Unisa bestudeer. Ek het dan ook my meestersgraad in begaafdekindonderwys gedoen, met ‘n spesifieke fokus op die selfbeeld van die begaafde seun wat in die senior fase onderpresteer (1993). My fokus het vir my PhD (2010-2012) na tegnologie in die onderwys en die deurlopende professionele ontwikkeling van onderwysers geskuif, maar ek is steeds passievol, oor die ontwikkeling van die begaafde kind. Daarom was ek nie bewus daarvan dat daar die afgelope dekade so min navorsing oor die begaafde kind gedoen is nie – hoofsaaklik as gevolg van die beleid van Inklussiewe Onderwys.
Hierdie beleid verhoed dat kinders uitgesonder word vir spesiale onderwys. Daarom moet alle kinders – onegag hulle potensiaal – in dieselfde klas onderrig word. Met die gevolg dat die begaafde kind doodverveeld in ‘n klaskamer sit terwyl werk male sonder tal herhaal moet word sodat leerders aan die ander kant van die spektrum die werk kan verstaan.
Sommige begaafde kinders konformeer om nie die aandag op hulle te vestig nie. En begin onderpresteer omdat hulle aanvanklik te gou verstaan het – en toe afgeskakel het terwyl werk herhaal word.
Ander rebelleer en kan selfs druip. Daar is reeds in 1980 bevind dat 50% van alle begaafde seuns in graad 8 (toe standerd 6) onderpresteer. Tans deel en drie ander onderwysers idees op my webwerf begaafdekind.com.
In lande soos Rusland word begaafdes gekoester. Amerika het programme vir begaafde kinders. In Suid-Afrika kan ek nie ‘n enkele skool vir afrikaanssprekende begaafdes opspoor nie.
Het julle geweet dat Rusland sy “breins” [akademies-sterk mense] tydens die oorlog in Oskemen [Ust’-Kamenogorsk] ‘n baie koue stad in die noordooste van Kazakhstan weggesteek het? Sodat hulle potensiaal nie verlore gaan as hulle in ‘n oorlog sterf nie? En dit is te verstane, hulle besit oor die potensiaal om probleme op te los, hulle moes beskerm word.
Die doel van begaafdekind.com is om ‘n plek te bied waar ouers en onderwysers meer oor die begaafde kind in Afrikaans kan leer, maar ook waar ouers en onderwysers aktiwiteite kan kry wat hulle kan gebruik om begaafde kinders te help. Onthou, die begaafde leerder is gewoonlik ver voor sy of haar portuur, dus word daar bloot ‘n aanduiding gegee vir watter ouderdom die aktiwiteite geskik is.

Tans word die artikels deur vier ervare onderwyseresse geskryf.

- Etrecia van der Merwe deel haar kennis oor begaafdekindonderwys, met idees vir geskikte aktiwiteite
- Nikita (ook ‘n Christa) het ‘n lang bespreking gegee oor die implikasies van die identifisering van begaafde kinders vir die praktyk
- San Dreyer deel interessante oefeninge vir die vak Afrikaans. Dit sluit bespreking van kort vrhale – met antwoorde en haar eie gedigte, met vrae & antwoorde in.
Ek sou graag die skakel na die artikels elke keer in die groep wou deel, maar nou ja, facebook weier dat ek dit doen.
Dus deel ek die skakel na begaafdekind.com nou so met jou.
As jy op hoogte gehou wil word wanneer nuwe artikels geplaas word, moet jy asseblief na begaafdekind.com toe gaan en dit volg. Of die vorm wat so lyk op die blad invul en dan word die artikels na jou e-posbus gestuur. Vars gedruk. Ons gaan jou e-posbus nie oorlaai nie.

Dit is – lyk my – die enigste manier waarop ek die inligting aan julle kan oordra.
Ons nooi onderwysers en ouers en selfs begaafde kinders om kommentaar op die skrywes op https://begaafdekind.com te lewer.
Vrae te vra. Idees vir nuwe artikels te gee. Die onderwerpe wat tans hanteer word:

Ons skryf in Afrikaans, maar die artikels kan outomaties na ander tale vertaal word. Kliek op hierdie knoppie op die webblad om dit in jou taal te vertaal

