Skakels na die blogs van die Goue Vroue

Ons nuwe intrekker op Rebusfontein vra vandag hoe sy die blogs van die ander Goue Vroue kan volg. En dit laat my eintlik beskaamd. Ek is bekend vir my ongasvryheid. Ek gesels so lekker met kuiergaste dat manlief moet vra: “Wat sal julle drink?” en soms selfs sommer self gaan skink. Dus moet jy my maar vergewe San.

Kyk, ons groepie het so mooi gegroei dat ek moet bieg – ek het ‘n nota met my Notes toep op my iPhone om seker te maak dat ek almal in my Rebusfonteinstories intrek. En dan merk ek af soos wat ek aangaan. Dié het ek met San gedeel, maar hoe help dit haar?

So San, hier kom die skakels na die goue vrouens se blogs, soos ek dit het … Klik net op die naam om na haar blog geneem te word.

Una

Toortsie

VirgoC

Seegogga

Trommeltjie

Woordnoot

Tannie Frannie

Sonell

Positief 

Christa van Staden

Appeltjie

Aalsie

San Dreyer

So, liewe San, ek hoop dit help jou om by elkeen van die goue vroue se blogs uit te kom. Mens sukkel nogal om by sommiges te volg.

Ek het gevind dat jy op like moet klik, gaan die follow by sommiges oop. Voordat jy nie like nie, kan jy dus nie kommentaar lewer nie. As jy dus sukkel om te volg, lewer kommentaar en vra vir die vrou om jou te help om haar te volg.

Almal geniet nuwe volgers, sal dus graag help.

Baie welkom by ons, ek geniet jou skryfwerk sommer baie!

Sal die goue vroue sommer ook hier onder in die kommentaar hallo sê, dit sal lekker wees.

24 gedagtes oor “Skakels na die blogs van die Goue Vroue

  1. Dit is nou handig. Baie dankie vir al jou bedagsaamheid. Hoe het jy my nie al gehelp in die lewe nie! Baie dankie ook vir die uitnooi en verwelkoming. Ek voel baie, baie tuis. Om dat ek ‘n digter is en dinge kort hou is hierdie langer skrywes ‘n lekker uitdaging!

    Liked by 2 people

    1. Jy is by dierbaar verby. Dit doen nou my hart baie goed om dit te hoor. Die hele idee om saam te blog is vir my net fantasties. Lekker verby. Ek was bietjie stil, maar dit was famliekuiers, siekwees van ons almal aan ‘n sinusontsteking, kleinkind oppas, see toe. Ek is vandag weer rustig…

      Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.