Ons nuwe intrekker op Rebusfontein vra vandag hoe sy die blogs van die ander Goue Vroue kan volg. En dit laat my eintlik beskaamd. Ek is bekend vir my ongasvryheid. Ek gesels so lekker met kuiergaste dat manlief moet vra: “Wat sal julle drink?” en soms selfs sommer self gaan skink. Dus moet jy my maar vergewe San.
Kyk, ons groepie het so mooi gegroei dat ek moet bieg – ek het ‘n nota met my Notes toep op my iPhone om seker te maak dat ek almal in my Rebusfonteinstories intrek. En dan merk ek af soos wat ek aangaan. Dié het ek met San gedeel, maar hoe help dit haar?
So San, hier kom die skakels na die goue vrouens se blogs, soos ek dit het … Klik net op die naam om na haar blog geneem te word.
So, liewe San, ek hoop dit help jou om by elkeen van die goue vroue se blogs uit te kom. Mens sukkel nogal om by sommiges te volg.
Ek het gevind dat jy op like moet klik, gaan die follow by sommiges oop. Voordat jy nie like nie, kan jy dus nie kommentaar lewer nie. As jy dus sukkel om te volg, lewer kommentaar en vra vir die vrou om jou te help om haar te volg.
Almal geniet nuwe volgers, sal dus graag help.
Baie welkom by ons, ek geniet jou skryfwerk sommer baie!
Sal die goue vroue sommer ook hier onder in die kommentaar hallo sê, dit sal lekker wees.
Dankie vir al die skakels! Ek stem saam.San het gemaklik ingeskakel by ons!
LikeLiked by 2 people
Plesier, Letty-Ann ek hoop dit help almal wat nuut aansluit, ek kan dan net vir ons byvoeg.
LikeLike
Dit is nou handig. Baie dankie vir al jou bedagsaamheid. Hoe het jy my nie al gehelp in die lewe nie! Baie dankie ook vir die uitnooi en verwelkoming. Ek voel baie, baie tuis. Om dat ek ‘n digter is en dinge kort hou is hierdie langer skrywes ‘n lekker uitdaging!
LikeLiked by 2 people
Ek verstaan die uitdaging hoor! Ek skryf weer akademies en blog informeel. Dus is dit vir my ook groot uitdaging.
LikeLike
Ek vind dit goed om in verskillende genres ondervinding te kry. Haai, om te dink hoeveel mense ons leer skryf het Christa! En nou kan ons uiteindelik self skryf. Dankie tog!
LikeLiked by 2 people
Hi, San, as mens so daaraan dink …. ek wonder of ek goed genoeg presteer?
LikeLiked by 1 person
Natuurlik! Ek hou baie van die feit dat jy vir ons van interessante dinge vertel. Ek lees graag jou werk. Dan loop ek daaroor en dink, vertel vir liefie, lees op daaroor. Jy slaag baie goed daarin om my in te lig.
LikeLiked by 2 people
Interessant, dankie, San.
LikeLike
San, ek is defnitief baie bly jy blog nou saam met ons. Baie.
LikeLiked by 2 people
Jy is by dierbaar verby. Dit doen nou my hart baie goed om dit te hoor. Die hele idee om saam te blog is vir my net fantasties. Lekker verby. Ek was bietjie stil, maar dit was famliekuiers, siekwees van ons almal aan ‘n sinusontsteking, kleinkind oppas, see toe. Ek is vandag weer rustig…
LikeLiked by 1 person
Ons sinusse pla ook, wat het gehelp?
LikeLike
EkDit het 3 weke aangehou by my. André en kleinseun sukkel nou nog in week 5. Ons het ACC 200 gebruik en Stérimar neussproei (soutwater oplossing). Dit het goed vir my gehelp maar jy moet maar 5 dae behandel.
LikeLiked by 1 person
Dis vir my elke keer baie lekker as jy kom inloer. Bly almal is weer rustig. Self is ek totaal opgedons.
LikeLiked by 1 person
Ai Una, sterkte daar. Dink aan jou.
LikeLike
❤
LikeLike
Ag tog Una! Dit is nie lekker nie! Ek gaan nou vir jou bid. Ons gaan ook nie deur ‘n lekker tyd met ons kinders nie…
LikeLiked by 1 person
Ag San, ek sal sommer ook vir julle twee bid, God ken die beste pad.
LikeLike
Baie, baie dankie. ❤
LikeLiked by 1 person
Dankie vir die bid, ek en jy weet dis al wat ons kan doen. Om in gevegte betrokke te raak bring net verwoesting mee.
LikeLiked by 2 people
Ek stem saam, Una.
LikeLike
Dit is ‘n groot waarheid. Dit help niks, niks! ❤
LikeLiked by 1 person
Hello hello!
LikeLiked by 1 person
Hi vriendin
LikeLiked by 1 person