Gepubliseer in Joernaal

Redigering van foto-storie #12 se foto

So lewer Appeltjie vanoggend kommentaar op my saamgestelde foto-uitdaging #2:

kyk wat gebeur as jy die tekstuur foto in swart en wit doen?

My kop raak soos ‘n sif, maar die swart en wit steek vas. Die spesifieke foto nie …

Ek het nog nooit aan my foto’s geredigeer nie. Ek weet nie presies waarom nie, want ek het al vir ‘n Photoshop kursus ingeskryf. Maar dit nie klaargemaak nie. Hoofsaaklik omdat ek enige tyd kan teruggaan om dit te doen. Daar was geen druk om klaar te maak nie. En ek het ‘n lys van goed wat gedoen moet word voordat ek kan speel.

Later vandag onthou en die swart en wit raad, maar begin speel met die verkeerde foto – die foto wat ek vandag by foto-storie #12 gedeel het.

Oospronklike foto

En ek moet erken, dit was lekker om met die foto te speel, maar ek gaan dalk steeds die oorspronklike een kies.

Die eerste vier foto’s is met behulp van my iPhone se kleurfunksie geredigeer. Kyk hoe staan BB op sommige van die foto’s uit.

Geredigeer met iPhone se funksies

Die volgende vier is met ‘n toep geredigeer. Black and white photo-effects. Die logo daarvan is ‘n zebra, heel gepas.

Geredigeer met Black and White Photo Effects

Dankie Appeltjie. Ek vermoed ek gaan daarvan hou om te redigeer as ek met die regte gereedskap speel, dus sal ek raad waardeer.

Watter toeps gebruik jy om jou foto’s te redigeer?

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

12 gedagtes oor “Redigering van foto-storie #12 se foto

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.