En as jy belangstel om te help om begaafdekind.com uit te bou, kan jy die kommentaar op hierdie skrywe deel. Nuwe bloed is altyd welkom. so kan ons saam ‘n verskil maak.
Dis Briljant van Rusland om sy begaafde kinders te beskerm,bemeester en te bewaar.Dankie vir wat jy vir Suid-Afrika doen met jou kosbare navorsing.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, Letty-Ann, dit is lekker om te hoor.
LikeLiked by 1 person
Wat betreft Facebook,
Ik ondervind ook vaak tegenkanting om bepaalde artikelen te publiceren.
Tenzij het via een Fanpagina gebeurd en tegen “BETALING” dan kan het wel.
Nog goed dat wij het hier via een Blog nog kunnen.
Groetjes uit België
Theo
LikeLiked by 1 person
Ag Theo, ek is so bly om te hoor ek is nie sie enisget een wat met FB sukkel nie. En ek verstaan jou taal, dit is so naby aan my eie taal, wat daaruit ontwikkel het.
LikeLike
Wat Betreft Jouw Taal en mijn Taal,
Je mag niet vergeten dat Jouw voorouders daar in Suid-Afrika, boeren waren die uit De Nederlanden (vroeger Belgieë en Nederland samen) weggevlucht zijn voor De Spaanse bezetters en dat uit de mengeling van die verschillende dialecten het Afrikaans is ontstaan
LikeLiked by 1 person
Ek geniet jou kennis van my taal se ontstaan. Dit is lekker om te hoor. Ja, nê, ons is van Europa.
LikeLiked by 1 person
Ek wou ook al van die begaafde kind blogs op my facebookblad sit, maar dit gaan nie deur nie.
LikeLiked by 1 person
Dit maak my regtig baie kwaad. Facebook antwoord ook nie.
LikeLiked by 1 person
Hier is iemand anders se blog waarvan ek ook nie die bloginskrywings op Facebook kan post nie. Blykbaar omdat hy ander blogs repost. Wat ‘n rede! Genade!
LikeLiked by 1 person
Toortsie, ek kon die eerste leer post. Toe like verskriklik baie onderwysers die post. 720 op een dag. Ek neem aan die alboritme het gedink dit is spam. Maar mens kan met nie and kontak maak daar om di
t reg te stel nie.
LikeLiked by 1 person
Ag nee dit is bitter sleg.
LikeLike
Dit voel vir my dat dit amper ‘sonde’ geraak het om aan hoë presteerders aandag te gee, ‘sonde’ dat hullevereer word by prysuitdelings, want wat van almal wat nie pryse kry nie. Maar niemand kla as sportmanne vereer word nie, begaafd en nie-begaafd.
LikeLiked by 1 person
Ek stem saam, Toortsie. Hulle moet maar net terug staan, want shame wat van die ander? Wta van die ander wat nie sportspanne kry nie?
LikeLiked by 1 person
Presies.
LikeLiked by 1 person
Nou praat jy reg in my kraal. Daar is ‘n baie negatiewe gesindheid jeens akademiese presteerders in baie van die plattelandse skole. Dit is om van te huil. Wie leer die boelies dat “slim” sleg is? Maar kyk, die sportmanne moet altyd besing word! Ek kan boeke hieroor skryf! Ons nasie is vreemd as dit by slim mense kom. Daardie kinders word meestal uitgestoot.
LikeLiked by 2 people
Hulle word, San. En dan onderpresteer hulle om in te pas. Hoe hartseer is dit?
LikeLike
Nou wil ek net huil…
LikeLiked by 1 person
Dit is werklik slegte ding in ons land.
LikeLike
Ons verstaan mekaar se taal.
LikeLiked by 1 person
Ons doen beslis.
LikeLike
Baie dankie vir al jou moeite met “Die Begaafde Kind”, Christa.
LikeLiked by 1 person
Ek wil al lankal, is net so afgesit deur FB se nonsens. Gaan kyk of ek dit op beter plek kan adverteer.
LikeLike
Voorstelle?
LikeLike
Kan ons net kennisgewing op Begaafde Kind los dat ons nou op WP is? Skermskoot alle inhoud en sit op WP. I donno??
LikeLiked by 1 person
Begaafde kind is ‘n WP webblad. Ek kan skermskote op FB oorweeg. Het support nou gekontak om te kyk of my webwerf geblacklist is. Dit is moontlik, dus sal ek wag tot hulle antwoord. Maar die probleem gaan opgelos moet word.
LikeLike