Gepubliseer in Joernaal,Resepte

Carmién se vanilje mocha rooibostee ‘n koffie treffer

Ek het hier in die Noord-Kaap ‘n nuwe ding ontdek – Carmién Rooibostee. Dit is blykbaar nie nuut nie, Toortsie het op ‘n vorige skrywe van my kommentaar gelewer dat dit haar gunsteling tee is.

Ek het dit toe nog glad nie in winkels gesien nie, maar toe ons valentynsnaweek deur Kakamas ry, sien ons die Pienk Padstal en besluit dat ons daar sou gaan middagete eet op pad terug huis toe die volgende dag.

Ons het toe nooit geëet nie, die diens was regtig swak.

Ons het gesit en wag om gehelp te word, later gaan vra of hulle weet dat ons nog nie gehelp is nie en steeds het niemand ons bestelling kom vat nie. ‘n Koppie koffie en ‘n pot rooibostee sou ons daar hou tot hulle eendag ons kos kon maak. Daarsonder is ons op en weg, kan iewers anders stop. Ek sal nog daarvan vertel.

Voordat ons gaan sit het, is ons deur die piepklein snuisterye winkel. En daar is twee geskenkbokse met Carmién rooibostee. Dus moes ek dit net koop. Kan nie onthou watter geure daarin was nie, maar dit was heerlike tee. Die een het lemoen ingehad en die ander een camomile. Die piramiede sakkie soort, dus duurder tee.

Intussen het Dischem begin adverteer dat mens Cold Brew Carmién rooibostee by hulle kan koop. Ek is in en het drie soorte gekoop: appel, cranberry en perske en appelkoos dink ek is die derde geur. En o my genade, dit is lekker.

Tans koop ek water vir die pad, gooi my teesakkie in, skud so nou en dan binne die eerste drie minute, haal die sakkie uit en drink vars, koue rooibostee. Die koue mengsels word nie eers gekook en dan afgekoel nie, die sakkie word in koue water gegooi. Mag nie in warm water meng nie, anders sal dit nie reg werk nie.

En daarna is ek ‘n Carmién aanhanger. Sal liewer nie myself verslaafde noem nie, want mens word mos nie verslaaf aan goeie goed nie? En hierdie tee is gesond. Bestel ek R1000 se tee vanaf die Kaap, insluitend twee glas Carmien teepotte wat op staanders staan (glas) om die tee met kersies warm te hou. Ek sal nog daarvan vertel. Deel van die bestelling was ‘n plastiese sak met 135 sakkies tee wat vir gastehuise verpak word. Die hervul pak, ek hou nie van die houtkissie nie.

Spesiale aanbod, slegs R100 per sak ‘n absolute winskoop want Carmién tee kos tussen R29 en R58 per boksie van 20 sakkies. Hierdie 135 sakkies is dan ook nog een-een verpak om dit vars te hou. Elke sak het 9 soorte tee in, met 15 individueel verpakte sakkies van elk.

In die een pak was hierdie nege geure:

Een daarvan is Vanilje Mocha – middel in onderste ry.

Waarom verduidelik ek so omslagtig?

Want – ek kry dit nie op Carmién se webblad nie. Ek wonder of dit slegs vir gastehuise is, en of dit besig is om uitgefaseer te word. Ek gaan moet uitvind, want o my genade, hier is mos nou my oplossing vir koffie wat nie byt nie.

Dit ruik soos vanilje, ek kry ook ‘n ondertoon van koffie. Dit het – soos rooibos kenmerkend het – ‘n romerigheid op jou lippe en tong as jy dit sluk. Wat maak dat ek vergeet dat ek nie melk mag drink nie.

Absoluut hemels as mens nie melk of room mag inkry nie.

En nuus vir diegene wat die smaak van outydse rooibostee verpes, dit proe nie soos wat rooibostee van ouds geproe het nie.

Daardie smaak kan ek steeds nie maklik verdra nie.

Ek hou niks van gewone rooibostee nie!

Hierdie tee proe soos tee, maar sonder die bitterheid van swart en groentee.

Jy gaan beslis uitmis as jy nie hierdie tee probeer nie. Eintlik sommer enige van die Carmien rooibos tee. Ek het nog nie een geproe waarvan ek nie hou nie.

Ek maak van een sakkie ‘n pot heerlike koffie-agtige rooibostee.

Ek kan die volgende ook aanbeveel:

  • Blissful black currant – kry nie op webblad nie
  • Restore, met lemongrass en gemmer – kan op webblad per boksie koop
  • Soothe, ‘n groentee met fennel en anys – kry nie boksies op webblad nie
  • summerfruit, groentee met mint, waatlemoen en aarbeie – kry nie op webblad
  • cleanse, groentee met senna, lemongrass, gemmer en mint – op webblad
  • energise, met guarana, hoodia en buchu – op webblad

Ek wil eers oplees oor die “cream” in die volgende tee voordat ek dit gaan probeer, ek is laktose weerstandig:

  • romerige vanilje – op webblad in boksies
  • koekies en room – op webblad in boksies

Gaan gerus na hulle webblad as jy van hierdie pakke met tee wil bestel.

Dit is ‘n sak vol wonderlike geure en selfs teen die gewone prys (R195 per sak) ‘n absolute winskopie!

My bestelling is dadelik opgemaak al het ek dit die Donderdagmiddag voor paasnaweek bestel. En dit is die Woensdag na paasnaweek by my in Kuruman afgelewer, ek sal nog daaroor ook vertel.

Beslis aangenaam om te weet dat die tee al die pad van Clanwilliam af na my in Kuruman kon reis – via Johannesburg …

So terloops, as jy besluit om te bestel, bied Carmien ‘n afslag aan op jou eerste aankope. Jy sal die inskrywingsvorm sien as jy na die webadres gaan. Tik jou e-posadres in, en kyk dan in die e-pos wat jy kry vir die kode om in te tik wanneer jy bestel. Die afslag is net op produkte wat teen die gewone prys geadverteer word, dit sluit promosies uit, maar – dit is ‘n lekker bederf, veral as jy soos ek die teepot ook bestel het.

Geniet! En vertel asseblief hoe vind jy die tee.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

35 gedagtes oor “Carmién se vanilje mocha rooibostee ‘n koffie treffer

  1. Dit is lekker om so ‘n positief resensie oor tee te lees. Daar is so min verskeidenheid tee op die rakke van die supermarkte hier – en ons het lank laas iewers gereis – dat jy laat my dink om tee aanlyn te koop. Dankie hiervoor, Christa. Geniet jou tee!

    Liked by 2 people

        1. Hi, Andrew, the Rand/dollar exchange rate is something like R14.50 for 1 $. Thus the tea will be quite cheap for you. I see on their website that you can buy it from Amazon.com. But only the unflavoured ones. I will ask them about it, but you can also contact them at tea@carmien.co.za. The unflavoured ones are available at this link https://www.amazon.com/Carmién-Natural-Rooibos-Caffeine-Detoxifying/dp/B07H8Q71XY/ref=sr_1_5?dchild=1&keywords=carmien&qid=1619600004&sr=8-5. I can recommend it – add fresh ginger and a slice of lemon in it to have a delicious South African tea. I do that almost every day. The packet contains 4 packets of rooibos tea, two can be brewed with cold water and two with hot water. The hot water one is also delicious as an ice tea, if you add ice to it when cold.

          Liked by 1 person

  2. Wow, hulle behoort jou te betaal vir die advertensie. Ongelukkig is ek een van daai mense wat net joko drink. Jare gelede moes ek camomile drink om te bedaar en tot vandag toe is dit en earl grey op my “beslis nie” lysie

    Liked by 2 people

  3. Amper tik ek nou my kommentaar op die woefkinders hier, want my persepsies van “kaalvoetkind” steek ook vas.

    Die storie oor die tee is mooi. Ek is gladnie ‘n tee drinker nie, eerder koffie. As dit vars gemaalde bone is, nog beter. Mens sou kon sê dat ek in ‘n “langtermynverhouding” met koffie is.

    Tog het ek lekker gelees aan die beskrywings en interessante name van die tee. So bel ‘n vriend my verlede week vanuit Eendekuil. Chrisjan is een van daardie boere wat se hande vir niks verkeerd staan nie. Ek kan hom ‘n klein megaboer in eie reg noem, maar ek kan bylas dat hy ‘n top-mens is. Plaaslik word hy huidiglik tussen R6 000 en R8 000 per ton vir sy onverwerkte rooibostee van puik gehalte aangebied. Chrisjan praat van tonne, nie van boksies of sakkies nie, Die sterilisering, fyner verwerking en verpakking, kos ‘n ekstra R14 000 per ton. Ons weet mos dat die prys veronderstel is om deur aanvraag en aanbod bepaal te word, maar iets maak nie sin nie. Verwerk en op die winkelrak betaal Jan en San tussen R250 000 en R 400 000 per ton, volgens sy navorsing. Die enigste twee redes hoekom ek kan dink dat Chrisjan my raad vra, is omdat ons vriende is en omdat hy weet dat ek goeie kontakte in China het. Die Chinese is mal oor hulle tee, en volgens wat ek kon sien in die strate waar ons geloop het, is daar baie meer “tea shops” as “coffee shops”.

    Ek is nie ‘n goeie bemarker nie, heelemal te eerlik en het gewoonlik nie tien antwoorde vir vrae wat nognie eers gevra is reg nie. Ek gaan ook nie nou ernstig rooibos bemark nie, alhoewel enige ekstratjie baie handig te pas sal wees. Ek gaan ‘n vriend, wat deur ‘n lang droogte en misoeste en baie uitdagings, nogsteeds vooruit boer, probeer help. Dalk is hier iemand wat iemand ken en so kan ons dalk die wiel aan die rol kry. Chrisjan het nou 300 ton rooibos beskikbaar.

    Liked by 1 person

    1. Sjoe, Philip, dit is erenstige probleem as boere so min vir hulle oeste kry. Is die tee reg vir gebruik of moet dit verder verwerk word? As dit reg vir gebruik is, stel ek voor dat hy dit in kg sakke verkoop. Ek sien mens kan R102 – R185 per kg vra. Wat hom R185 000 per ton kan bied – as my somme nou reg is. Ek sou regtig voorstel dat hy ‘n aanlynwinkel probeer.

      Like

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.